Die vrats varkie (my 8-jarige se “boek”)

November 7, 2010 in Sonder kategorie

My 8-jarige kan nie lekker besluit wat om eendag te word nie. Hy wil graag met diere werk, president word, in ‘n rockband speel en joernalis en fotograaf word. Net eergister het hy vertel hoe hy, as hy nou eendag president is, ‘n winkelsentrum gaan he net vir arm mense. Met wagte buite wat keer dat mense wat nie arm is nie, nie daar kan inkom nie. En hoe, vra ek, gaan die arm mense betaal? Want in sy sentrum gaan daar ‘n speelgoedwinkel, koswinkel, klerewinkels, restaurant en al die ander lekkertes wees wat enige mens begeer.

Nee, seg hy, niemand gaan betaal nie, want hulle is mos arm. Ek het nie die hart gehad om hom op die praktiese implikasies te wys nie – het gedog hy kan dit maar uitfigure as hy nou eers president is.

Vandag is hy in ‘n skrywersbui. Kry hom nou net in ‘n hoekie van die groot rusbank, pen en boek in die hand.

“Wat maak jy?” wil ek weet. (Hy is ook op die stadium van lysies skryf, soos die een wat ek vanoggend op sy kas gesien het: OEVEN KIETAAR.)

“Ek skryf ‘n boek,” vertel hy nonchalant.

En daarom is dit vir my nou lekker om die eerste “hoofstuk” van My Seun die Skrywer se heel eerste boek met julle te deel! Taduuuuuuuuuuuuuum! (Spelling onveranderd)

En dis vir eers al. Ek het die skrywer gedwing om ‘n middagslapie te neem…

Die vrats varkie

Daar was een Dag ‘n klein vakie. hy was nie so andir varkies nie. Sy mamma en pappa sê hy is spieshiehal. ander het nou nie soo gedink nie. hulle het gesê hy is ‘n vrats. (Dit beteeken hy is weerd.) hy het nie daarvan gehou om in modir te lê en slaap nie. hy sou ondir ‘n boom sit en iets doen.

 

En dis vir eers al. Ek het die skrywer gedwing om ‘n middagslapie te neem…

 

 

 

5 antwoorde op Die vrats varkie (my 8-jarige se “boek”)

  1. LOVE dit, Isle – dis wonderlik dat jy hom so aanmoedig (Amanda)

  2. Dankie Amanda!

  3. Jip! Hy kan dalk gaan geld haal by die tenderpreneurs. Dit behoort nie te moeilik te wees nie. Hy moet net ‘n klomp sushi op ‘n vrou se lyf neersit en dan die geld vat en hardloop…

  4. Nou maar kyk. Sy taal is heelwat beter as die van baie sogenaamde grootmense was hul diepdenke hier uitle. Te pragtig.

    Maar kyk hoe selfbehep ek is! Ek dag die stuk verwys na my!

  5. Nee, DV, jy is mos DAAI vark en nie VRATS vark nie! 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.