Debat met Dan Roodt – tweede rondte (en finale rondte)

Januarie 15, 2010 in Sonder kategorie

Dan het my geantwoord op my ope brief. En gevra of hy dit op Praag kan plaas. Waarop ek ja gese het.

Nou is ek nogal spyt oor my bereidwilligheid, want ek was onder die wanindruk dat dit dalk gesonde debat sal bevorder.

Ongelukkig lyk dit my die regses kan nie debat voer nie – hulle kon nie my standpunte aanval nie, toe draai hulle na my persoon. Ek is onder meer gese om te hoop ek word Zuma se sewende vrou – “hy hou van mollige vroue met min verstand”. (Daar was verskeie sinspelings op hoe ek lyk.)

En natuurlik is ek die vyand, ‘n verraaier, blablabla. En ‘n “pienk joernalis”, en ‘n poppie, en iemand sonder insig.

My joernalistieke vermoens word bevraagteken, so ook my opleiding. (Meeste weet skynbaar nie eers watse soort joernalis ek is nie – wat wys hoeveel hulle lees. Ter inligting: ek is nie by ‘n dagblad nie, en op niemand se vaste payroll nie. En ek verkies dit so, want dan kan ek skryf vir wie ek wil en oor wat ek wil sonder dat ek ‘n sekere beleid moet verdedig.)

Daar is ook voorspel dat ek die volgende joernalis gaan wees wat myself op my huis se dak skiet met ‘n AK47. (Terloops Dan, jou feite hieroor was verkeerd. Foeta Krige het hom in ‘n afgelee hok op sy plaas gekry. Se dit tog vir die regses op Praag.) Ensovoorts, ensovoorts.

En, soos gewoonlik, lewer almal kommentaar onder ‘n skuilnaam. Nie eers die guts om te se wat hulle wil onder hul eie naam nie. Wat my finaal oortuig het: ‘n volwasse debat met mense van hierdie mentaliteit is onmoontlik.

Vir die wat belangstel, gaan lees op www.praag.co.za. Nie dat julle sal kan kommentaar lewer nie – dis blykbaar ‘n tipe boy’s club. Lidmaatskap word waarskynlik vereis vir kommentare.

PS: Dan skryf iewers in kommentaar dat mense my nie persoonlik moet aanval nie. Hy vra dat hulle die bal speel, en nie die man nie. En dat sulke kommentaar summier verwyder sal word. Tog interessant dat daar steeds soveel goed staan wat grens aan laster.

PPS: Vir al die regse kommentators: op my ouderdom kan mens nog iets aan jou lyf doen, maar sweet blow all aan jou IK.

‘Nuff said!

9 antwoorde op Debat met Dan Roodt – tweede rondte (en finale rondte)

  1. Moonz het gesê op Januarie 15, 2010

    I suppose we need fanatics in the world in order to prove moderation – but it’s best not to engage – they’re too dogmatic to see reason.

  2. Ja Nee Kyk…

    Common sense doesn’t matter to the insane.

    I’ve been a ‘soutpiel kaffir boetie’ my whole life…

    Once the mind locks onto it’s own superiority, the only human right that matters is it’s own.

  3. ” op my ouderdom kan mens nog iets aan jou lyf doen, maar sweet blow all aan jou IK.”

    Ditsem Tannemys – wys jou tande!

  4. Kyk – ek het my nie eens verwerdig om die arrogante siel se hele relaas op “Praag” te lees nie..
    Sien my kommentaar..
    http://disqus.com/spokie75/

  5. Dankie Foxy, vir die ondersteuning. Jy besef natuurlik jou kommentaar wys nog nie op Praag nie. Word dit eers bekyk?

  6. czardas het gesê op Januarie 16, 2010

    Imagine living in a volkstaat with that bunch !!!

  7. Ongelukkig het die regses die toestand van die land huidiglik aan hul kant- “ons het julle mos gese, nananana”. Maar as mens begin vrae vra oor watter alternatief hulle sou voorsien dan kan hul ook nie se nie. Lees maar Dan se brief in Vrydag se Beeld- Hoe op dees aarde gaan daar ‘n volkstaat van Pretoria Oos tot by die Weskus tot stand kom sonder bloedvergieting van honderdduisende. Hoe kan enigiemand met gesonde verstand nog in vandag se tye so iets voorstaan? So, vat dit maar van wie dit kom. Lekker dag!

  8. Ek het vandag 2 redelike aanvallende reply’s gekry so ek neem aan dit wys nou! 😀

  9. Ek stem met jou saam! Dis darem jammer as mens dink jy weet iets en dan jou naam so met ‘n plank slaan!
    Groete

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.