So laat ‘n mens ‘n vrou soos ‘n VROU voel…

September 21, 2009 in Sonder kategorie

‘n Grappie ter afsluiting van 21 Sept 2009. Gekry van Faan uit die verre Ierland. Geniet, en slaap lekker!

Die vliegtuig was op pad na die OR Tambo lughawe toe dit in ‘ n
geweldige storm invlieg.


Dinge word al rowwer, en een van die vlerke word deur weerlig getref.

Een van die vroue op die vlug haak heeltemal uit. Sy gaan staan voor
in die gang en skree: ” Ek is te jonk om te sterf! Maar ek het een laaste wens as dit
dan moet: Is hier enigeen op die vlug wat my vir oulaas soos ‘ n VROU kan laat voel?”

Stilte. Almal kyk na haar. Toe staan ‘ n Vrystaatse boer agter in die vliegtuig op en stap vorentoe. Hy is
aantreklik, lank en sterk gebou. Hy stap tot by die vrou, en knoop sy hemp stadig los.

Niemand praat of roer nie. Almal staar na hom en sy gespierde bolyf. Sy snak na haar asem. 

Hy fluister: “Stryk my hemp, en bring vir my ‘ n koue bier.”

 

 

 

1 antwoord op So laat ‘n mens ‘n vrou soos ‘n VROU voel…

  1. Oe, ‘n man so na aan my hart…..NIE!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.