Kry geld om voltyds te skryf
Julie 24, 2008 in Sonder kategorie
Mense, hier is nou ’n geleentheid wat julle nie moet laat glip nie. Die Academic and Non-Fiction Author’s Association of South Africa (ANFASA) loof jaarliks toelaes uit om mense te help om hulle boeke te skryf. Die idee is dat jy vir ’n tyd lank voltyds moet kan skryf – en hulle betaal daarvoor!
Onthou, dis nie-fiksie, opvoedkundig of akademies.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Oktober 2008.
Om te kwalifiseer moet jy ’n lid van ANFASA wees – iets wat die moeite werd is om te oorweeg as jy wel ’n kranige nie-fiksieskrywer is,
Kliek hier vir meer inligting en ’n aansoekvorm:
Die algemene blad is www.anfasa.org.za
Sterkte met die skryfwerk!
hellokietie het gesê op Julie 24, 2008
🙂 hello
Izakdv het gesê op Julie 24, 2008
Hallo Kiets en G.
G. Goeie vraag, maar dalk moet jy maar daar by hull kers opsteek!
izak
Izakdv het gesê op Augustus 10, 2008
Hi
It is true, don’t worry.
ANFASA is a registered organisation.
izak