by

Toko en Breinbliksem

Julie 3, 2008 in Sonder kategorie

    

FB het ons almal koorsig laat droom na daardie fantastiese blog oor diere se sekslewens. Ou Kassie se vrou was veral beïndruk met die lesbiese akkedisse.

Na aanleiding van FB se blog, en die reaksie wat ek steeds kry op kinderboeke, wil ek Toko, deur Leon de Villiers, aanbeveel vir tieners (en volwassenes).

Toko, die hoofkarakter, woon in ’n premoderne, fiktiewe, patriargale bestel.

In Toko se wêreld word daar jaarliks ’n ritueel gehou. Dit is ’n inisiasieritueel, ’n bos-toe-gaan-ritueel. Die jong manne word poedelkaal gestroop en uit die dorp uitgejaag, bergop. Daar, op die berg, moet hulle ’n sekere tyd lank bly en manne word. Op die berg is daar egter geen reëls en geen wette nie. Die ergste goed kan gebeur en daar sal geen haan na kraai nie. Dis hoekom die jong manne die vorige jaar ’n seun gegryp en hom verkrag het op die berg.

Teenoor hierdie wilde klomp staan Toko, die kunstenaar.

Toko is ’n tienerboek vir kinders met sterk mae. Nie vir kleintjies nie, maar wel vir diegene wat al alles gelees het. Volwassenes sal dit eweneens baie geniet.

Ons is jaloers op die diere, maar dink net wat doen ons aan ons self. Watter ontgroeningstories kan ons nie vertel nie?

En tog …

Diegene wat meer weet van Kung Fu as die Panda, sal vir jou sê dat die vordering na elke vlak met ’n inisiasieritueel gepaard gaan. Dié rituele hoef nie sleg te wees nie. Dis wat ons maak van die rituele wat hulle goed of sleg maak.

Vriende van ons het ’n ritueel gehou waar die ma haar dogter “bergop” geneem het. Die ma, die dogter en ’n hele aantal ouer vroue het een aand in ’n hut op die berg gaan slaap pas na die meisie begin menstrueer het. Hulle het haar daar verwelkom in die wêreld van vroue, en ingelyf in die geheime wêreld van mans, deur stories te vertel en haar te laat verstaan waaroor dit nou eintlik alles gaan.

Onder die Sotho’s is daar ’n ou ritueel waar die vroue hulle dogters leer om hulle affairs só te bedryf dat hulle mans dit nie sal agterkom nie. Klink dit erg? In ’n tyd van Vigs dalk, maar in ’n tyd waar vroue min sê gehad het, en beslis moes kinders baar, is daar slim planne gemaak as die man nie die paal kon haal nie.

Toko vra allerlei vrae oor die soort magshonger gedrag van mans wat maak dat die diere hulle sal skaam vir ons.

Lees gerus Fanie Viljoen (van die Wolwehok) se LitNet-resensie oor Toko.

Ek is jammer ek kry so min tyd om hier te skryf, want daar is wonderlike boeke waaroor ek julle wil vertel. Sit sommer Fanie se Breinbliksem op die lysie, terwyl ons oor hom praat!

Albei boeke is op Kalahari.net te koop.

Kliek gerus vir Toko en hier vir Breinbliksem.

En dankie aan al die ander wat heerlike stories oor boeke vertel. Dit word erg waardeer! En dankie oor vir almal wat my reg help as ek belangrike goed vergeet, soos die ruimte Storiewerf! Op Storiewerf is wonderlike skakel na kinderboeke. Gaan besoek hulle asseblief!

5 antwoorde op Toko en Breinbliksem

  1. “As jy nie die woorde fok of kak wil lees nie…” Kan nou nie onthou hoe dit gaan nie, maar was GEK oor Breinbliksem.

    Toko klink goed, sal bietjie uitkyk vir hom. Is dit nie ‘n bietjie “lord of the flies”-erig nie?

  2. Izakdv het gesê op Julie 6, 2008

    Michelle. Daar is iets soos Lord of the Flies in Toko, maar die paadjie loop heel anders! Lees self!

  3. Izakdv het gesê op Julie 6, 2008

    Dankie, Krok!

  4. Ja, baas!

  5. Izakdv het gesê op Julie 7, 2008

    Jy sal nie spyt wees nie, M!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.