by

Marmite-kuns

Oktober 22, 2008 in Sonder kategorie


(c) Awie Badenhorst

 

Na aanleiding van gister se blog, skryf Awie: Hmmm … jy het my nogal laat wonder oor kuns en realisme. Kan
realisme kuns wees? Pharos plaas dit onder “kunsrigtings”. Nou raak dinge te
diep vir my vlak brein …

 

Dankie
vir almal wat reeds reageer het. Ek sal nog antwoord, is net besig vanaand.

 

Die
een hierbo is ook van Awie. Dis ‘n Marmite-bottel deur PhotoShop. Is dit meer of
groter kuns as die valk van gisteraand?

 

Wat
dink julle van Kites wat sê:
Myns insiens het die Dada ouens die hele “wat is kuns” konsep
‘n bietjie ver gevoer! Ons besoek laasjaar die museum vir moderne kuns in Parys
– een van die uitstallings is ‘n winkeltrollie met ‘n draaiende polisielig …

 

Of Droomkind: Was dit nie Picasso wat gese het “All writers are artists who
can’t draw” nie?

 

Dis hoekom ek skryf, Dromie, maar dan sê
Aletta tereg: Vir my is kuns enige
voorwerp wat my herinner aan … ja, daar het mens dus kuns voor nodig om onder
“woorde” te bring waar dit my aan herinner.

 

En dis waar Shongololo se lekker uitdaging se
moeilik is: Hoekom dink jy het ek begin
met die “Paint a World with Words” uitdaging?

 

Earth Angel stel dit baie duidelik: Vir my is kuns ook baie verskillende dinge, maar
(ek) glo ’n kunswerk moet ‘ n emosie in jou wakker maak.

 

Ek hou die lekkerste vir laaste: Lorinda sê: Kuns is ‘n distilering of ‘n oordrywing van
die lewe, op elke vlak.

 

A! Dankie Lorinda, maar hoe doen ’n mens dit?
Ek sit en dink hoe ek Shongololo se uitdaging kan distilleer.

12 antwoorde op Marmite-kuns

  1. Ceara het gesê op Oktober 22, 2008

    Ek hou baie van die marmite skepping ook. Ek dink nie dit is meer of groter kuns as die valk foto nie; beide is ‘n skepping uit die oog van die kunstenaar. Beide is ‘n manier van “kyk”.

    Jy sal ‘n weg vind na daardie distillasie. Jy is ‘n kunstenaar.

  2. wild1 het gesê op Oktober 22, 2008

    Kuns is vir my enige iets wat ‘mooi’ is, maar dit is ook maar ‘n vae verduideliking. Ek wonder net altyd, ‘does life imitate art, or does art imitate life’?

  3. Jammer Izak, dis nou aweregs van jou idee, maar het jy geweet Marmite is ook deesdae ‘n “collectors’ item”? Hulle het ‘n beperkte “uitgawe” sjampanje marmite met Valentyns dag bemark en verlede jaar (my gunsteling) Guinness Marmite op die rak gehad. Kuns? Verbeeldingryk? Of sommer net ‘n geldmaak foefie?

  4. sprokie het gesê op Oktober 24, 2008

    My beskouing gaan meer oor die kunstenaar as die teikenmark.

    Soos ek gese het, is dit die passie van die kunstenaar wat dit kuns maak. Miskien is geblomde legwarmers iets wat ek sal miskyk op ‘n kerk bazaar, maar iemand se ouma het dalk ure aan die breipatroon beplan, en moes telkemale verlore steke optel, versigtig versigtig om dit perfek te kry. En vir haar was dit ‘n uitlaatklep vir haar passie.

    So, het dit jou vreugde verskaf om die valk af te neem? Het Awie dit geniet om die Marmite pot te manupileer of was dit net nog ‘n bizarre kontrak wat die huur betaal? Is dit kuns?

    Wel, wat okal die geval, ek hou van jul werk!

  5. Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008

    Kites, ek dink jy’s reg. Die skoonheid lê in die oog. Die vraag wat natuurlik gevra moet word is, bring die stukke kuns nie insigte, of nie. Dis natuurlik net een kriterium!
    izak

  6. Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008

    Lorinda, Awie was baie beïndruk met die inskrywing! Dankie!
    izak

  7. Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008

    Goeie vraag Willemien, het jy Mike Rands gelees hieroor?
    Izak

  8. Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008

    Droomkind. Dis ‘n goeie punt. Ek weet Weet-Bix het ook op ‘n stadium ‘n versmalblik uitgebring!
    izak

  9. Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008

    Earth Angel. Ek stem – ten dele – maar wel. Kuns moenie sielloos wees nie!
    izak

  10. Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008

    Dankie, Prinses!

  11. Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008

    Therina. ‘n Goeie vriend van my het ook blind geword. Kuns was iets wat hy mis. Sy vrou en vriende maak egter nou kuns wat ky kan voel.
    izak

  12. wild1 het gesê op Oktober 25, 2008

    Nee Izak, ons het net op ‘n stadium bietjie daaroor gepraat in Visuele Kommunikasie. Sal hom tog bietjie opsoek

Los ’n antwoord vir wild1. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.