by

Byna, amper, maar nog nie!

Oktober 26, 2008 in Sonder kategorie

“Izak de Vries het na my mening die
kortverhaal-genre nog nie so lekker onder die knie nie.”

 

Ek het hierdie gevleuelde woorde van Cecile Cilliers
destyds uitgedruk en naby my rekenaar laat lê terwyl ek Byna Liefde geskryf het.

 

Sy het dit in 2004 gesê in ’n resensie van een
van my verhale.

 

Skryf is ’n alleenproses en jy moet dikwels
laat in die nag ploeter en foeter. As ek begin moeg raak, het ek die nimlike
dr. Cilliers se woorde nader getrek myself aangemoedig om haar te wýs ek kan.

 

Wel, dit lyk my ek moet maar weer probeer. In
haar resensie in vandag se Rapport
maak Cilliers dit duidelik dat sy nie hou van die feit dat ek moderne neigings,
soos die skryf van ’n SMS, ’n e-pos, of ’n Skype in my verhale ingooi nie. Ook
kan sy glad nie verstaan dat moderne mense se liefdesverhoudings anders lyk as
in toeka se dae nie.

 

Lees gerus self.


 

(c) Melt Myburgh


Op dié foto, deur Melt, verduidelik ek die
navorsing wat ek gedoen oor die liefdesverhoudings in Byna Liefde. Ek het met heelwat gays, transgender-mense,
poliamoriste en mense in oop verhoudings gepraat tydens die skryf van en
navorsing oor Byna Liefde. Maar, dis
soos met e-pos en Skype, nie waar nie? Jy moet jou kop in ’n nuwe spasie kry om
dié soort ding te verstaan.

 

Vra vir Philip Liebenberg, die gay pastoor.


Dankie, Cecile. Jy gaan waaragtig maak dat ek
nog ’n boek skryf!

29 antwoorde op Byna, amper, maar nog nie!

  1. Mooi so!

  2. Izakdv het gesê op Oktober 26, 2008

    Dankie, Klarisabet!

  3. Hahahaha Izak. Ons wag vir jou volgende boek. Deesdae is sms en skype so sinoniem met liefde en romanse dat jy dit so-te sê nie meer kan onderskei nie… Anyway. As Cecile resensie oor jou boek doen moet jy weet jy het dit gemaak in die skrywers wêreld. Jy moet begin worry as sy nie resensie doen oor jou boek nie. Hou so aan!

  4. tronkie het gesê op Oktober 26, 2008

    Het gou vir Cecile gelees. En sommer ‘n nuwe woord geleer – romanmatig – moet nou net uitvind wat dit beteken. Jy neem wat sy gesê het gelukkig nie persoonlik op nie – dis goed.

  5. sprokie het gesê op Oktober 26, 2008

    Ja nee kyk, optimisme is koning Izak, laat die water maar afdrup! Dis vir my nogal verfrissend hoe sy vir EKM Dido aanvat, het nooit geweet Cilliers is ‘n coloured nie? Wel dit verduidelik seker waarom sy so baie kennis dra van hoe ‘n bruin vrou hoort te praat.

    En tegnologie Izak, hoe kon jy?!!! 😉

    Nie te min, nou sien ek nog meer uit na jou boek, het my ma gevra om dit te koop en my pa bring dit die einde van die maand vir my!

    O, en ek is mal oor die kiekie!

  6. pasella het gesê op Oktober 26, 2008

    Jy hoef jou nie aan me Sielie te bewys nie, hoe jou boek ontvang word deur die leserspubliek is belangriker. Ek het jou boek bestel, dis op pad.

  7. antsussa het gesê op Oktober 26, 2008

    Isakkie, ant Sussa sal nou nie persoonlik wil raak nie, want sy is baie goed bekend met Siela. Maar nig Siela kan gerus leer lag. Sonder om nou familiesake uit te lap.

    Ant Sussa is self nog aan die snak na asem na die lees van jou mooie boek…

  8. wild1 het gesê op Oktober 26, 2008

    Dis goed as dit jou eerder motiveer as om jou onder te kry! Die wêreld verander mos en so moet ons maar saam verander. Dis nodig om by te bly, anders gaan wat jy skryf mos nie meer lewensgetrou wees nie en mense gaan nie daarmee kan identifiseer nie.

  9. Ceara het gesê op Oktober 26, 2008

    Kunstenaars is veronderstel om nuwe grond te breek. Dis wat hulle kunstenaars maak; die vernuwing en die nuwe manier van kyk wat hulle aan ons oordra. Kritici is dikwels agter in hierdie prosess. Dis wat haar ‘n kritikus maak en jou ‘n kunstenaar.

  10. Izak, soms is facts stranger than fiction.Ek dink sommige mense wil dit net nie hoor of raaksien nie, want dan sal hulle dalk moet aanpas by die nuwe wêreld. Sy skryf op een plek: In sommige van sodanige verhale word die sentimentaliteit onderstreep deur ’n twyfelagtige moraliteit wat aan preutsheid grens en skynbaar daarop gemik is om aan die dikwels onwaarskynlike intriges ’n bepaalde morele regverdiging te verleen. Impliseer dit dat haar (of enigiemand anders se) moraliteit swaarder as joune moet weeg? (Of swaarder weeg as die moraliteit van jou karakters?) Wat maak iemand anders se moraliteit twyfelagtig? “Sodanige verhale” impliseer vir my dat sy dink dit nooit in die “regte lewe” kan gebeur nie en “morele regverdiging” impliseer vir my dat ander hulle dade moreel moet regverdig.Hoekom? Miskien het ons hier te doen met ‘n generasiegaping – daar is meer maniere as die tradisionele van doen en liefhê en sommige wil dit maar net nie hoor nie. (Of miskien verstaan ek haar net heeltemal verkeerd)

  11. pasella het gesê op Oktober 26, 2008

    Lorinda en Annelise, ek stem saam, julle menings is in die kol, koek in die hoek!

  12. So lank sy jou net die lus gee om te bly skryf is als goed!

  13. Sorsie het gesê op Oktober 27, 2008

    Izak
    Sorsie dink
    die resensie was in die algemeen heel positief.Ten opsigte van haar besware is dit seer sekerlik belangriker wat die gewone leser dink.Bravo met die boek en ons wag vir die volgende

  14. ysprins het gesê op Oktober 27, 2008

    ek wil my verstout om te se dat die genre lesers wat wel jou boek sal koop en lees, Izak, ‘n genre op hulle eie is: ‘n geselekteerde dalk, jong en / of verligte Afrikaner elite wat nie die 1960’s, sewentigs en tagtigs soos meulsteune om hulle getonnelde kykers dra nie. ek sal jou boek nog bestel…ek juk om hom te lees.

  15. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Harry, dankie. Ek stem saam oor Skype en die liefde, asook oor die feit dat dit ‘n voorreg is om onder so ‘n formidabele vrou se tong deur te loop!
    izak

  16. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Tronkie, ek luister wat sy sê, maar ek is ook sterk genoeg om nie die vreemde kommnentaar kop toe te vat nie!

  17. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Dankie, Prinses, ek dink ook Melt het ‘n mooi kiekie geneem. Ek was besig om ‘n skewe bek te trek oor al die skunnigheid in die boek!

  18. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Lewies, laat weet gerus wat jy dink! Dis lekker om te hoor die boek is bestel!
    izak

  19. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Nee, wat, Ant Sussa. Cecile KAN lag. Ek dink net dat my tipe verhaal glad nie haar kopie tee is nie!

  20. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Ditto, Willemien! Ek stem! Dankie.

  21. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Inderdaad wou ek met die nuwe goed speel. Dankie, Lorinda!
    izak

  22. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Annelise, sonder om nou lelik te wees, moet ek ook erken ek snap nie daardie redenasie van Cecile nie. Ek dink jy vra egter die regte vrae.

    En dis hoekom ek so baie van JOU boek gehou het!

    izak

  23. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Ja wat, Boekevat, sulke resensies maak my sterker!
    izak

  24. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Dankie Sorsie. Jy’s reg dat daar heelwat mooi goed ook gesê word. Sy’s die eerste een wat dink dat ek goeie flitsverhale kan skryf. Daarvoor is ek haar ewig dankbaar!
    izak

  25. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Great Ysprins, ek sal graag wil hoor wat jy dink. Ek hoop regtig die jonger generasie sal begin lees!
    izak

  26. katrina het gesê op Oktober 27, 2008

    Sonder om eers die resensie te gaan lees kan ek raai dat dit dalk te (k)akademies is soos wat resensies mos wil wees. Nie altyd ‘n skryf uit die hart uit nie, maar uit die kop uit. Dit gebeur ook, dink ek, wanneer mense puristies op hulle gebiede raak. Soos musici wat tegnies luister en soms die genot van inleef luister opgee. Of filmresensente wat dieselfde ding doen. Dalk kom die deskundiges op ‘n punt waar hulle nie meer soos die algemene publiek sonder vooroordele kan waarneem nie? Net ‘n gedagte. Ek het Byna Liefde baie geniet. En wil amper sê dat die titel vir my die mees openbarende was. Oor dit wat byna liefde is. Maar nog nie. Amper. Oor die eksploreer van die kubergenre – dis ‘n nuwe werklikheid. As mens dit ‘n werklikheid kan noem… Maar dit het gekom om te bly. En te ontwikkel. Onder andere. Nog: ek het gehou van jou/ die verteller, se eerlikheid in die sin van ‘nie wegsteek’ nie. Ek praat nou natuurlik vanuit ‘n wat ek onthou oor wat ek ervaar het. Sal met ‘n tweede lees dalk meer sinvol kommentaar kan lewer. 🙂

  27. Ek het nou net die hele resensie gelees en behalwe dat sy sukkel met sms, selfone en skype is dit nie sleg nie. Sy se party goed is bietjie dik vir ‘n daalder … Dit is miskien so gewees toe sy nog ‘wou’ of ‘kon’ maar ek ken letterlik dosyne storie wat ek nie wil vertel nie want mense sal dink jy maak dit op. Ek dink die resensie was baie goed.

    Maar wat sal jy gebruik vir aanmoediging om te verbeter as sy net mooi gepraat het. Jy moet eindelik vir haar dankie se…

    Cheers

  28. Izakdv het gesê op Oktober 30, 2008

    Jinne, Katrina, dis wonderlike goed wat jy oor my boek sê, dankie!

    Oor die resensente: Ek dink dis nodig om akademies te kyk, maar jy die teks met jou laat praat…

    izak

  29. Izakdv het gesê op Oktober 30, 2008

    Ludwig. Jy’s reg. Sy’t baie positiewe goed uitgelig.
    Groete
    izak

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.