goeie raad!

Oktober 17, 2012 in Sonder kategorie

Hoe
om jou TELE-BEMARKER op 10 maniere te TERRORISEER:

1.  
As hulle vra: “Hoe gaan dit?” moet jy hulle vertel. Sê: “Ek is
so bly jy vra, want niemand gee meer vir my om nie. My artritis vreet my op, ek
het blaasprobleme, my rug is seer en ek kry sooibrand. En my hond Is gister
dood.”

2.  
As sy sê sy is Cathy van ACD Bpk., sê sy moet haar naam spel. Vra dan hoe jy
die maatskappy se naam spel. Vra die adres, wanneer is dit gestig, wie was die
stigters, hoe lank werk sy al daar en hoeveel mense werk by die plek.

3.  
Gee ‘n uitroep van verbasing: “Cathy! Is dit jy? Liewe hemel, hoe gaan
dit?” Dit sal Cathy ‘n paar oomblikke laat wonder waarvandaan julle mekaar
ken.

4.  
As Cathy wil hê jy moet aansluit by die kring vir Familie en Vriende, antwoord
in ‘n sinistere stem: “Ek het geen vriende nie. Wil jy my vriend
wees?”

5.  
As hulle aanbied om jou geld te leen, sê jy is pas bankrot verklaar EN kan
definitief doen met geld.

6.  
Sê vir die telebemarker jy is in “huisarres” en vra of hy of sy dalk
vir jou ‘n bottel brandewyn en ‘n kas bier kan bring.

7.  
Laat die telebemarker sy of haar hele storie vertel, en vra dan of hy of sy met
jou sal trou omdat jy so eensaam is. As hy of sy dan heeltemal uit die veld
geslaan is, sê daar is geen manier waarop jy jou kredietkaart se nommer aan ‘n
vreemdeling sal verskaf nie.

8.  
Sê jy is op die oomblik baie besig en vra hulle dan of jy hulle huisnommer kan
kry sodat jy kan terugbel. As die antwoord is dat hy of sy nie hulle huisnommer
kan verstrek nie, sê: “Ek lei af dat jy nie wil hê dat iemand jou by jou
huis moet pla nie, reg?”  As hy of sy saamstem, sê: “Wel, ek skat
jy weet nou seker hoe ek oor die saak voel.”

9.  
Maak asof jy vas onder die indruk is dat dit eintlik jou vriendin Lulu is wat
bel. Sê: “Komaan, Lulu, ek weet dis jy wat bel! Hoe gaan dit nog met jou
ma wat so siek was?”

En
die belangrikste wenk ……

10.  
Vra hulle om BAIE STADIG te praat sodat jy elke woord kan neerskryf.

12 antwoorde op goeie raad!

  1. Hehe!Ek is so dik vir die mense.Waar kry hulle mens se nommer?Hulle bel altyd op etenstyd.

  2. ek het geen idee nie maar hulle irreteer my net so erg dat ek die met julle moes deel!

  3. lora2me het gesê op Oktober 17, 2012

    Al onthou ek net een van hierdie wenke, sal ek dalk iemand vir ewig die aftog kan laat blaas. 🙂

  4. BESLIS!

  5. Het julle gemis Silly!

  6. en ek vir jou!!!

  7. Zunettes het gesê op Oktober 17, 2012

    Ek vra gewoonlik of hulle alles in Afrikaans kan verduidelik want ek verstaan nie Engels en dan sit hulle die telefoon neer en ek hoor nie gou weer van hulle nie…;-)

  8. Dis slim!!!

  9. Carol460 het gesê op Oktober 17, 2012

    Hahahaha ! Goeie raad ! XXX

  10. EK HET OOK SO GEDINK! 0X0

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.