Mymerings oor kuns
Oktober 21, 2008 in Sonder kategorie
Ek wil ’n klip in die bos gooi: Wat is kuns?
Ek wonder, want ek is onlangs genooi om werk
voor te lê wat Saterdagaand opgeveil gaan word by Bishops, daardie peperduur
privaatskool hier in die Kaap.
Het julle al Lou se dogter se boom gesien? Dís
kuns!
Of wat van Kammkazi se gedig wat begin met: “om
skaam woordvissies / met stywe rympies / te sit en vang”? Dis gewoon
pragtig. Terwyl julle daar is, lees sommer Francois Williams se antwoord, in
digvorm, laer af. Dis die moeite werd.
een stel woorde op papier kuns en ’n
ander ’n inkopielys? Waarom is sommige woorde wonderbaarlik, en ander nie?
Daar gaan Saterdagaand ook, onder andere,
getekende plate deur Kenneth Newman te koop wees. Newman is die man wat voëlkyk
amper eiehandig ’n stokperdjie gemaak het in Suid-Afrika met sy lewensgetroue
tekeninge van voëls. Maar is ornitologies-korrek kuns?
En “kuns” is natuurlik nie bloot ’n waardeoordeel
nie. Ek is mal oor die boeke wat ek maak by die werk – ja, selfs daardie
dônerse boek oor die dakkappe lyk pragtig. Ek is werklik trots daarop. Maar
kuns is dit nie.
Voorts sou dit tog gek gewees het as Kenneth
Newman se sketse soos Picasso s’n sou lyk. Ek sou nooit ’n mossie van dragtige
seekoei kon onderskei nie. Maar sou ons nie armer gewees het as Picasso
vasgesteek het by die realisme nie? Hy kón hoor. Sy vroegste werk was enige tyd so
realisties soos Newman s’n.
Ek het deelgeneem en foto’s geskenk vir Saterdagaand, omdat ek
glo in die saak. Elke sent wat ingesamel word, gaan geskenk word aan Habitat for Humanity. Wat meer is, daardie ryk kindertjies gaan self die huise bou.
Dis egter moeilik om aan myself as ’n
beeldende kunstenaar te dink. Ek hou van skryf. Ek is mal oor fotografie, maar
ek moes krap om iets te kry wat sou pas by die tema: “Beautiful, hopeful Africa”.
En dan nog dit probeer “kuns” noem ook.
Hier is van my werk.
Die mooi foto bo aan hierdie blog kom van my
geleerde vriend, Awie. Hy’t gesê ek moet dit op my blog sit. (Graag.) Daar gaan
drie van Awie se foto’s ook opgeveil word Saterdagaand.
Ek glo nie daar gaan Picassos wees op die
veiling nie, maar daar sal wel baie goeie wyne te koop wees. Toegang is slegs
R60 en dit sluit “bodemlose wyn” en goeie musiek in. (Pasop vir die wyn … jy
mag dalk ’n dragtige seekoei vir kuns sien na ’n paar glase!)
Die deure maak Saterdag 17h30 oop. Die veiling
is by Bishops.
MAAR: Laat my weet wat júlle dink “kuns” is,
asseblief!
DroomKind het gesê op Oktober 21, 2008
Was dit nie Picasso wat gese het “All writers are artists who can’t draw” nie? Of iets in dier voege. EK kan skaars ‘n reguit lyn met ‘n liniaal trek! Nou ‘teken’ party van ons maar ons prentjies met woorde.
Izakdv het gesê op Oktober 21, 2008
Inderdaad, Droomkind! Dis hoekom ek ‘n 1000 woorde nodig het, ek kan ‘n prentjie maak nie!
izak
Ceara het gesê op Oktober 21, 2008
Kuns is ‘n distilering of ‘n oordrywing van die lewe, op elke vlak. Ek hoop dit gaan baie baie goed met die opveiling. Ek hou baie van jou foto, en van Awie s’n.
shongololo het gesê op Oktober 22, 2008
Hoekom dink jy het ek begin met die “Paint a World with Words” uitdaging? Om die kuns van toepaslikheid op ‘n tema deur middel van woorde ten toon te stel…en die reaksie daarop is briljant! Dis ‘n kuns om ‘n beeld te skep met woorde, ek sou graag ‘n paar gedigte wou sien op ‘n verfdoek teen my muur…
suletteb het gesê op Oktober 22, 2008
Vir my is kuns enige voorwerp wat my herinner aan … ja, daar het mens dus kuns voor nodig om onder “woorde” te bring waar dit my aan herinner.
antsussa het gesê op Oktober 22, 2008
Kuns, Isakkie, is wanneer ‘n ding mooi is, of jy daarvan hou of nie. As dit tot jou siel spreek.
En ant Sussa was self diep geraak deur Lou se dogter se boom.
antsussa het gesê op Oktober 22, 2008
En jou pondokkies is ook kuns, maar dit weet jy.
ludwig.heuer het gesê op Oktober 23, 2008
Enige ding wat ‘n emosie by jou kan loswikkel en wat ietsie vasvat van die lewe om ons en dit vir altyd daar hou sodat ons daaroor kan huil, gesels of baklei…
sprokie het gesê op Oktober 24, 2008
Eerstens, my komlimente vir Awie.
Ek dink nie kuns is beperk tot ‘n canvas of instrument nie. Ek dink dit is om ‘n craft of skill te bemeester met passie en sorg. Om al jou liefde daarin uit te stort. Die passie wat dit uitstraal is gelyk aan kuns.
So ja, Newman is ‘n kunstenaar, hy het die skepping verken, en herverken, en herverken deur sy passie. Hy het nagevors, geskilder, en geskryf.
Dakkappe, wel ja, kan ook ‘n kuns wees as die passie betrokke is. Ongelukkig is daar baie kunstenaars daarbuite wat se kuns misgekyk word deur die samelewing, maar tog bly die huis droog onder die dak 😉
Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008
Lorinda
Dankie!
Ek hou van wat jy sê.
Izak
Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008
Earth angel, goeie punt!
Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008
Shongi. Ek kou aan ‘n antwoord!
Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008
Aletta. Goeie punt!
izak
Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008
Kites, ek dink ook ‘n mens kan te ver gaan. Die vraag is wat laat jou ANDERS kyk na daardie trolletjie?
izak
Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008
Dankie, Ant Sussa!
izak
Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008
Therina, dankie vir die uitdaging!
izak
Izakdv het gesê op Oktober 24, 2008
Spot on, Prinses!
izak