Kool

November 14, 2012 in Uncategorized

‘n Man wat by Fruit &Vegs werk is besig om appels uit te pak. Die vrou stap na hom toe…
“Ekskuus meneer, weet jy waar die kool is?”
“Ons het op die oomblik nie kool nie mevrou, maar ons sal môre kool hê.”
So 5 minute later hoor hy weer ‘n stem, “Meneer waar is die kool??”
Hy antwoord weer, “Ons het nie kool nie mevrou.”
Na so rukkie tik sy weer aan sy skouer en vra, “Ek kry nie die kool nie??!”

 

Hy is nou duidelik gatvol en sê…
“Mevrou, kan mevrou my net gou 3 vrae beantwoord…
Hoe spel mens “kat” in “katastrofe?”
“K…A…T” antwoord sy.”
Hoe spel mens hond in hondsdolheid?” “H…O…N…D”
“Nou mevrou laastens. Hoe spel mens “Fok” in “kool”?”.
“Daar is nie “Fok” in “kool” nie?” sê sy
“Nou presies daar is nie Fok-in-kool nie!!

14 antwoorde op Kool

  1. hehehehe dankie kikker jy my oggend op

  2. 🙂
    Sy wou maar net dubbel seker maak

  3. Whahahaha! Die ou het nogal baie geduld ! 🙂

  4. bly jy is terug … waar ek is, weet die nugter! Kan darem ‘n paar blog lees, maar dis omtrent al

  5. Heng, ek besef nou eers hoe ek die grappie per dag mis!

Los ’n antwoord vir loudavisi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.