Ietsie snaaks vir die Vrydag

November 12, 2010 in Sonder kategorie

Ek is na drie weke nog steeds siek van die griep. En nou is ek SIEK vir die griep. So, ek kan nog nie hogere eie opinies oor goeters skryf nie, en daarom weer ‘n cut en paste. Met ‘n paar nuwe snaaksighede op. Die oorspronklike opskrif seg dis vir Brakpanners, maar ek reken dis vir East Lynners/Danvillers/Oosranders/onderdorpers in die algemeen.

ETIKET VIR BRAKPANNERS.
(soos voorgeskryf deur Emsie Schoeman, en hersien deur Andre P. Brink)

ALGEMEEN

1. Moet nooit bier saamvat na ‘n job interview nie.
2. Probeer eers uitvind wie die mense in jou jaard is voor jy begin skiet.
3. Die dominee smaak dit nie as jy ‘n cooler box saamvat kerk toe nie.
4. As jy die bed moet stofsuig is dit tyd om ander lakens op te sit.
5. Selfs al is jy seker jy is ingesluit in die testament, moenie jou Venter saamsleep na ‘n begrafnis toe nie.

UITEET

1. As jy wyn skink, tilt die paper cup sodat jy nie die “vrug” van die wyn bederf nie.
2. As jy uit die bottel uit drink, hou hom so vas sodat jou vingers die label toehou.

ONTHAAL IN JOU HUIS

1. Moenie jou geliefde opgestopte hamster/kat/hond/aap op die koffietafel sit nie.
2. Moenie dat jou hond van die tafel eet nie (al is sy maniere beter as jou gaste s’n).

PERSOONLIKE GESONDHEID

1. Terwyl ore gereeld moet skoongemaak word, is dit ‘n job wat verkieslik met jou eie bakkiesleutels gedoen moet word.
2. Grond en olie onder jou vinger naels is ‘n social nee, want dit gee daai finger snacks ‘n snaakse smaak en cherries laaik dit nie so kwaai nie.

VERHOUDINGS (buite die familie)

1. Bied altyd aan om die aas aan jou goose se hoek te sit, veral met die eerste date.
2. Wees aggressief. Laat weet haar jy wag al twee jaar om met haar uit te gaan nadat jy daai goed gelees het teen die toilet muur daar by Shoprite.
3. Maak seker jy vind uit by haar ma-hulle wanneer sy by die huis moet wees. Party sal sê 10-uur, ander “Maandag”. As die antwoord Maandag is,is dit Jou job om te sorg dat sy betyds by die skool is.

FLIEK

1. Moenie met die mense op die screen probeer praat nie. Jarelange wetenskaplike navorsing het bewys dat hulle jou nie kan hoor nie.

TROUES

1. Kleinvee is nie so ‘n hot trougeskenk nie.
2. As jy die bruid langer as 5 sekondes soen, kan jy miskien geskiet word.
3. Vir die bruidegom: Huur ‘n tux; ‘n corduroy broek en T-shirt met ‘n Cummerbund werk nie so lekker nie.
4. Al is dit moeilik, se maar ja vir sokkies en skoene (al is dit dan net vir die kerk).

BESTUUR

1. Dim jou ligte as ‘n kar van voor af kom, al is jou gun gelaai.
2. As jy by ‘n 4-way stop kom, ry die ou met die grootste wiele eerste.
3. Moet nooit ‘n ander blaar se kar tou met pantyhose en duct tape nie..
4. As jy jou vrou met ‘n kannetjie stuur om te gaan petrol haal, is dit swak maniere om haar te vra om bier ook saam terug te bring.
5. Moenie spin as jy in ‘n begrafnisstoet ry nie.

 

 

 

 

 

7 antwoorde op Ietsie snaaks vir die Vrydag

  1. EK wou se dat ek die of daai geniet, maar toe lag ek my klaar vir almal.

  2. @ DV: is nogal so, ne!

  3. @ DV: maar ek hou nogal van die deel oor Maandag, en jou verantwoordelikheid om jou date betyds te he vir skool.

  4. O natuurlik. Dis juis die ene wat ek eers wou noem!

  5. Wat het jou kerel gese na julle sex gehad het;

    wa my koene?

  6. OE!!!!!

  7. LOL
    Skokkend snaaks

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.