Na die naweek
Maart 25, 2008 in Sonder kategorie
Hallllllooooooooooooooo Almal!!!
Julle het geen idee hoe bly ek is om vandag by die werk te wees nie, nie dat ek ‘n “bad” naweek gehad het nie MAAAAR, weet julle hoe voel dit om nie te kan BLOG nie….dit voel of jy op ‘n verlate eiland is met geen siel nabei om mee te gesels nie!!!!
Ek het besluit dat ek ‘n lysie gaan maak vir DINGE WAT GEKOOP MOET WORD en hy lyk as volg:
1. ‘n Tjorrie
2. ‘n Laptop met al die goodies om te kan Blog
3. ordentlike selfoon
4. ‘n kamera
Soos ek gese het, die naweek was “rustig”, het selfs vir ‘n “outing” gegaan…Mnr wou ‘n ent gaan ry want hy het “wit god” laat diens en ek is gevra waarheen ek wil gaan en sonder om 2 keer te dink het ek gese Parys……dit is die mooiste plek!!!! daar is 2 straate vol klein winkeltjies met allerhande goodies te koop, kuns gallerye en baaaiee antieke winkeltjies….Ek het myself belowe sodra ek wiele onder my boude het “verdwyn” ek een Saterdag daarheen en hopelik loop ek iewers vir CL2 raak!!
Sondag was baie spesiaal vir my Bokka….sy het gedink die Paashaas gaan nie vir haar kom kuier nie omdat mamma nie meer ‘n kar het nie en groot was haar verbasing toe sy wel IETS ontdek…
DANKIE TANNIE KOSMOS, JY HET GEEN IDEE HOE BLY SY WAS NIE!!!
00000XXXX0000000-VIR KOSMOS!!
Geniet die res van julle “maandag”….dis hier maandeinde!!!!
Tot later!
0x0
Cosmos het gesê op Maart 25, 2008
Solank sy dit net geniet het is my hart tevrede!!!
Mail jou oor jou lysie
graansie het gesê op Maart 25, 2008
Nou sien, as jy Parys toe gaan, dan jaag jy net so ent aan dan is jy by my!
Het ons ‘n deal? JAAAA of NEEEE
(Casper – doen met ‘n miljoen) heehee
Ag ek is bly die naweek was lekker!
😀
Cosmos het gesê op Maart 25, 2008
Hou op tjank, kry ek nie mail vandag nie? ;-p
peet1 het gesê op Maart 25, 2008
Weet wat jy bedoel ons my werk talm al hoe lank hulle gaan vir ons 3g kaarte gee maar nog niks, ek sal seker permannt blog en nooit slaap nie. Ek sal bietjie rondry as ek weer in Parys kom ons gaan net elke keer na die rivier toe en hou piekniek. My neef bly in Welkom en as ek iets vir hom moet deervat dan ontmoet ons daar so halfway soort van ding.
nerinelombard het gesê op Maart 25, 2008
hellooooooooo
Deel 3 is gepost!!
jy kan my oplaai dan ry ons verder na vliegie toe!
thx vir die email
hugs
batoutofhell het gesê op Maart 26, 2008
Die feekie is n bietjie lelik maar ek sal hom stuur.
Hugs
Batty
shlwanjan het gesê op Maart 26, 2008
Hallo jy!