Is jy cooler as ekke?

Mense sal nou sê ek kla met ’n bruinbrood onder die arm; maar ek is ’n arm blanke.  Dit voel vir my ek kom net nie voor nie. Ek is die fantoom in Jack Parow se liedjie wat nog geld by sy ma kry. Ja dis waar, ek is nie so cool soos ekke nie.

Ander dag blaai ek deur ‘n ou sketsboek en daar kom ek op die volgende af: “Hier is ek ver-ontevrede. Genoeg is te min en ek weet ek het geen rede…”. Of ek dit iewers gehoor of gelees, het dit weet nie. Ek het dit gegoogle voor die tyd maar kon niks kry nie, so as dit iemand se woorde is wat ek nou steel is ek jammer, maar na die skok-terapie is my geheue nie maar wat dit was nie. Dit skrywe het ‘n gedagtegang aan die gang gesit:

En nou rewind tot waar dit alles begin verkeerd loop het, dan moet ons begin in standard nege.  Kyk, ek was nou koek extraordinaire.  Behalwe dat ek skelm gerook het omdat ek ’n blonde girl met witblond hare en groot boobs wou impress, was ek maar ’n choirboy.  Voordat ons nou aangaan met die storie oor my armgattigheid, kom ek vertel eers vir julle van Juf. Barbie McBoob.

Dit was een aand met ’n opvoering wat sy vir my gewys het hoe ’n Camel werk. My ma het al die jare gerook en ek het nooit daarvan gehou nie, maar daar was iets binne my wat wou bewys dat ek ’n ware man is. Dat ek die aandag van ’n meisie soos Juf. Barbie McBoob kon kry, het my ego gestreel en my onsekerhede laat wegkruip soos ’n driejarige op ’n mission.  Ek het myself oortuig dat as ek haar kan wys dat ek ’n Camel kan rook dat ek myself sal kan oortuig dat ek so straight soos Chuck Norris is. Eers later sou ek uitvind dat die arme girl my probeer impress het.  Jare later het ek ’n flenter papier met haar naam en nommer in my kostuum se hemp sak gekry.  In elk geval, ek is nou ’n roker.

Eintlik moet ons vêrder terug gaan; standard ses toe.  My ouma was ’n jaar dood en ons was op my oupa se troue in Parys. Ek kon nie verstaan dat hy so gou oor haar gekom het nie, ek meen na byna 40 jaar se getroude lewe, het hy vir ’n paar maande na die Briel susters geluister en whisky-on-the-rocks gedrink en toe ons weer hoor toe trou hy.  My ma het die Suid-Wester Saal se vloer die hele Vrydagaand voor die troue staan en was.  Ek was moerig daaroor. Waar was die stief-ouma se kinders dan, hoekom het my ma blase op haar hande gehad en hulle was eers nie daar nie.  Die ander het nie geweet nie, maar ek het; dit was nie net sweet wat sy die hele tyd afgevee het nie.  Sy is ’n sterk vrou, maar haar ma was soos sy myne is, haar beste vriendin.  Al het sy geweet my oupa nie alleen kan funksioneer nie en al was sy tot die dood toe moeg om twee huishoudings aan die gang te hou, kon sy net nie aanvaar dat daar nou ’n ander vrou is nie.  Nie dat sy iets gesê het nie, wel in elk geval nie in die begin nie.

Ek en my ouma was soos vinkel en koljander – en ons was stout. Dit was nou alles iets van die verlede. Nou moes ek gewoond raak aan die nuwe dronk draak.  Die aand met die troue het ek meestal in die karavaan op die bed gelê totdat ek my suster se sinus-pille gekry het.  Ek kan nie onthou hoeveel ek gedrink het nie, miskien ses – hey ek was 14.  Of dit nou die pille was of net ’n droom dit weet ek nie, maar daar was ’n oom met ’n konsertina wat hele tyd wou vat waar hy nie mag nie.  Die volgende oggend het die konsertina-oom vleis soos ’n aasvoël van die skaap karkas op die spitbraai gepik.  Ek het hom vermy, want ek was bang hy erken my dalk.

Na die troue het ek my ma se geheime dieet-mengsel wat sy agter die broodblik weggesteek het begin steel. Dit was gelaai met efedrien. Dit is al wat my aan die gang gehou het deur hoërskool. Ek het nie geweet wat daarin was nie, maar dit het my wakker gehou in die klas en my punte was nie sleg nie.

So kom standerd 9; die einde van die jaar, Desember vakansie.  Die huishoudkunde juffrou was gatvol vir wiseass kinders en het besluit om ’n restaurant oop te maak en sy het gevra of ek nie wil help met goedjies gedurende die vakansie nie. Natuurlik het ek ingestem, want ek het niks anders gehad om te doen nie en die geldjie was welkom.

Later was die restaurant oop en daar was hierdie outjie van Pretoria. Hy was ’n waiter en camp queen. Hy het alles probeer om my in sy sakkie te kry, maar ek wou net nie byt nie – ek het probeer om Juf. Barbie McBoob te beïndruk.  Ek was so deurmekaar.

Dit was later in my tweede jaar nadat ek my arms met ’n broodmes bygekom het dat die dominee my in die malhuis ingeboek het, dat ek eindelik besef het daar is nou regtig iets fout.  Toe ek daar uitkom het ek begin om deeltyds te werk. Ek was soos ’n masjien: Maandae tot Vrydae na klas het ek ’n ander hemp in die kar getrek en by my oom se winkel in Canal Walk gaan werk tot nege saans. Behalwe Woensdae het ek elfuur klaargemaak en dan het ek eers gaan wingerd snoei of roosbeddings bewerk by ’n plaas buite Stellenbosch en vandaar ’n vinnige stort en dan winkel toe.  Saterdae en Sondae was winkel dae van tienuur in die oggend to negeuur saans.  .  Dan was dit weer Maandag en so het die tyd by my verby gegaan, tot ek later nie meer kon nie.  Ek het geld spandeer soos ’n mal mens. Met my semi-vaste werkies het mense winkel en kredietkaarte in my hand gestop. In my derde jaar het ek twee kredietkaarte, ’n Woolworths kaart, ’n Edgars kaart, ’n Markhams kaart en wie weet wat nog alles gehad en ek het alles self betaal. Maar dit was nie lank nie en toe kraak alles. Die deurnag geswot  en drink en kuier en werk het net alles te veel geraak.  Goeiemore Malhuis !

Daarna het ek opgeskop en ’n goeie werk gekry met ’n goeie salaris. My kredietkaarte se balanse het gegroei en gegroei – ek was invincible!

Maar toe slaan die spreekwoordelike kak die fan – ’n man spike my drink, haves his way with me en die volgende oggend raak ek met ’n seer gat in ’n vreemde bed wakker.  Ek het net opgespring en my klere begin soek. Daar was niemand anders in die bed of in die kamer nie. Ek het uitgehardloop en toe ek weer sien was dit sewe uur en ek dink ek het opgegooi in elke asblik op Langstraat.  Wel needless to say daar sit ek toe weer in die malhuis, verloor my werk (want ek is mal) en daar sit ek met my vinger in my seer gat.

Dit is nou byna ses jaar gelede en ek sit nou nog met die skuld van toe. Ek het ‘n nuwe werk gekry teen ‘n kwart van my vorige salaris, maar ten minste is dit iets… so ja ek is nie cooler as ekke nie.

8 thoughts on “Is jy cooler as ekke?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *