(Effe gewaagde) grappie

Januarie 22, 2010 in Sonder kategorie

Dit was onthaal-aand by die ouetehuis, en Klaas die hipnotiseur is genooi om

die ou mensies te vermaak.

Hy verduidelik: “Ek gaan julle almal in ‘n beswyming laat verval en julle

gaan dan presies maak soos ek sê.”

Die opgewondenheid loop hoog en Klaas haal sy pragtige antieke sakhorlosie

uit sy sak en begin dit heen-en-weer swaai op die verhoog.

“Hierdie horlosie is al 200 jaar in ons familie. Ek wil hê julle moet stip

na die horlosie kyk. Sien hoe dit heen-en-weer beweeg. Links en regs,

heen-en-weer, voel hoe julle julself oorgee aan die beweging, heen-en-weer,

heen-en-weer”

Die oumense raak vasgevang in die heen-en-weer beweging van die horlosie.

Honderde oë volg die heen-en-weer beweging en verval in ‘n beswyming totdat

die horlosie per ongeluk uit Klaas se vingers glip en op die vloer stukkend

val.

“SHIT!” skree Klaas

Dit het drie weke gevat om die ouetehuis weer heeltemal skoon te kry…

10 antwoorde op (Effe gewaagde) grappie

  1. zephur het gesê op Januarie 22, 2010

    LOL moerse verkeerde woord op die verkeerde tyd…

  2. zephur het gesê op Januarie 22, 2010

    Lekker naweek Tannemys

  3. “effe gewaagd”?
    Dis downright Gross! LOL 😉

  4. Okay, ek het dit gesensor. Sien bo of jy die verandering kan spot!

  5. hehehe, ek sien die prentjie voor my! Skies dat ek so skaar is, werk my gaai af en kry skaars tyd vir blog. Anyhow, ‘n lekker naweek vir jou hoor.

  6. benmica het gesê op Januarie 23, 2010

    ‘n Universiteit student gaan huis toe vir die vakansie en waarsku haar ouers dat sy haar nuwe kerel saambring. Die ou is ‘n dwergie en die student vra haar ouers om asseblief tog haar sesjarige sussie in te lig.

    Die ma neem vir kleinsus eenkant en se: “Poplap, jou ouer suster kom die naweek huis toe en sy bring haar nuwe kerel saam. Hy lyk anders as ons, maar jy mag nie vir hom vrae vra of na hom staar nie, gehoor?” Kleinsus verstaan mooi en belowe om haar te gedra.

    Ousus en haar kêrel daag op en toe Kleinsus die kereltjie sien, kon sy haarself skaars beteuel.

    Die gesin gaan sit aan vir aandete en Kleinsus vermy oogkontak met die gas en bly tjoepstil. Net na die hoofgereg dra die ouers en ousus die vuil borde kombuis toe en gaan berei die nagereg voor.

    Dis net Kleinsus en die dwerg aan tafel. ‘n Ongemaklike stilte heers ‘n rukkie, maar toe kan die meisietjie dit nie meer hou nie…

    “Ken jy vir Sneeuwitjie?”

  7. Hahaha, Carl, dis presies die soort ding wat ‘n kind sal vra! Welkom terug! Jy was maar skaars!

  8. Het gedog jy werk hard. Maar dis seker maar ‘n klein prys om te betaal as mens vir ‘n paar weke “huis toe” kon kom.

  9. SHIT happens they say…..!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.