maandagoggend joke

Maart 17, 2008 in Sonder kategorie

HALOOOOOOOOOOOOO!!!!!!

Hiers vir julle ‘n grappie om die week mee te begin, hoop julle het almal ‘n lekker naweek gehad siende dat ons pannekoek weer het!!
(ps. as julle kan bak en stuur sal ek ‘n adres gee..he he!)

Jonas gaan vir die hernuwing van sy Swaarvoertuig Bestuurderslisensie.


TOETSBEAMPTE: Goed Jonas, kom ons toets jou algemene kennis – Jy ry teen ‘n afdraend af en voor jou is ‘n ander vragmotor, Jy wil verby gaan – Wat doen jy ?

JONAS: Is reg, Mener. Ek kyk hom die left mirror, die pad is skoon, dan kyk hom die right mirror, die pad is skoon – Dan ek slaan die indicator, trap die petrol, kom buitekant, ek gaan verby.

TOETSBEAMPTE: Toe jy nou so besig is om verby te gaan, kom daar ‘n ander vragmotor van voor af, Wat doen jy dan?

JONAS : Is nie mulakeit nie, Mener, weer ek check die left mirror, es skoon, kyk die right mirror, es skoon, dan sit hom die indicator to the left, vang bietie briek, dan steek ek die neus agter die ander lorry in.

TOETSBEAMPTE: Raait, maar toe jy nou in die spieel kyk, het ‘n ander trok van agter die gaping toegemaak, Wat maak jy nou ?

JONAS: Aitsa bra, Dan maak ek mar my assistant Petros wakker.

TOETSBEAMPTE : Nou hoekom wil jy vir Petros wakker maak.

JONAS: Ek, ek dink nie Petros hy het al so moerse ongeluk gasien nie.

9 antwoorde op maandagoggend joke

  1. hehe

    hoe gaan dit met jou silly?

  2. hutton het gesê op Maart 17, 2008

    LOL!

  3. Cosmos het gesê op Maart 17, 2008

    Ha ha ha
    Hoe was jou naweek?
    Wie is miesiemens? Hoe kom ek op die blog?
    Lekker dag

  4. hi

    dankie vir die kompliment oor Luke 🙂

    my email is [email protected]

    (((hugs)))

  5. graansie het gesê op Maart 17, 2008

    Haai!
    Nou waar is my pannekoek hmmm?
    Jissie ek sal nou my lewe gee vir ‘n watersak in hierdie blerrie koue kantoor!
    Hoe gaan dit vandag met jou Silly? 😀

  6. peet1 het gesê op Maart 17, 2008

    Hahaha dankie lekker gelag gelukkig was ek nie besig met koffie nie. Sal sien miskien moet ek pannekoek maak vanaand ek onthou my seuns was so 4 en 2 toe ek hulle eenkeer vra wat wil hulle eet en hulle het kompleet getoi-toi en pannekoek pennekoek gesing tot ek gemaak het.

  7. kerneelsie het gesê op Maart 17, 2008

    hehehe. Lekker lag ek nou.
    Het Saterdag pannekoek gekry by Ma. Mis dit darem maar vandag…

  8. Magrietjie het gesê op Maart 17, 2008

    Hallo I-Like-Silly ek moes net eers gou inloer,Dankie vir die lag.Mag jy ‘n wonderlike week geniet.
    Lovies
    Magrietjie

  9. lag ek nou so lekker,verstik sommer aan my broodjie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.