Wie’s die warmste skrywer?
Julie 23, 2008 in Sonder kategorie
Hier is nou ’n lekker manier om weer die e-wêreld te betree na ek vir ’n paar dae net bokke, voëls en leeus gejaag het.
Can you twist is ’n bietjie soos realiteitstelevisie, net intelligenter. (Okay, realiteitstelevisie is nie eintlik intelligent nie, duh, my brein is nog in die bos.)
Die mense wat dit bedryf, sê dit gaan oor “six of the country’s hottest young female storytellers…” Nou, ja. Wie besluit het wie’s hot, weet ek nie. Maar die idee is baie oulik.
Hier is die skakel: http://www.canyoutwist.co.za/
Neem gerus deel. Dis pret.
Nou wonder ek, watter skrywers sou julle as “hot” (manlik of vroulik) beskou, en hoekom? (Julle mag maar sê Izak …)
hellokietie het gesê op Julie 23, 2008
Hi Izak
Goed om jou te sien!
🙂
SureSlim het gesê op Julie 23, 2008
Antjie Krog is vir my beslis die hotste digteres in Afrikaans. Ek is maar net heeltemal verlief op haar. Haar brein en woorde is sexy.
Dan moet jy nou ook nie daai Fanie Viljoen-kêreltjie weggooi nie! Ek lek my lippe af.
SureSlim het gesê op Julie 23, 2008
O ja, en Carina Diedericks-Hugo is self nie te versmaai nie. Tom Lanoy gee my ook die ritteltits, maar nou ja, hy is mos ‘n Hollander.
Izakdv het gesê op Julie 23, 2008
Hallo julle
Lyk my ek sal ‘n ouderdomsbeperking moet plaas!
Melt, onthou jy Tom se wonderlike stuk oor die skoon onderbroek in sy boek KARTONDOSE?
SureSlim het gesê op Julie 24, 2008
Ek het al vergeet, Izak. Sal moet herlees.
Izakdv het gesê op Julie 24, 2008
Terloops. Tom het ‘n huis in die Kaap …
SureSlim het gesê op Julie 24, 2008
Ja, ‘n klipgooi van Antjie af!