Ek en die dooie vis
Desember 29, 2009 in Sonder kategorie
As jy ‘n Mini Cooper ry, en gister langs die N12 net buite Alberton gestop het om te kyk hoekom ek gestop het, ontspan! Ek het nie van ‘n lyk ontslae geraak nie. Kon kwalik van die gestorwe Koi-vis ontslae raak sonder om te voel soos ‘n reeksmoordenaar…
Hoe gemaak as jy na pelle se Koi-dam en (bytende) hond kyk, en jy kom ewe onskuldig (minding your own business, en so aan) op ‘n middag daar aan en hier le ‘n dooie vis bo op die poel? Jy’t dit so half verwag, want die vorige dag het twee van die visse nie lekker gelyk nie? (NEE, ek het hulle nie oor-voer nie, blameer die drie elektriese storms wat ons die afgelope vier dae gehad het wat die krag laat uitskoppend.)
Ewentwel, hier sit jy nou met ‘n vis wat ‘n HELE klompie haweloses sou kon voer. So halwe meter lank. En terwyl jy voel vir haweloses, wil jy nie he hierdie vis moet in hulle magies beland nie want a) jy weet nie of Koi’s reg daar bo met Kingklip is nie en (b) jy weet nie of Koi-se-kind deur die weerlig geslaan is/siek was/gevrek het van ouderdom nie.
En al staak Alberton se vullisverwyderaars nie, is jy steeds slim genoeg om te weet ‘n Koi-in-‘n-asblik tussen Kersfees en Nuwejaar gaan jou (of dan jou pelle) nie noodwendig gewild maak by die bure nie. So, jy kan die vissie ook nie sommer net daar in ‘n Meyersdal-koppie langs jou pelle se huis gooi nie.
Wat dan die N12 op pad huis toe laat.
Gehoorsamige jy stop by ‘n inham spesiaal vir mense wat wil stop (maar nie noodwendig van visse wil ontslae raak nie). Trek die kattebak se hefboompie, en kattebak gaan oop. Wat donkerblou Mini Cooper tot stilstand bring so 20 meter vorentoe. Hoekom? Want jy lyk allermins hulpeloos en huilerig. Eerder gespanne en geslepe (wel, dis hoe ek gevoel het, okay!)
Mini Cooper wil nie ry nie, en ek kan nie die vis die bosse ingooi nie. Hou myself kastig besig met my kinders (NIEMAND kan tog dink dat ek gou langs die pad gestop het omdat ‘n 11-jarige eenvoudig net MOES piepie nie…)
Toe die Mini ry, gooi ek die vis (in plastieksakke, jammer, nie baie ekologies nie) en hoop dit val nie op ‘n hawelose se kop nie (want by die inham was afvoerpype ondergronds, lekker leplek vir ‘n huislose).
Wat my laat wonder het: hoe op aarde voel mens as jy van ‘n rerige, erige lyk wil ontslae raak? Een Koi was erg genoeg, dankie.
PS: Die 11-jarige het haar passie vir kookkuns ontdek. Gisteraand het ons mosterdhoender, patat en rys gehad vir aandete. En rooi jellie met vla. So, of sy is ‘n ontluikende Nigella, of sy is moeg vir Kersfees se oorskietkos en koek vir ontbyt…
PS 2: Net om te wys hy kan ook, het 7-jarige vanoggend vir my eier en roosterbrood vir ontbyt gemaak. Nadat ek hom oor die fynere kunsies moes inlig. Soos dat mens nie EERS die eier bak en DAARNA die brood rooster, die koffie maak, die skinkbord dek en die honde laat uitgaan vir ‘n piepie nie. Wat wel vroeer die vakansie gebeur het, en wat daartoe gelei het dat Dory die Labrador BAIE onwillig koue eier moes eet terwyl ek lipsmakkend vir die jongste sit en jok oor sy eierbak-vermoens…
PS 3: Moes gister werk, het nie. Het 12 episodes Two and a Half Men gekyk, my eerste olieverf-skildery getakel en ‘n whodunnit klaar gelees. En natuurlik ontslae geraak van ‘n Koi… (Terloops, my pelle weet van die dooie vis.)
TheAfricanNewsferret het gesê op Desember 29, 2009
Dis nou ‘n vis wat weggekom het daai!!! Voorspoedige Nuwe Jaar.
ilsesalzwedel het gesê op Desember 29, 2009
Maddie, myne gaan vandag sjokoladepoeding maak!! Daar gaan my dieet (al weer, nog ‘n keer, steeds!)
ilsesalzwedel het gesê op Desember 29, 2009
Hi Flim! Next time I will write slower… 🙂 Love my budding chefs!
ilsesalzwedel het gesê op Desember 29, 2009
Sorry Lyndatjie! Sal more ‘n ERNSTIGE post plaas… Dan’s jou top vol trane. 🙂
Napier het gesê op Desember 29, 2009
ag jene, wat a lekker pos….
dankie 😉
ilsesalzwedel het gesê op Desember 29, 2009
Hei Napier! Huganit daar in my grootwordstad?
grieving is not for sissies het gesê op Desember 29, 2009
Ek will daardie skildery sien.
X
ludibirk het gesê op Desember 29, 2009
Een aand toe ek lê op my bedjie
Een aand toe ek lê op my kooi
Een aand toe ek lê op my bedjie
Kry ek daar ‘n grote rooi Koi
Rooi Koi, Rooi Koi
Koi, wat soek jy in my kooi, hê Koi?
Rooi Koi, Rooi Koi
Koi, wat soek jy in my kooi?
With permission. Sung to the tune of “My Bonnie”
A Koi is a fish and this post does not constitute explicitly, implicitly or otherwise any racial undertones
ilsesalzwedel het gesê op Desember 29, 2009
Ja Lodewikus, gelukkig het jy nie Koi’s waarna ek moet kyk nie…
EddieMeintjes het gesê op Desember 31, 2009
Excellent post TM!
Enjoy your day!