Uiteindelik terug by die huis!!
Oktober 3, 2010 in Sonder kategorie
Na amper drie weke van net ‘n nag of twee in my eie bed slaap, is ek BAIE bly om tuis te wees en te weet ek is hierdie keer hier vir ‘n hele paar weke aanmekaar. Eers was daar Rooi Rose se jaarbeplanning van vier dae, toe ‘n troue op ‘n plaas naby Wolmaransstad (2 dae), daarna ‘n dag Bloemfontein toe vir werk vir die UV en toe vier aande by die huis. Toe Aardklop toe vir 5 dae (darem gewerk ook daar) en daarna Sun City toe vir Skouspel vir twee dae. (Dit was nie werk nie, wel my kinders se persent om te probeer opmaak vir die afgelope twee harde jare se soetwees tydens moeilike, uitdagende krisisse.)
Nou’s ek terug, en wag die deadlines. Agt artikels om binne die volgende 7 dae klaar te maak, plus twee ekstra hoofstukke vir my boek. Die uitleg begin vandeesweek, so boek is bo-aan die agenda. Hopelik is dit vroeg November op die rakke. Sal julle op hoogte hou!
jeanihess het gesê op Oktober 3, 2010
Net groet:))
ilsesalzwedel het gesê op Oktober 4, 2010
Dankie Ghaap! Jip, as ek nie werk nie, kry ek nie geld nie. Eendag as ek groot is wil ek op iemand se payroll wees…
ilsesalzwedel het gesê op Oktober 4, 2010
Hi J! Jy nog in die buiteland?
ilsesalzwedel het gesê op Oktober 4, 2010
Jip, ek dink ek moet vir jou kom kuier in Durbs.
zephur het gesê op Oktober 4, 2010
Tannemys jy is te besig vir een mens…
asem in asem uit…
ilsesalzwedel het gesê op Oktober 4, 2010
Ek was glo een van ‘n tweeling, Zep. Die ander een het skynbaar net na bevrugting mal geword en gehardloop. Ons soek steeds….
Izakdv het gesê op Oktober 5, 2010
sterkte!
anotherdayinparadise het gesê op Oktober 7, 2010
I understand a little afrikaans, enough to glean that you’ve been busy,busy,busy again, Tannemys. Take care. Hugs to you.