Lees die skrywe van Steve Hofmeyer
Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as
heel aanvaarbaar, jy moet net beweer
jy was
daartoe gedryf deur honger, gebrek,
apartheid
of die waan dat jou oer-voorouers
onderdruk
was.. Laat ons dus maar vandag oor
‘n paar sake
reguit praat:
‘n Mens steel nie omdat jy honger of
arm is nie
– jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie
land so
volledig onderdruk soos die
Afrikaner na die
Tweede Vryheidsoorlog nie.
Ons voorouers wat die oorlog en
die
konsentrasiekampe oorleef het, het
na die
doodse leegheid van vernietigde
plase
teruggekeer – uitgehonger, hartseer
en
verpletter. Maar hulle het nie
geroof en gemoor
en gesteel nie.
Hulle het met harde werk,
deursettingsvermoë en
swaarkry so presteer dat hulle
weldra nie net
hulleself nie, maar ook hulle
huidige
onderdukkers, goed kon versorg.
Toe hulle kinders in Engelse skole
gestop is en
gestraf is as hulle dit durf waag
het om
Afrikaans te praat, het hulle nie
klippe gegooi
en skole afgebrand en geweld gepleeg
nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CVO
-skole
gestig en uiteindelik bo uitgekom
sodat die
Afrikaner vandag vir niemand op
akademiese,
tegnologiese of wetenskaplike gebied
terug hoef
te staan nie.
‘n Mens moor nie omdat jy voorheen
benadeel is
of omdat jou werkgewer jou nie
tederlik genoeg
behandel nie – ‘n mens moor omdat jy
‘n barbaar
is wat nie verdien om deel van die
samelewing
te wees nie.
Na die Tweede Vryheidsoorlog het
Afrikanermynwerkers absoluut geen
regte gehad
nie en moes hulle hulle gesinne met
minder as
‘n hongerloon probeer onderhou. Maar
hulle het
nie bejaardes gaan doodmartel en
gesinne
uitgemoor nie.
‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene
omdat iemand
anders nie genoeg vir jou doen nie.
‘n Mens
word ‘n agterblyer omdat jy nie
presteer nie.
Niemand het die Afrikaner na die
Tweede
Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie –
ons het
self gewerk en volhard om sukses te
behaal.
En elke ding wat ons het, het ons
verwerf.
As alles altyd vir jou verkeerd loop
sodat jy
voel jy maak nooit enige vordering
nie, is dit
dalk ‘n goeie gedagte om op te hou
soek wie
anders as jy self vir al jou ellende
verantwoordelik is.
Ruk jou reg en presteer jouself in
die
voorspoed in. En dit geld vir ons
eie mense
ook.
Net ons eie werk, prestasie en
geloof gaan
bepaal of ons as agterblyers in die
vergetelheid gaan wegsink en of ons
weer as
trotse, beskaafde, gerespekteerde
volk sal
opstaan.
Selfs in die nuwe Suid-Afrika is
daar steeds
geleenthede vir vindingryke,
geesdriftige mense
wat bereid is om hard te werk en vir
hulleself
‘n toekoms los te spook.
Mag die Afrikaner nooit pateties
raak nie ….
Steve
Onlangse kommentare