Koos doen aansoek vir ‘n nuwe werk…

Oktober 20, 2009 in Sonder kategorie

Advertensie in die Rapport se LOOPBANE:

“Ongetroude man, gewillig om te reis, alle kostes gedek.  Moet eie skêr en skeermes hê.”

Koos doen aansoek.

“Ja,” sê die klerk, “dis ‘n modelagentskap. Hulle soek iemand om die vroue modelle te skeer en hulle bikini-lyne te trim. Die betaling baie goed, maar daar is ‘n paar negatiewe aspekte. Jy sal moerse baie moet reis –  Bahamas, Tahiti, London, Parys  — en natuurlik heeldag in kaal modelle moet vaskyk.”

“Gaaf,” sê Koos, “waar gaan ek vir die onderhoud?”
“Hier in die Kaap,” sê die klerk, “en hier is jou treinkaartjie Secunda toe.”

Koos vra verward: “Secunda?? Ek dog die onderhoud is in die Kaap??”
Klerk gee hom  ‘n skewe kyk: “Ja, maar dis waar die einde van die queue is!!”

5 antwoorde op Koos doen aansoek vir ‘n nuwe werk…

  1. zephur het gesê op Oktober 20, 2009

    Amper so ‘n lang queue as vir die Bloubul game vir die finaal…

  2. Langer…

  3. Het ek dalk al ooit gese mans is lui? Hulle kan nou wel nie multi-task nie, maar hulle het ‘n nut… Moet nog net uitvind wat dit is… 🙂

  4. algoabay het gesê op Oktober 20, 2009

    !!!!!!!!!!!
    🙂

Los ’n antwoord vir diefotoman. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.