Dankie Mamma!
Maart 26, 2008 in Sonder kategorie
Halo al my Blog maatjies!!!
My Ma het hierdie gebed vir my gefaks, en ek deel dit graag met julle.
Lekker dag
Silly
Ek laai my kinders op U trein Here
Ek is so moeg van wakkerlê en wroeg
My hart is gebreek oor my kinders se seer,
Toe hulle klein was,
Kon ek hulle teen my vasdruk as hulle seerkry
En pleisters en spoeg aansmeer –
Totdat hulle weer lag.
Nou is hulle groot en hulle seerkry is anders.
Ek kan hulle nie meer vasdruk nie.
Ek voel magteloos.
Ek kan niks meer vir hulle doen nie.
Ek kan maar net vir hulle bid, en hulle aan U opdra.
Groot Kondukteur,
Ek laai hulle vanoggend op U trein.
Neem hulle asseblief saam met U op reis.
Laat my rustig aanvaar dat ek nie meer kan saamgaan
En neem sommer my bagasie van skuldgevoelens,
waaraan ek so swaar dra, ook met U saam.
Ek dank U dat U hulle eintlike Vader is, hulle Bloedpa.
Dit omdat hulle oudste broer, U seun,
Hulle met Sy bloed gekoop het.
Lig U hande seënend oor my kinders, H e r e J e s u s,
En laat hulle opkyk na die Hande wat hulle seën.
Laat hulle hul name, onuitwisbaar gegraveer, sien in U handpalms,
En laat U bloed wat daaruit vloei, wat hulle reinig van alle – ja,
Regtig, alle – sonde.
Groot Kondukteur,
Ek wuif vir hulle terwyl U met hulle verder op hulle
Lewensreis vertrek.
Dankie tog, Here dat ek kan weet, U is hul Redder en ek dank U daarvoor!
Amen
Met Liefde Mamma
hutton het gesê op Maart 26, 2008
😉
nerinelombard het gesê op Maart 26, 2008
🙂 Dankie
Hoop jy het ‘n lekker dag
hugs
peet1 het gesê op Maart 26, 2008
Dis mooi
graansie het gesê op Maart 26, 2008
Dis mooi!
Jou ma is dam oulik.
Ek het mail gestuur hoor 🙂
mvw het gesê op Maart 26, 2008
Jou ma is werklik baie oulik. Dit is pragtig! Lekker dag vir jou silly en dankie vir die gereelde e-pos, ek waardeer dit.
batoutofhell het gesê op Maart 27, 2008
Mooi
Hugs
Batty
Magrietjie het gesê op Maart 27, 2008
Pragtig ek gaan dit vir my dogter stuur.
Dankie dat jy dit met ons deel.
Blessings
Magrietjie
Cosmos het gesê op Maart 28, 2008
Ek klim sommer ‘n bus en gaan kuier vir my ma. Dis pragtig
graansie het gesê op Maart 28, 2008
Haai! En hoekom so stil? Of is dit net die maandend goggas wat jou so besig hou? Hier self maar besig, en die stadige frigging blogs help ook nie veel nie. Ek kon gister by niemand uitkom nie.
Hoop jy het lekker Vrydag en naweek!
🙂