Poeierblou Lam

Vanoggend het ek tot ‘n besef gekom.  Ek het nog altyd gedink ek weet hierdie dinge. ‘n Mens sou dink dat ek dit teen die tyd al sou uitgefigure het. Na al die geswoeg en gesweet, moeilke tye en lang gesprekke met kopdokters en vriende en ooms en tannies en wie weet wie nog almal, sou mens dink dat: “Shit, ek is seker hy weet waarheen hy oppad is?!”

Maar nee, dit is nie so maklike nie. Die besef waartoe ek gekom het is dat ek het nie eintlik ‘n rede oftewel ‘n doel om na te strewe nie.  Daar is nie ‘n rede waarom ek opstaan in die oggend en my tande borsel en my yuppie hempie aantrek en werk toe gaan nie.

Ek moet erken die laaste tyd was nogal stresvol.  Nuwe werk, nuwe mense, disgruntled former boss. O, julle! Daai vrou is de moer in vir my! Wel ek sou seker ook gewees het as een van my werknemers my oor ‘n Desember vakansie met ‘n epos laat weet het hy kom nie weer terug werk toe nie.  Maar dis ‘n storie vir ‘n ander keer.

Alles het begin met ‘n droom wat ek die ander aand gehad het.  Wel dit was ‘n baie vreemde droom.  Dit was oor my skool crush/boelie.  Ek was altyd skytbang vir hom, hy was hierdie breed geskouerde, witkop met ‘n gesonde rooi blos op sy wange.  Intimiderende jong man, hy was daai tipe wat jou sommer in die verby loop aan die ballas of die nippel gegryp het.  Maar afgesien daarvan het ek hom aanbid vir sy vreesloosheid, sy kapokhaantjie houding het hom net meer aantreklik gemaak.

Wel in elk geval so droom ek hy daag voor my deur op in ‘n poeierblou Hilux double cab, met ‘n tape speler en alles!  Hy gryp my vas soen my en verklaar sy hunkerende liefde net daar en dan aan my.  Ek het nog nooit so soen ervaar nie, ek kan die nou nog voel terwyl wakker hier sit.  En vir die van julle wat wonder, nee die droom het nie verder as dit gegaan nie – wel dit was nie nodig nie, op daardie oomblik was het sielsgelukkig.

Volgende oggend gaan soek ek die man toe op Facebook op. Ek was baie teleurgesteld met die feit dat hy nou ‘n oorgewig, bles, baarddraende, verloofde voorman is.  Maar nog steeds kan sy soen voel en proe…

Dit sit my toe aan die dink – waarheen is ek dan nou oppad. Hoekom het ek nie iemand aan my sy wat die pad draagliker maak nie, wat sorg vir daardie sielsgelukkige oomblikke nie. Nou lewe ek om die blerrie skuld aan die einde van die maand te betaal en dit is dit. Elke aand gaan ek na ‘n lee woonstel terug.  Nie dat nou sit en myself jammer kry nie, ek wonder maar net…is daar werklik waar iewers daar buite nog ‘n doel ‘n “iets” om voor te lewe? Professioneel, in die liefde of in die leegte.

“Ek loop die pad al lank, my lam, so kaalvoet deur die kou.  Van doerie kant se doringveld en kyk hoe lyk ek nou. Ek loop die pad so sonder hoed, deur son en wind en grou. So kaalvoet op die slingerpad, en kyk hoe lyk ek nou…”  – Amanda Strydom.

 

 

In Antwoord…op die Bieradvertensie

Gisteraand was ek nukkerig na ’n lang week van laat werk en die konstante uitputting van wonder of ek teen volgende jaar nog werk gaan hê. So gisteraand se inskrywing was dalk effens drasties vir party lesers.  So noudat ek ’n dag ouer en dus ook ’n dag wyser is, laat my toe om my saak met meer duidelikheid te stel.

Wel die ‘oorlog’ ding het baie mense ietwat ontstel, maar kom ek verduidelik my stelling.  Vir dekades reeds is daar ’n onderlangse, onderlinge rasse haat wat dreig om te ontplof.  Elke keer, stop die moeilikheid net voordat dit ontaard in ’n volskaalse burgeroorlog.  Maak nie saak hoeveel bieradvertensies met Toto liedjies en wit en swart maatjies om ’n braaivleisvuur met ’n boereworsie op die weber, SAB nog gaan vervaardig nie, die feit bly, daar is steeds ’n dreigende onmin van albei kante van die kleurgrens.

Ten spyte van alles waar deur die land is, die grens oorlog, die riots, die waarheids en versoenings kommissie, Madiba se vergifnis, BEE en die vet weet wat nog, ten spyte van dit alles waar sit ons nou? Die ANC se opswepery om die Wes-Kaap ungovernable te maak! Werklik?! Weet julle ek het self baie lank in die wynindustrie gewerk en ek weet hoe swaar dit eintlik finansieel op baie plase gaan.  Om die waarheid te sê ek en my goeie vriendinne Dudu het onlangs selfs oorweeg om saam ’n aansoek by die Departement van Landbou in te handig om ’n wynplaas te koop.  Die plaas wat die beste af was, van die wat ons oorweeg het, was in die rooi met R17 miljoen. Gelukkig het ons albei ons gatte af geskrik en die plan laat vaar.

Maar nou dink ek net hoeveel skade het die stakers aan Suid-Afrika en sy Wynindustrie aangerig. Nie net fisiese skade in terme van wingerde afbrand en asblikke om gooi nie, die skade aan die beeld is soveel erger.  Besef hierdie mense nie, dat daar nou wêreldwyd ’n donker wolk om die woorde “Suid-Afrikaanse wyn” (en ander landbou produkte) gaan hang nie.  besef hulle nie dat die Europese verbruiker eerder ’n Australiese wyn van die rak gaan afhaal al is dit ’n paar euro’s duurder.  Dat Suid-Afrikaanse boere nou nog swaarder gaan kry en hulle nog minder sal kan bekostig om ontevrede werkers aan te hou nie.

Mense, ons is reeds besig met ’n oorlog. Ons is besig om teen ons self te baklei. Ons is besig om ons eie mense dood te maak, ons eie land te wurg.  Ons kap mense se koppe oop met pangas (soos op my suster se grusame foto wat ek van my vorige inskrywing verwyder het), ons sny hulle ore letterlik af, ons brand karre en bande in die strate uit, ons brand wingerde en winkels af en dan… wel en dan gaan sit ons oogklappe op en dink die wêreld sal ons weer vergewe, want ons het mos mooi gemaak toe apartheid ‘afgeskaf’ is. Huh?

In al hierdie jare, het ons skaars een tree vorentoe gegee. ’n Drastiese ommeswaai is nodig of ons moet die ding uitbaklei en klaarkry. Of ons moet ophou om mekaar te blameer of ons moet besluit om die score te settle. Maar something’s gotta give! Na dekades, dans ons steeds in die straat as ons de moer in is? Na dekades gooi ons steeds klippe.

Klippe…”We can throw stones, complain about them, stumble on them, climb over them…or build them.” – William Arthur Ward.

[subscribe2]

Suid Afrika is nog lank nie ‘n bieradvertensie nie

Weet julle mense, ek weet nie meer nie.  Is dit ek of is hierdie land besig om uitmekaar uit te bliksem? Dit is so frustrerend en ek voel magteloos.  So, daarom kots ek vanaand in die world wide web se skoot.

Vanaand kyk ek weer nuus soos meeste aande, wat ’n movie! Ek sê nog altyd Afrika is ’n kontinent wat met homself baklei.  Die mense weet nie eers waaroor hulle baklei nie, dis asof hulle iets soek om oor te baklei! Dit is alles so onnodig. Maar, voor julle my nou as ’n naïewe kolonialis uitmaak, dink nou mooi oor wat besig is om te gebeur.

Was dit Nietzsche wat gesê het insanity in individuals is rare – but in groups, parties, nations and epochs, it is the rule?

Mense staak en eis belaglike salarisse.  Kry hulle dit nie, dan beskadig en verbrand hulle die einste plekke waar hulle weer wil gaan werk as hulle gekry het wat hulle wil hê.  Hulle moor mekaar, brand karre uit en beskuldig wit mense daarvoor. Is dit net ek? Of wat? ’n Kleurling man van Swellendam verduidelik koorsagtig op die nuus vir die kamera hoe die “blanke mense onse menswaardigheid van ons vat!” ’n Kleurling vrou is baie ontevrede want sy moet “van die môre tot die aand vir hulle werk en ons kan dit nie mee verduur nie!”

Weet jy my skat, ek kan ook nie meer vir my baas van die môre tot die aand werk nie. Ek kan dit ook nie meer verduur nie. Sy is wit, so beteken dit dat ek alle wit mense moet haat? As jy dan so donners ontevrede is, staan van jou dik gat af op en soek ’n ander werk. Werk is skaars hoor jou sê, so is goeie werkers wil dit vir my voorkom. Vir jou sal ek in my lewe nooit werk gee nie, nooit nie. Nie dat ek in die posisie is om vir jou werk te gee nie, maar hipoteties gesproke… not a chance!

Selfs al is ek ook ontevrede oor my salaris, waag ek dit om te staak, sit ek so gou met my wit gat op straat…maar daar word derduisende mense op een slag afgedank en skaars ’n week daarna is hulle terug met ’n verhoging. Mense, vir die laaste byna agt jaar swot ek om iets agter my naam te kry sodat ek ’n beter werk kan kry. Op skool het ek by die Wimpy gewerk om geld te spaar vir my studies na skool. My ouers het nie geld gehad vir sulke dinge nie. Gedurende universiteit het ek drie werke gehad om alles betaal te kry. Wingerd gesnoei dat my hande blase is, hi-fi’s gesmous dat my ore suis en wyn verkoop dat my kop draai. Sodanig so dat ek in my derde jaar heeltemal gevou het en in die malhuis beland het.  Ek het my gat af gewerk en vandag sit ek steeds sonder ’n kwalifikasie, maar weet jy ek het steeds nie moed opgegee nie. Ek dans nie in straat om te kry wat ek wil hê nie, ek drink liewer bietjie minder oor ’n naweek, eet pap as dit moet om ’n paar vakke in ’n semester te doen.  Ek skaam my oë uit my kop uit om in die straat te gaan rond dans en asblikke om te gooi vir meer geld, omdat ek te sleg is om vir myself te dink.  We are all in the gutter, but some of us, some of us are looking at the stars (dankie Oscar).

Julle sal nou sê, wel dit is maklik om vir my om te praat ek is bevoordeel deur apartheid. Wel was ek bevoordeel toe my ma en my vierjarige self in die kas moes wegkruip toe my pa vir drie dae en drie nagte, twee kilometer onder die grond vasgekeer is deur oproerige stakers? Dat ons moet luister hoe die weermag skote afvuur, hoe stakers in die strate rond hardloop soos mal mense en klippe deur die vensters gooi.  Was ek bevoorreg om vir weke aaneen van brood en grondboontjie botter moes lewe omdat ek moes handboeke koop?  Hoe is ek bevoordeel toe ek vir die laaste drie posisies waarvoor ek aansoek gedoen het, vertel is dat ek te wit is? Nee my vriend, dink weer. Dit wat ek vandag het en is, het ek duur voor betaal – no jokes.

Daar was ’n tyd dat ek skaam was om ’n Afrikaner te wees. Wel dit is verby. Die rede daarvoor is ’n foto wat my suster by die myn hospitaal op haar foon geneem het.  Ek worstel al vir die laaste twee weke of ek dit moet plaas, want dit is skokkend.  Dat een mens dit aan ’n ander kan doen gaan my verstand te bowe – en dit net omdat hy werk toe wou gaan. Dit is barbaars, dit is evil!  ’n Man word met ’n panga aangerand, ’n ander se ore word afgesny en mense sit en tjank dat die polisie mense doodskiet.  Well save me! Ek sou self ’n paar voorbeelde gemaak het as ek in hulle skoene was. Ek het niks om oor skaam te wees nie.

Ek is baie dinge, maar ’n rassis is ek nie. Maar deesdae, verstaan ek baie dinge beter – oorlog is dalk nie so slegte idee nie…

[subscribe2]

 

Is jy cooler as ekke?

Mense sal nou sê ek kla met ’n bruinbrood onder die arm; maar ek is ’n arm blanke.  Dit voel vir my ek kom net nie voor nie. Ek is die fantoom in Jack Parow se liedjie wat nog geld by sy ma kry. Ja dis waar, ek is nie so cool soos ekke nie.

Ander dag blaai ek deur ‘n ou sketsboek en daar kom ek op die volgende af: “Hier is ek ver-ontevrede. Genoeg is te min en ek weet ek het geen rede…”. Of ek dit iewers gehoor of gelees, het dit weet nie. Ek het dit gegoogle voor die tyd maar kon niks kry nie, so as dit iemand se woorde is wat ek nou steel is ek jammer, maar na die skok-terapie is my geheue nie maar wat dit was nie. Dit skrywe het ‘n gedagtegang aan die gang gesit:

En nou rewind tot waar dit alles begin verkeerd loop het, dan moet ons begin in standard nege.  Kyk, ek was nou koek extraordinaire.  Behalwe dat ek skelm gerook het omdat ek ’n blonde girl met witblond hare en groot boobs wou impress, was ek maar ’n choirboy.  Voordat ons nou aangaan met die storie oor my armgattigheid, kom ek vertel eers vir julle van Juf. Barbie McBoob.

Dit was een aand met ’n opvoering wat sy vir my gewys het hoe ’n Camel werk. My ma het al die jare gerook en ek het nooit daarvan gehou nie, maar daar was iets binne my wat wou bewys dat ek ’n ware man is. Dat ek die aandag van ’n meisie soos Juf. Barbie McBoob kon kry, het my ego gestreel en my onsekerhede laat wegkruip soos ’n driejarige op ’n mission.  Ek het myself oortuig dat as ek haar kan wys dat ek ’n Camel kan rook dat ek myself sal kan oortuig dat ek so straight soos Chuck Norris is. Eers later sou ek uitvind dat die arme girl my probeer impress het.  Jare later het ek ’n flenter papier met haar naam en nommer in my kostuum se hemp sak gekry.  In elk geval, ek is nou ’n roker.

Eintlik moet ons vêrder terug gaan; standard ses toe.  My ouma was ’n jaar dood en ons was op my oupa se troue in Parys. Ek kon nie verstaan dat hy so gou oor haar gekom het nie, ek meen na byna 40 jaar se getroude lewe, het hy vir ’n paar maande na die Briel susters geluister en whisky-on-the-rocks gedrink en toe ons weer hoor toe trou hy.  My ma het die Suid-Wester Saal se vloer die hele Vrydagaand voor die troue staan en was.  Ek was moerig daaroor. Waar was die stief-ouma se kinders dan, hoekom het my ma blase op haar hande gehad en hulle was eers nie daar nie.  Die ander het nie geweet nie, maar ek het; dit was nie net sweet wat sy die hele tyd afgevee het nie.  Sy is ’n sterk vrou, maar haar ma was soos sy myne is, haar beste vriendin.  Al het sy geweet my oupa nie alleen kan funksioneer nie en al was sy tot die dood toe moeg om twee huishoudings aan die gang te hou, kon sy net nie aanvaar dat daar nou ’n ander vrou is nie.  Nie dat sy iets gesê het nie, wel in elk geval nie in die begin nie.

Ek en my ouma was soos vinkel en koljander – en ons was stout. Dit was nou alles iets van die verlede. Nou moes ek gewoond raak aan die nuwe dronk draak.  Die aand met die troue het ek meestal in die karavaan op die bed gelê totdat ek my suster se sinus-pille gekry het.  Ek kan nie onthou hoeveel ek gedrink het nie, miskien ses – hey ek was 14.  Of dit nou die pille was of net ’n droom dit weet ek nie, maar daar was ’n oom met ’n konsertina wat hele tyd wou vat waar hy nie mag nie.  Die volgende oggend het die konsertina-oom vleis soos ’n aasvoël van die skaap karkas op die spitbraai gepik.  Ek het hom vermy, want ek was bang hy erken my dalk.

Na die troue het ek my ma se geheime dieet-mengsel wat sy agter die broodblik weggesteek het begin steel. Dit was gelaai met efedrien. Dit is al wat my aan die gang gehou het deur hoërskool. Ek het nie geweet wat daarin was nie, maar dit het my wakker gehou in die klas en my punte was nie sleg nie.

So kom standerd 9; die einde van die jaar, Desember vakansie.  Die huishoudkunde juffrou was gatvol vir wiseass kinders en het besluit om ’n restaurant oop te maak en sy het gevra of ek nie wil help met goedjies gedurende die vakansie nie. Natuurlik het ek ingestem, want ek het niks anders gehad om te doen nie en die geldjie was welkom.

Later was die restaurant oop en daar was hierdie outjie van Pretoria. Hy was ’n waiter en camp queen. Hy het alles probeer om my in sy sakkie te kry, maar ek wou net nie byt nie – ek het probeer om Juf. Barbie McBoob te beïndruk.  Ek was so deurmekaar.

Dit was later in my tweede jaar nadat ek my arms met ’n broodmes bygekom het dat die dominee my in die malhuis ingeboek het, dat ek eindelik besef het daar is nou regtig iets fout.  Toe ek daar uitkom het ek begin om deeltyds te werk. Ek was soos ’n masjien: Maandae tot Vrydae na klas het ek ’n ander hemp in die kar getrek en by my oom se winkel in Canal Walk gaan werk tot nege saans. Behalwe Woensdae het ek elfuur klaargemaak en dan het ek eers gaan wingerd snoei of roosbeddings bewerk by ’n plaas buite Stellenbosch en vandaar ’n vinnige stort en dan winkel toe.  Saterdae en Sondae was winkel dae van tienuur in die oggend to negeuur saans.  .  Dan was dit weer Maandag en so het die tyd by my verby gegaan, tot ek later nie meer kon nie.  Ek het geld spandeer soos ’n mal mens. Met my semi-vaste werkies het mense winkel en kredietkaarte in my hand gestop. In my derde jaar het ek twee kredietkaarte, ’n Woolworths kaart, ’n Edgars kaart, ’n Markhams kaart en wie weet wat nog alles gehad en ek het alles self betaal. Maar dit was nie lank nie en toe kraak alles. Die deurnag geswot  en drink en kuier en werk het net alles te veel geraak.  Goeiemore Malhuis !

Daarna het ek opgeskop en ’n goeie werk gekry met ’n goeie salaris. My kredietkaarte se balanse het gegroei en gegroei – ek was invincible!

Maar toe slaan die spreekwoordelike kak die fan – ’n man spike my drink, haves his way with me en die volgende oggend raak ek met ’n seer gat in ’n vreemde bed wakker.  Ek het net opgespring en my klere begin soek. Daar was niemand anders in die bed of in die kamer nie. Ek het uitgehardloop en toe ek weer sien was dit sewe uur en ek dink ek het opgegooi in elke asblik op Langstraat.  Wel needless to say daar sit ek toe weer in die malhuis, verloor my werk (want ek is mal) en daar sit ek met my vinger in my seer gat.

Dit is nou byna ses jaar gelede en ek sit nou nog met die skuld van toe. Ek het ‘n nuwe werk gekry teen ‘n kwart van my vorige salaris, maar ten minste is dit iets… so ja ek is nie cooler as ekke nie.

Voltaire se braai in Pretoria

Luister ek is nou nie een wat met ‘n drol in my handsak rondloop nie (ja toemaar, daar kom ‘n ‘maar’)… maar, in ’n land soos Suid-Afrika het mens nou nie veel van ’n keuse om van tyd tot tyd half warm onder die belt te raak nie. 

Ander môre ry ek werk toe in my ou bakkiekie. Rustig, maar nie vir lank nie. Dit is nou te gekompliseerd om in detail te beskryf hoe die hele ding gekom, maar die uiteinde van die saak was dat ek myself laat skrik het… vir myself.  Sien daar is hierdie een stuk pad waar mens vir ’n goeie 20-30 minute moet sit om op Jan Smuts te kom.  Die regulars kom voorberei, party lees boeke, koerante, sit grimering op, praat op fone noem dit. Dit is ’n onderwerp vir ’n storie op sy eie.

Daar sit ek toe nou en groove op James Brown en wonder hoe ek nog ’n dag in daardie kantoor gaan oorleef.  So kom dit toe dat die taxi-drywer vir my by sy venster uit ‘voetsek!’ skree met so ’n vermakerige grinnik op sy bakkies. En dié onnodigheid alles net sodat hy voor my kan indruk, waar daar nie ingedruk kan word nie, toe strip hierdie moffie sy moer.  Ek het uit my bakkiekie geklim (as my pa sien ek sê bakkiekie het hy vir baie vinnig reggehelp en gesê ’n hond eet uit bakkie uit!), reguit na die man toe gestorm, hom deur sy venster voor die bors gegryp en geblaf: “Ek is nie ’n bliksemse hond nie!” Iemand het my op sy beurt weer van agter aan die kraag gegryp – Mnr. The Star in die wit 3-reeks – en my probeer paai.  Maar nou moet ek ook bysê, dat as Mnr. Sanlam Verkoopsman in die rooi Renault in sy kar kon staan, het ek ’n sonder twyfel ’n staande ovasie gekry.

Weet, ek het hierdie Zoeloe vriend gehad en hy het altyd gesê daar is twee tipe mense in hierdie wêreld wat jy nie wil ontstel nie: ’n Zoeloe-vrou, en ’n moffie.  Ongelukkig het ons vriendskap op die rotse geloop toe ek uit die kas geklim het. Ek het altyd gedink hy spot net, want ek was ’n kalm moffie. Behalwe die keer toe ek my dronk roomie met ’n vurk in die bors gesteek het (toemaar ek is in die clear, die polisie het my kant gekies).  Maar behalwe vir daardie aand was ek nog nooit so kwaad dat ek tot aksie oorgegaan het nie – ek is nie een vir geweld nie, ek is genoeg in die matriek-badkamer gemoer omdat ek nie rugby gespeel het nie. So om die minste te sê ek was geskok in myself.  Ek en konfrontasie se verhouding was nog altyd vergelykbaar met my ouma se verhouding met Jehovah getuies: ons kruip eerder onder die bed weg voor ons die deur oopmaak en hulle innooi.

Maar ek is nou nie hier om oor my anger issues te chat nie. So van die politieke os op die sosiale jas word ek na ’n verjaardag okkasie in Pretoria genooi.  Nou in Pretoria moet ’n moffie maar versigtig wees, of ten minste ek is. Jy sien die manne daar herinner my nogal aan die Pampoen Boere van Potchefstroom.  As jy op hulle speelgrond is en jy lyk nie vir hulle so lekker nie, stap jy weg met ’n gebreekte neus.  Die gasvrou waarsku my vroegtydig, dat haar een les-vriendin ’n kind by ’n Swazi het. Teen my beter wete vra ek toe of dit die Swazi is wat haar laat draai het.  Maar blykbaar nie.  Maar dit nou daar gelaat.

So speel die kindertjies nou daar langs die Staatsteater se workshop en hier kom ’n blonde dogtertjie aangehardloop. “Mamma, Mamma, daar is ’n vreemde bruin dogtertjie en ons weet nie waar haar mamma is nie! Ons dink nie sy mag hier wees nie.” Mamma verduidelik toe maar dat daardie tannie daar oorkant haar mamma is en dat sy hier mag wees. “Maar sy is dan wit!” Wel toe gaan haal ek my cowboy hoed met die frieskoei print en fluffy stuff om die rand en liggies uit die bakkie uit.  Die ys was gebreek.

Maar ek praat nou deurmekaar. Wat ek eintlik wil sê is so mooi deur Voltaire opgesom: “Optimism is the madness of insisting that all is well when we are miserable.” Ja, die Afrikaner volk is een miserabele klomp siele. Jammer om te sê, maar ons is. Verbeel ons alles is nou okay, as ons net aanhou om jammer te sê sal alles weggaan. Nee vriende, het julle onlangs koerant gelees, vra maar vir Mnr. The Star in die wit 3-reeks.  Al die jammer in die wêreld is steeds die verkeerde besem om hierdie gemors op te vee.  Dit is reeds in elke krakie van die samelewing soos kokkerotte in ’n vis-en-tjips-kafee se kombuis.  Waarvan praat ek? Ek weet nie, dit is net daar. Dalk is dit omdat na byna 20 jaar, ek deur die recruitment tannie gevra word watter kleur ek is voordat sy my aansoek om werk sal verwerk.   Sy het so baie aansoeke ontvang en sy wil nie vir haarself onnodig werk maak nie. Miskien is dit Julius Malema wat Gandhi (een van die groter rassiste in die geskiedenis  van Suid-Afrika) aanhaal en hom prys vir sy wysheid. (terloops ek hoor Google is deesdae gewild in sekere kringe, veral onder die bevoorregte blanke myneienaars.) Dalk is dit ’n moerige moffie in die verkeer, dalk is dit ’n verwarde blondekop dogtertjie. Ek weet nie, maar iets is aan die broei.

My eie klein straatmeid

 “Pa, ek het groot nuus! Ek moet trou!”

“Trou! Met wat?!” Daar was ’n tikkie opgewondenheid in sy stem, selfs verligting, afwagting dat ek dalk die antwoord gaan gee waarvoor hy hoop. Ek het net geglimlag en Ma se stem in die agtergrond gehoor : “Jy kan nie vir die kind so vra nie!”

Dit was miskien ’n bietjie van ’n wrede grappie om oor die foon te maak, maar vir die oomblik het ek gedink dit is snaaks. Hulle was by die kerkbasaar en dit het dit effens snaakser gemaak.  Ja hulle het reeds geweet ek is gay, so ek het gedog dit sou vir hulle ook snaaks wees, maar Pa se reaksie het my aan die dink gesit.

Ouers het drome en wense vir hulle klein bondeltjies vreugde as hulle soos engeltjies in Ouma se pastelkleurige gehekelde pakkies met bypassend booties lê en slaap. So, loop die lewe nou maar ongelukkig nie altyd soos wat mens droom en wens nie.  Dis maar ’n wrede ou plek met huispaaiemente, broers met drank probleme en behoede jou siel, gay kinders. 

Vanoggend het ek wakker geword en die eerste ding wat ek sien is die tuinman wat in die tuin spit en sy klein seuntjie, miskien vier, wat al rondom hom in die tuin huppel.  Ek het vinnig die gordyn toegetrek, want ek slaap nou nie eintlik in ’n gewaad wat skaflik is vir ’n openbare verskyning nie.  Die seuntjie het my herinner aan my en my huishulp se gesprek gistermiddag.

Ek het die kantoor vir ’n slag op tyd verlaat en toe ek by die huis kom was sy nog besig om te stryk.  Ek het solank van die wasgoed begin weg pak en ons het aan die gesels geraak.  Later het ek op die bank gaan sit en ek het haar begin uitvra oor haar lewe terwyl sy stryk.  Om die minste te sê ek was geskok om te hoor waarmee sy op ’n daaglikse basis moet deal. Haar suster, skaars dertig is HIV+ en is onlangs met TB en baarmoeder kanker gediagnoseer. Ruth, my huishulp, het nog ’n suster en ’n broer.  Die ander suster is getroud en het ses kinders, vier by een man en twee by haar huidige man.  Haar huidige man wil nie die ander vier kinders aanvaar nie en die vorige man is tsotsi en nou in die tronk vir 15 jaar. Hulle broer werk nie en Ruth onderhou hom, haar siek suster, die vier unwanted kinders van die ander suster en Ruth se eie agtienjarige seun en vierjarige dogtertjie. Ruth se ouers is lank reeds oorlede.

Haar gesig het sommer opgehelder to sy van Nadia, haar vierjarige begin praat.  “She’s a wise-ass and a straat-meid!” Vir ’n oomblik was die wind so bietjie uit my seile, maar ek lag toe vra hoekom sy so sê.  Nee deel Ruth my mee dat sy net wil dans en praat en in die straat speel.  Nadia het haar ook gevra of wit mense byt.  Dit is toe my beurt om te deel en vertel hoe ek as kind gedink het swart mense was te lank in die son ek het gebrand. Dat ek gedog het mens kan die swart afkrap soos ouma die brandsel van die roosterbrood met ’n mes in die wasbak afgekrap het.  Ons het lekker gelag en later het sy klaar gestryk en ek het vir ons ’n koppie koffie gemaak en ons het op die bank gaan sit en vêrder gesels.

Maar dis nie eintlik waaroor ek wil gesels nie.  Waaroor ek eintlik wil gesels is dat ek as gay man moelik ’n straat-meid of huppelende klein seuntjie van my eie sal kan kry.  Hulle val nie sommer net uit die lug nie.  Vir ons is dit moeilik: wil jy aanneem moet jy soveel papier invul en jy word gebackground check en sielkundige evaluasies moet ondergaan word, surrogaat ma’s kom ook nie goedkoop nie. So as jy nie straight best friend met die regte onderdele het nie is jy geskroef en selfs dan is niks gewaarborg nie.

Maar waarom word straight mense nie deur al hierdie prosesse gesit voor hulle mag kinders kry nie. Vir hulle lyk my val dit sommer maklik uit die lug uit.  Een aand se dronk passie en die dingetjie kom die lewe in met ’n ma wat nog elke aand wil paartie en ’n pa wat of verdwyn het of ’n pa wat elke maand net ’n paar duisend rand in mamma se rekening in betaal en so dan en wan kom inloer.  Selfs getroude paartjies foeter rond. Vat my neef byvoorbeeld; hy en sy vrou en twee kinders bly in sy ma-hulle sy buitekamer. Hy het besluit om nie skool klaar te maak nie, hy het nie ’n kar nie, hy werk by myn as ’n helper vir R3000.00 ’n maand, sy vrou is sny hare in die garage vir doekgeld.  Kyk ek is nie een om te oordeel nie, maar ek kyk net na hulle twee kinders en ek besef met watter agterstand hulle groot word.  Die oudste, ’n dogtertjie is vier en sy kan nie woord praat nie, kan nie eens pappa of mamma sê nie.  Die ou asempie stink van die vrot tande in haar mondjie.

Dit is dan wanneer ek kwaad raak, want ek weet daardie kind kry byna geen stimulasie nie; sy soek konstant aandag. Sy is so ’n liefdevolle kind, altyd ’n drukkie en soentjie.  Ek moet sê ek is nou nie mal oor die soentjie met die asempie en al nie, maar ‘n mens haal maar diep asem en kry dit oor en verby.  Ek weet nie of maak dit my meer kwaad of meer hartseer nie, dit is so onregverdig.  Ek weet ek sou vir daardie kinders ’n beter lewe kon gee, nie noodwendig net in finansiële terme nie, maar… 

Daar kom tye wat ek selfs oorweeg om my gay-geit onder die maatemmer weg te steek, vrou te vat en voort te plant.  Ja ek weet dit is ook nie die regte manier nie, maar wat dan…? Selfs al besluit ek om myself te verneder en die aanneem proses aan te pak (ja, ek sien dit as ’n vernedering, wat hier moet ek my vuil wasgoed op ’n tafel kom uitgooi, sodat iemand anders kan besluit of ek bevoeg genoeg is om ’n kind te kry en dan nog tien teen een my aansoek gaan afkeur omdat ek ’n enkellopende gay man is) is dit steeds nie my bloed nie.  Noem my nou maar ’n gay chauvinis of ’n lesbiër of anti-establishment of net wat jy wil, maar ek dink dit is ’n ingebore behoefte van elke man om sy eie bloed te sien groot word.  Net soos elke vrou die ingebore behoefte het om ’n ma te wees, so het elke man ook die behoefte om met sy laaitie op die gras te speel of met sy klein prinsessie ’n tee partytjie te hou.