True story in today’s Rapport: people like this man makes South Africa a special place

Januarie 24, 2010 in Sonder kategorie

Rapport published the most beautiful story this morning, and I want to share it with English readers as well. (I am pasting the full story as it appeared at the bottom of this.) In short, an employer of Pick&Pay in Bedfordview, Mr Sam Tsukudu, made the papers after carrying home a 75 year old man who recently underwent a serious back operation and collapsed on a pavement somewhere in Bedfordview. He was completely exhausted and disorientated. Then, he recalls, this “angel dressed in a P & P uniform appeared from nowhere” and carried him home.

Rapport went to meet this man, and found out that he does this sort of thing regularly. One woman, an ex-Miss SA from 1975, lives in a nearby old age home, and tells how Tsukudu carries her parcels home and even unpacks it for her.  A blind customer tells how Sam accompanies him through the shop to ensure that he gets everything on his wife’s shopping list. And then he walks him and his guide dog home.

Sam says his love for people is a gift from God.

And his story made my day! I might even consider going to Pick and Pay in Bedfordview for my shopping. At our local supermarkets it seems as if the people are working there as part of their prison sentences, judging by the long faces and the lacklustre approach helping customers…

Well done, Sam! And Raymond Ackermann, how about a bonus for this man? Or even better – use him in workshops to train his peers about what it is that makes customers go back to a specific shop time after time.

Engel van Bedfordview

2010-01-24 00:01

Mnr. Sam Tsukudu, die engel van Bedfordview.

Johannes de Villiers

Selfs al het mens geen geld of luukse motors om weg te gee nie, kan jy steeds jou rykdom met ander deel.

Kyk byvoorbeeld wat het met mnr. Danie Britz (75) van Bedfordview gebeur.

Verlede Vrydag het Britz, erg verswak ná onlangse rugoperasies, sy pad byster geraak en heeltemal sat en hulpeloos op ’n sypaadjie neergesak. “Toe kom dié man verby,” vertel Britz. “Ek het hom nie geken nie.”

Dié barmhartige samaritaan, ’n groot man geklee in Pick n Pay-werkklere, het Britz soos ’n kind op sy rug getel en hom huis toe gedra.

“Daar is no ways dat iemand anders dit vir my sou gedoen het,” vertel Britz, nou nog verstom.

Dié senior burger is een van vele wat deur die engel van Bedfordview in die ooste van Johannesburg geraak is.

Mnr. Sam Tsukudu werk sedert 1986 in die plaaslike Pick n Pay en woon in Bezuidenhoutvallei langs Hillbrow.

Hy is dalk net een van die merkwaardigste mense in Johannesburg.

“Hy het ’n hart van goud,” sê me. Adele Kruger, Mej. Suid-Afrika 1975 en nou inwoner van die Arbor Village-aftreeoord in Bedfordview. “Hy help my om my parcels van die winkel af te dra. Hy dra dit tot by my huis.” En daar pak hy selfs haar kruidenierskaste vir haar.

In die supermark is daar altyd ’n kringetjie laggende, gelukkige mense rondom Tsukudu.

“Ek is gebore met hierdie ding binne-in my,” sê hy. “God het dit vir my gegee. Ek kan nie anders as om dit uit te deel nie.”

Van doer anderkant die brood- en groenterakke groet mense hom vrolik op die naam. En hy groet terug in Portugees, Frans, Italiaans, Afrikaans, Engels, Zoeloe; tale waarin hy leer groet het om selfs vriendeliker te wees.

Soms loer mnr. John Chandler, ’n blinde, met sy gidshond in. Hy gaan staan by die ingang totdat Tsukudu hom gewaar.

Tsukudu fluit, die gidshond se stert waai en Chandler stap nader sodat Tsukudu hom deur die winkel kan lei. Die blinde man se vrou skeur stukke van produkte se verpakking af en stuur dit saam sodat Tsukudu weet wat om in sy inkopiesakke te sit.

“En as ons klaar is,” vertel Tsukudu, “vra ek vir mnr. John of sy vrou nie ook lus is vir viskoekies nie. Ek weet sy is mal oor viskoekies.”

Daarna stap hy saam met Chandler en sy gidshond huis toe.

Selfs mnr. Raymond Ackermann, Pick n Pay-grootbaas, het Tsukudu al vir sy positiewe houding bedank.

Sy hele lewe bestaan uit vreugde. “As ek soggens wakker word, gee ek heel eerste vir my vrou ’n soen. Nog voordat sy enigiets kan sê. Dan soen ek elkeen van my kinders. En as ek werk toe kom, groet ek almal. En gee drukkies.

“My vrou sê sy verstaan nie hoekom ek nooit kwaad raak nie. Maar vir wat sal ek ooit kwaad raak? Hoekom doen mense dit aan hulself?”

– Rapport

9 antwoorde op True story in today’s Rapport: people like this man makes South Africa a special place

  1. Its always so nice to hear of people like this. *hugs* x x x

  2. I shop there and have personally seen him leading the blind man(and his dog)around the shop to buy his groceries.If only there were more of these unsung heroes,this world would be a nicer place.If I were Raymond Ackerman he would be a director of PnP by now.

  3. Napier het gesê op Januarie 24, 2010

    what a wonderful story… need more people like Sam around.
    Thanks for sharing

  4. benmica het gesê op Januarie 24, 2010

    That is why I am positive about a future in this country.

  5. mg42 het gesê op Januarie 24, 2010

    Lovely post!

    I agree with your sentiments with regards to this man receiving a better position.

  6. Stunning post! This man is special!

  7. hutton het gesê op Januarie 24, 2010

    😉

  8. Wonderful and heart-warming story. Thanks for sharing it with us. Hugs to Sam.

  9. There IS HOPE for mankind! Thank you SAM!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.