Tired of crime?? Join Solidariteit and write a letter to Zuma today

Februarie 15, 2010 in Sonder kategorie

If you are, like me, tired of crime and tired of hearing “we will solve it, we have a plan”, join this action by Solidariteit and let’s bombard the prez’s office with letters voicing our disgust at the situation. Seeing that he devoted exactly 132 words to crime in his state-of-the-nation-speech (that’s about 2%), let’s speak up on this VERY important issue.

Click on www.geagtepresident.co.za and follow the links. Also get your family and friends to join.

Below is the official info as received via e-mail from Solidariteit.

 

Besoek www.geagtepresident.co.za om ‘n brief te stuur. Stuur asseblief ook hierdie e-pos aan soveel as moontlik vriende, familie en kollegas.

Die Solidariteit Beweging wil gewone Suid-Afrikaners mobiliseer om duisende briewe binne drie dae na president Jacob Zuma se persoonlike e-posadres te stuur. Afskrifte van die briewe gaan Dinsdagoggend, voor president Zuma se repliek op die debat oor sy staatsrede, in possake by die parlement afgelewer word.

Hierdie optrede volg as reaksie op president Zuma se staatsrede Donderdagaand. Solidariteit sê dat Zuma ongeveer 2% van sy toespraak aan misdaad spandeer het – heelwat minder as enige van die regering se ander prioriteite. Misdaad het selfs minder tyd gekry as die verwelkoming van die gaste.

“Ons het min tyd en ons doen ? beroep op Suid-Afrikaners om in hulle duisende te reageer. Ons wil hê president Zuma se persoonlike e-pos moet voor sy repliek op die debat oor sy toespraak eerskomende Dinsdag met duisende briewe gepeper word. Gewone Suid-Afrikaners kan ? brief deur die webblad www.geagtepresident.co.za stuur. Die briewe sal direk na president Zuma se eie e-posadres gaan. Diegene wat nie toegang tot die internet het nie kan die woord ‘misdaad’ na 35960 SMS. Die SMS’e sal ook geag word as ? protesstem.

Hierdie aksie volg nadat die Solidariteit Beweging die afgelope week ? opname onder sy lede bekend gemaak het waarin 73% sê misdaad is die grootste enkele brandpunt waaroor hulle bekommerd is. Hulle wil dus misdaad baie hoër op die regering se prioriteitslys sien. Indien misdaad so ? hoë prioriteit onder Solidariteit-lede is, sal dit waarskynlik dieselfde wees onder die breë Afrikaanse en Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Besoek www.geagtepresident.co.za om ‘n brief aan president Zuma te stuur. Stuur asseblief ook hierdie e-pos aan soveel as moontlik vriende, familie en kollegas.

Hier is die brief wat aan die president gestuur word:

 “Geagte mnr. Zuma

2% aan misdaad is nie genoeg nie

Ons het met groot verwagting uitgesien na u staatsrede. Een van die redes was om te hoor wat u sê oor misdaad. Misdaad ruk die land uitmekaar. Elke dag lees ons op die voorblaaie van koerante van nog ? moord. Ons lees nie eers meer van gewelddadige aanvalle waar daar nie vermoor of verkrag word nie, want dit is nie meer nuus nie. Sodra iets nie meer nuus is nie, het dit die norm geword. Ons weier om te aanvaar dat aanvalle op ons mense die norm word.

Misdaad is vir ons die nommer een probleem in die land, want misdaad maak dood, misdaad verkrag en misdaad martel. Misdaad maak mense bevrees en misdaad laat mense vlug. Misdaad maak dat algemene en beleggersvertroue in die land verloor word. Misdaad bedreig die sukses van die Wêreldbeker-sokkertoernooi en misdaad maak toeriste bang vir Suid-Afrika.

Die regering se prioriteite was in u toespraak uitgespel. Slegs 2% van u toespraak, oftewel 132 van u 4 411 woorde, was gewy aan misdaad. Vir die sowat ? uur wat u gepraat het, het u een minuut aan misdaad spandeer.

U het meer tyd – 132 – woorde, spandeer om eregaste te verwelkom as om te sê wat u aan misdaad gaan doen. Daar is selfs meer tyd aan u hotline gewy as aan die kwessie van wat aan misdaad gedoen gaan word. Die Wêreldbeker-sokkertoernooi het ook meer tyd as misdaad gekry.

U het duidelike uitkomste vir die regering se prioriteitsareas uitgespel, maar geen duidelike uitkomste vir misdaad gegee nie.

Van al die prioriteitsareas het misdaad die minste aandag gekry. Die ekonomie en werkskepping het 6,5 maal meer aandag gekry. Die verbetering van dienslewering het 6 maal meer aandag gekry. Onderwys en opleiding het meer as 3 maal soveel aandag gekry en gesondheid amper dubbel soveel aandag. Misdaadbestryding kan nie wag totdat hierdie prioriteite se teikens êrens in die verre toekoms bereik word nie.

As burgers van Suid-Afrika lewer ons graag repliek op u staatsrede: 2% aan misdaad is nie goed genoeg nie. Ons verwag meer van u repliek op Dinsdag, 9 Januarie 2010. Ons verwag duidelike uitkomste.

Bekommerde burger van Suid-Afrika”

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.