As geweld se slagoffers nie meer aan jou onbekend is nie…
Julie 13, 2011 in Sonder kategorie
Vanoggend vertel Piet Croucamp van ‘n referaat wat hy gelewer het oorsee oor die intensiteit van geweld in SA. (Eksperts vergelyk dit met “civil war”, aldus Piet.)
Nou pas praat ek met een van my oorlede pa se versorgers wat deesdae by my vriendin werk. Jane se kind is twee weke gelede ontvoer in Thokoza buite Alberton. Die polisie het haar gister vir dood opgetel in ‘n township buite Witbank. Haar borste is afgesny, sy is verkrag en haar buik oopgesny. Sy moes bloedoortappings kry en is in ‘n koma in ICU.
Die jong meisie saam met haar was minder gelukkig. Sy is dood en haar oë is uitgesny (onder meer).
Ek voel naar na ek hierdie barbaarsheid moes aanhoor en as ek my in Jane se situasie probeer indink.
Boonop is dit die hoeveelste keer dat Jane en haar gesin die slagoffers is van erge geweld. Net in die drie jaar wat ek haar ken, is hulle al van alles beroof wat hulle besit in ‘n gewapende roof een nag. Haar man is ernstig beseer in dieselfde rooftog, alhoewel hy hom nie kon teensit nie omdat hy op krukke was na ‘n motorongeluk. Na maande in die hospitaal kry hy werk as ‘n sekuriteitswag, en word een aand in ‘n rooftog drie keer geskiet, onder meer deur die kop. Hy oorleef wonderbaarlik, is maande in ‘n koma en kom toe wonder-bo-wonder by na hulle die masjiene afskakel.
Omdat hy breinskade het, word hy opgeneem in ‘n step-down kliniek/versorgingsoord. Daar steek ‘n mede-inwoner hom een aand met ‘n mes oor ‘n sny brood.
In dieselfde tyd word dieselfde tiener wat nou veg vir haar lewe, deur Jane se “landlord” gemolesteer. Juis by die plek waarnatoe hulle getrek het na die rooftog omdat dit “veiliger” was. Die vierjarige vertel haar ma gelukkig hoe die oom by die ouer kind kom lol in die dag as Jane werk, Jane maak ‘n saak by die polisie en landlord word gearresteer. Toe kom die polisie af op vier vervalste ID’s, en kom agter die dreksel is ‘n kindermoordenaar en pedofiel wat uit aanhouding ontsnap het en landwyd gesoek word.
Ek sal nie te verbaas wees as die ontvoering en grusame, barbaarse aanval weerwraak is vir die feit dat hy nou lewenslank tronk toe gestuur is nie.
Maar hoe troos ‘n mens so ‘n ma?
En die feit bly: duisende mense in hierdie land gaan deur dit wat Jane se gesin nou (weer) getref het. Hetsy vanweë ‘n plaasmoord, ‘n gewapende roof, ‘n aanranding, gesinsgeweld… Daar is ‘n groot skroef los in SA, en ons kan (soos my gespreksgenote dit vanoggend so goed gestel het) nog nie eers die probleem netjies “verpak” nie, wat nog van oplossings voorstel.
Bileamsedonkie het gesê op Julie 13, 2011
‘n Mens huil oor hierdie land… En dit is nie ‘n wit of ‘n swart kleur lyding nie- mense doen verskriklike goed aan mekaar…
TS het gesê op Julie 13, 2011
ag hoe verskriklik…
loudavisi het gesê op Julie 13, 2011
Het sopas oor die nuus gehoor van ‘n 93 jarige vrou wat in die Paarl vermoor is! Hulle kon haar mos net los en die goed vat wat hulle wou hê. Hene, mens, ons land is gewetenloos!
Vetjan het gesê op Julie 13, 2011
daar is ‘n groot skroef los in ons land.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 13, 2011
Jy is reg, Bileam. En dis die weerloosstes wat die swaarste kry. Wit en swart, die hel van misdaad onderskei nie tussen kleur of klas nie.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 13, 2011
Presies, Lou. Daar is ‘n barbaarsheid aan sulke soort aanvalle wat my verstand te bowe gaan. ‘n Oumens en ‘n kind is SO weerloos.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 13, 2011
Flenters, en terwyl die politici praat, vloei die bloed van gewone mense.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 13, 2011
Mens het nie woorde nie, Two.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 13, 2011
BAIE groot. En mens kan net wonder waar gaan alles eindig, en hoe…
ilsesalzwedel het gesê op Julie 13, 2011
Dit is verskriklik verby.
valleyman het gesê op Julie 13, 2011
Mens is maar te bang om te dink waar die storie sal uiteindelik n einde kry. Of as dit eers moontlik is.
avega het gesê op Julie 13, 2011
Ek kan my nie eers voorstel hoe dit moet voel nie.
Die barbaarsheid maak my verstand tot stilstand kom. Drastieser aksie is dringend nodig, maar dit moet van topvlak af kom.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 13, 2011
Vega, jy is so reg. Maar die mense daarbo is eers besig om net na hul eie sakke te kyk. Die land kom tweede. OF, die chaos is so groot, they don’t know where to start!
ilsesalzwedel het gesê op Julie 13, 2011
You’re right, Valleyman. If and where and when. I’m waiting with baited breath and getting more and more synical by the minute.
inadk het gesê op Julie 14, 2011
Die wreedheid slaan my stom – het daai liggaam wat dit gedoen ‘n mens se siel binne?
Vetjan het gesê op Julie 14, 2011
Ek ervaar Maputo “veiliger” as JHB, ten spyte van erge strukturele geweld teen die mense, groter armoede, ‘n wrede en uitmergelende burgeroorlog … is die mense daar oor die algemeen minder geweldadig teenoor mekaar (daar is wel nare gevalle), as hier by ons. Ditto Zim vergeleke met RSA.
HeavyHenry het gesê op Julie 14, 2011
Bliksems!
ilsesalzwedel het gesê op Julie 14, 2011
Ekskuus, maar bly ons in dieselfde land? “Minstens die laaste honderd jaar”. Ek dog hier ons is al 11 jaar ‘n demokrasie met gelyke regte vir almal! En die passe is al veertig jaar terug se nuus, nie waar nie?
Vanwaar ek sit is die groot probleem dat ALMAL (wit en swart) graag die verlede blameer vir die foute van vandag. Wanneer gaan ons vandag fix sodat more beter kan wees? Eers as ons ophou om alles op gister te blameer.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 14, 2011
@Petrus: daar se jy dit. Hoekom is ons buurlande se mense meer vreedsaam ten spyte van groter lyding?
I don’t get it.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 14, 2011
Ina, mens kan maar net wonder.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 14, 2011
Diere doen dit nie eers nie.
ilsesalzwedel het gesê op Julie 14, 2011
Dis hoe ek ook voel, Henry.