Beter as Lood kan ek dit nie stel nie!

November 11, 2010 in Sonder kategorie

Vir almal wat elders woon en nie Beeld lees nie, hier is ‘n paar tong-in-die-kies gedagtes van Lood, Beeld se skerp waarnemer van alledaagse dinge (soos korrupsie, rassisme en tenderbedrog). Hier is sy kykie na die laaste paar dae in SA:

Lood se praatjies

Witter as Twitter, bitter soos Mara

As dit by slinksheid kom, staan jou wit mens vir niks terug nie.

Kyk net: As jy ná jare vir die eerste keer nie die nasionale krieketspan gehaal het nie, is dit wit mense se skuld.
Het die verkeerde middelmatige knapie Idols gewen? Wit mense se skuld!

Sien jy as adjunkminister van polisie net onregte teen swart mense raak? Wit mense se skuld!

En word jy op Twitter nageboots sonder jou toestemming, kan jy ook maar weet dis wit mense!

  • Wit mense, luister mooi: Totdat jul houding nie verander nie, mag julle nie meer belasting betaal nie. Klaar gepraat!

 Fikile woorde tik volgorde onsin as iets anders weer

Van die nuwe adjunkminister van polisie na die vorige een: Lood verneem Fikile Mbalula het sy nuwe pos as minister van sport te danke aan die indrukwekkende spoed waarmee hy destyds weggehardloop het toe Tony Yengeni hom wou laat aantree om besny te word.

Daarenteen het Mbalula nie verlede week op hom laat wag om ’n verklaring uit te reik nie nadat die krieketspeler Makhaya Ntini sy uittrede aangekondig het. (Die minister sal natuurlik ook sulke verklarings uitreik wanneer wit krieketsterre uittree.)
Enkele hoogtepunte daaruit:

“Makhaya is one of the gallant national living monuments that we celebrate his success as the Ministry.”
En: “… he soldiered on to be one of the greatest ethnic player whose selection to the national colours on merits than anything else.”

  • Sê hulle, Fikile, sê hulle!

Neo-liberalistiese gate is ideologies onverklaarbaar

Een van Lood se lesers skryf na aanleiding van Jeremy Cronin se breedsprakige artikel in Beeld verlede week:

“Ek wil namens die demagogiese populiste met liberale paradigma wat teruggevoer kan word tot die Europese Verligting, eiemagtige despote, lede van oorerflike feodale hiërargieë, struggle ‘heroes’, inklusiewe nasionaliste, liberale humaniste, radikale linkses, hoofstroom-liberaliste, die demokratiese meerderheid, kollektiviste, vakbondorganisasies en werkgewersorganisasies mooi vra: Maak asseblief die slaggate in die paaie reg.”

Nog slaptjips op jou pizza, geagte adjunkminister?

Een van Lood se agente was die afgelope Sondag in Zonderwater naby Cullinan vir die jaarlikse gedenkplegtigheid ter nagedagtenis aan die meer as 80 000 Italiaanse krygsgevangenes wat in die Tweede Wêreldoorlog daar aangehou is.

Dit was ’n luisterryke affêre en honderde mense, sommige van so ver as die VSA, Australië, Argentinië en natuurlik veral Italië en elders uit Europa, was daar.

’n Besondere dag dus, totdat Thabang Makwetla, ons eie adjunkminister van verdediging en militêre veterane, in sy toespraak vertel hoe hy Italianers onthou as die “ feesh and cheeps shop-owners at the corner-shops”.

Lood se bron sê die Italianers het maar kil op die toespraak gereageer. Dalk vermoed hulle nes Lood dat die minister ’n heel ander nasie in gedagte gehad het – dié Europeërs lyk mos maar almal eners, nè?
Vernietiging volg as die speltoetser oorgretig is!

Uit ’n verklaring van Cosatu in Mpumalanga: “(It) is in direct conflict with the vision of the National Demolition Revolution which is the umbilical cord that binds the Alliance.” 

7 antwoorde op Beter as Lood kan ek dit nie stel nie!

  1. Briljant. Interessant dat die uit dieselfde koerant kom as die waarvoor Dan Roodt skrywe.

  2. n laaste laggie vir die dag. Baie dankie!

  3. Nee, jy maak ‘n fout. Dan lewer SOMS ‘n bydrae in die vorm van ‘n brief of ‘n kommentaar, maar hy skryf beslis nie VIR Beeld nie. (En ek het weke laas iets van hom gelees. Indien nie maande nie.)

  4. Plesier ou dier!

  5. Dis hoekom ek se: Beter kan ek dit nie stel nie!

  6. Ai. Nou voel ek ook sommer baie beter. Dankie.

  7. Nee, om eerlik te wees, hy is nogal stil.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.