Slim woordspelings met hasie
September 23, 2009 in Sonder kategorie
Nou’s ons darem ver te ernstig hier in blogland. Seker die wind wat wereldwyd waai! Kyk hoe baie woorde kan mens maak met HASIE!
HASIE • Wat noem jy ‘n deurskynende hasie? Spasie!
• Wat noem jy ‘n hasie in ‘n pyp? Blokhasie
• Hasie in die tuimeldroër? Spinhasie
• Wat noem jy ‘n hasie ini hospitaal? Operhasie!
• en ‘n hasie ini spur? Inspirhasie!
• en hasies wat paar? Vibrhasie!
• wat noem mens ‘n hasie met GPS? Navighasie
• Wat noem mens ‘n rugby hasie? Paashasie
• ‘n Halwe hasie? ‘n Sie
• ‘n Hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? Oksidhasie
• ‘n Walt Disney Hasie? Animhasie
• ‘n Vuvuzela Hasie? Gerhasie
• Wat noem ‘n mens ‘n hasie op ‘n telefoon? Kommunikhasie
• Wat noem ‘n mens ‘n losbandige hasie? ‘n Flirthasie
• wat noem ‘n mens ‘n hasie wat preek? ‘n Kanselhasie!!!!
• wat noem jy ‘n ryk hasie? Inflhasie!!
• ‘n Hasie wat boer? Plasie…
• Wat noem mens ‘n siek hasie? Inflamhasie
• Wat noem jy ‘n hasie wat oorsee gaan? Immigrhasie
• Wat noem jy ‘n hasie met diarree? Purghasie!
(• iemand wat heeltyd hasie grappies vertel? Irrithasie )
algoabay het gesê op September 23, 2009
Ougat!
🙂
ilsesalzwedel het gesê op September 23, 2009
Sien, ek kan heel ordentlike wees. (Of liewers, my vriende stuur soms vir my ordentlike goed.)