Dankie!
Junie 27, 2008 in Sonder kategorie
Griet, ek kom ewe doodmoeg by die huis vanaand en loer gou na die blogs. Blikskottel! Was ek verras!
Baie dankie, Krokodil.
Ek moet onmiddellik ook sê ek voel nog meer verbaas omdat ek so sukkel om tyd te kry vir alles wat ek graag wil doen. Ek doen nogal moeite om soveel van die blogs as moontlik te lees, maar eish. My werk is meer as voltyds, my seun hou my besig en dan moet ’n ou seker nou en dan slaap ook!
Mense, ek geniet die blog, en julle almal maak die lewe so ’n stappie ligter.
Baie dankie.
Ek sou baie graag die prysgeld wil skenk aan die Durbanville Kinderhuis. Hulle doen fantastiese werk. Melt, ek sal hulle rekening aan jou e-pos.
Aan julle almal. Hier is glasie op ons! Viva die bloggers, viva!
Krok, jy’t my dag gemaak.
Terloops, dié krokodil het ek afgeneem by die Mopaniedam in die Kruger Wildtuin. Die myne maak deesdae dat daardie krokodille almal vrek. Ons sal iets moet doen, anders gaan ons LitNet-krokodil een van die dae baie eensaam wees.
hellokietie het gesê op Junie 27, 2008
Hey Izak
Baie geluk!! 🙂
Izakdv het gesê op Junie 27, 2008
Dankie Kiets!
izak
Izakdv het gesê op Junie 27, 2008
Dankie, Maankind!
izak
soniacabano het gesê op Junie 28, 2008
Veels geluk, het skoon vergeet gister!
Jou blog is een groot plesier.
Izakdv het gesê op Junie 28, 2008
Dankie!
Mooiloop!
izak