by

Erotiek

Oktober 25, 2008 in Sonder kategorie

Hier is my inskrywing vir Annelise se uitdaging. Net vir diegene wat nie met ons beroep bekend is nie; ’n redakteur
sal dikwels vlaggies plak op plekke waar ’n uitgewer of skrywer moet aandag
gee. Die Engelse uitdrukking “flag it” is letterlik van toepassing.


Die begin

 

Toe loop die nuwe vryskutredakteur in die
kantoor in. Sy is vlasblond met ’n klein, ronde brilletjie.

 

Die boek gaan oor kuns, oor taal wat uitstel
en speel …

 

Twee weke later daag haar teks op, die ene
vlaggies. Maar nie een van die vlaggies is geplak op ’n bladsy met korreksies
nie.

 

Versigtig haal hy die vlaggies af.

 

Hy staan op en sluit sy deur. Voor sy oë
gebeur ’n herskepping van Gustave Courbet se  L’Origine
du monde
, maar dis ’n blonde vrou dié. Dit lyk of die foto met ’n selfoon
geneem is.

12 antwoorde op Erotiek

  1. Sjoe. Daardie kunswerk…

  2. antsussa het gesê op Oktober 25, 2008

    Isakkie, jy behoort gediskwalifiseer te word. Lisatjie, diskwalifiseer hom. Hy skryf alreeds so wilderig, dat ant Sussa nie weet of sy asemhaal of na asem hyg nie.

  3. LMGA vir Ant Sussa!

  4. Izakdv het gesê op Oktober 25, 2008

    Ant Sussa, jy maak my aand!
    izak

  5. Izakdv het gesê op Oktober 25, 2008

    Droomkind, wat ‘n kunswerk, nie waar nie!
    izak

  6. sprokie het gesê op Oktober 25, 2008

    Nee kyk, dis nie regverdig dat jy deelneem nie. Ek voel nou skoon soos ‘n noenoe na my poging, haha!

    Maar nou moet ek byvoeg oor Courbet, genetalia bly maar vir my funksioneel, niks verder nie 😉

  7. Het nou net jou resensie in die Rapport gelees. (Dis nou wat gebeur as naguile laat aand wakker le.) Ek’s nie seker of tannie Cecile van jou boek hou of nie, maar ek kan nie wag om vir my self te besluit nie. Hoe dit ook al sy, dit bly ‘n pluimpie om ‘n Rapport resensie te kry. Baie geluk.

  8. Ceara het gesê op Oktober 26, 2008

    Izak, hierdie inskrywing is “inspired” op meer as een manier..:-)

    LOL Ant Sussa!

  9. Izakdv het gesê op Oktober 26, 2008

    Prinses. Gewoonlik stem ek saam oor die dekontekstualisering van die genitalia. Ek het maar net gewonder hoe dit sal wees as iemand my terg met so iets!

  10. Izakdv het gesê op Oktober 26, 2008

    Dankie Droomkind. Nee, sy het nie daarvan gehou nie!
    izak

  11. Izakdv het gesê op Oktober 26, 2008

    Jy’s reg, Lorinda!

  12. Izak, ek is besig met jou boek, maar ek sproe dit stadig soos wat ek doen met soet, wit tjoklits. Sover laat dit my hot and bothered voel … my gunsteling sensasie! 🙂

Los ’n antwoord vir Izakdv. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.