Stem vir jou gunstelingboek
Junie 27, 2008 in Sonder kategorie
Nielsen Book, ’n Britse maatskappy, is op soek na lesers se gunstelingboek.
Lesers ken dalk nie Nielsen Book se rol nie. Hulle hou ’n databank van boeke wat verskyn en stel die data beskikbaar aan boekwinkels. Gaan soek ’n boek by Exclusive Books of Wordsworths, en jy sal sien hulle kyk gou op ’n rekenaar. Die kans is goed dat hulle Nielsen Book se databank opsoek. Ook Kalahari.net maak gebruik van hierdie databasis.
Suid-Afrika het ook ’n tak, ek dink hulle is in Somerset-Wes.
Hoe ook al, dis ’n Britse maatskappy en hulle soek inskrywings. Daar is ’n inskrywingsvorm wat jy hier kan aflaai.
Onthou, hulle is Brits, so Trompie en die Boksembende mag dalk buite hulle verwysingsraamwerk val.
Wat gaan julle stem? Ek stel belang om te hoor.
En, Melt, kan ons nie ’n lekker local kompetisie hou om die gunsteling-Afrikaanse boek te kies nie?
TaitasLife het gesê op Junie 27, 2008
Dit klink nogal interesant! Ek dink dis n goeie idee
meltm het gesê op Junie 27, 2008
Ek hou van die gunsteling boek-kompetisie-idee.
bigbigjoe het gesê op Junie 27, 2008
Is n enkelboek as gunsteling moontlik, Izak? As dit dit by boeke kom is ek bietjie soos n opperpriester van die Mormoonkerk in Utah met vroue: ek het honderde, almal gunsteling, en mag nie voortrek nie!
ezile het gesê op Junie 27, 2008
Baie geluk Izak, ek salueer jou as ‘n skrywer duisend! Soos ek vandag voel en ook geskryf het, wat die boek aanbetref: Momo, van Michael Ende. Maar ek dink ek sal elke dag ‘n ander boek wil kies.
Izakdv het gesê op Junie 27, 2008
Maankind, Ezile, en Valentine
Dankie vir die gelukwensinge. Ek is baie oorbluf. Regtig.
Ek moet sê dat ek effens klein voel. Daar is wonderlike blogs op hierdie ruimte.
Izak
Izakdv het gesê op Junie 27, 2008
Bibigjoe, ek is ook ‘n veelboeker!
Izak
Izakdv het gesê op Junie 27, 2008
Melt en Taitas Life
Hoe gaan ons te werk as mense vir hulle gunsteling wil stem?
Izak