Fraai (skonerige) Afrikaanse grappies vir julle…

September 22, 2009 in Sonder kategorie

…. terwyl ek my jis afsukkel om ‘n kursus vir aspirant-joernaliste saam te stel. Waarin het ek my tog begewe? So baie om te se, so min bladsye!! Gedenk aan my! (Hoekom so baie jokes op my blog? Want die lewe is flippen moeilik genoeg. Laat ons lag terwyl daar tyd is!)

Wat’s die verskil tussen ‘n goeie sekretaresse en ‘n BAIE goeie sekretaresse?
‘n Goeie sekretaresse sê: “Goeie môre, Meneer!”

‘n Baie goeie sekretaresse sê: “Goeiste, Meneer, dis al môre!”
_______________________________________________________________________________ 
Vrou gaan sien ‘n priester na haar 9de baba.

“Ek weet nie hoekom word ek so gou swanger nie.. Dit moet iets in die lug wees” 
“Ja” se die priester ” dis jou bene…..”

______________________________________________________________________________
Oom wat verkeersman was , kry Alzheimer en gaan ouetehuis toe. 
Daar reel hy die verkeer van rystoele en looprame in die gange Een oggend vergeet hy om sy broek aan te trek, hy stop die tannie in die rystoel.

Toe sy voor hom stop kyk sy so in Meneer vas  “Ag Vader, moet ons nou vanmore nog in die pypie blaas ook.
_________________________________________________________________________________
“Dr,  ek het infeksie!” 
Mev, hoeveelkeer het jy seks?   
So een keer per maand.

Mev dit is nie infeksie nie, dis ROES.
____________________________________________________________________________
Seuntjie vra sy ma. 
“As binne egtelike kinders deur die ooievaar gebring word waar kom buite egtelike kinders vandaan? 
Ma antwoord

Rondloper voels!
_________________________________________________________________________________

Seuntjie aan ma: 
“Ek wil graag ‘n boetie hê vir Kersfees” 
Ma: “Daar is te min tyd daarvoor my kind.

Seuntjie: “Maak dan soos Pappa en sit meer manne op die job!!!!! 
_________________________________________________________________________________
  

2 antwoorde op Fraai (skonerige) Afrikaanse grappies vir julle…

  1. Oulik!!!!
    😉

  2. Twolips, my reputasie!!! 🙂

Los ’n antwoord vir ilsesalzwedel. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.