Ek is nie in die moeilikheid nie

Oktober 31, 2012 in Uncategorized

Kan mens in die moelikheid kom vir iets wat jy NIE gedoen het NIE ?

Inderdaad, ja.

 

As mens ‘n matriekseun het, dan loop die spanning oor die eskamen bietjie hoog. Meer dalk vir die ma as vir die pa of die seun. Meeste seuns is mos nie eintlik gepla nie  en skraap net so op hulle gatvelle deur want daar is belangriker dinge  om te doen. Soos om te gaan gym, by die vry te kuier, of die matriekvakansie te beplan. En tussendeur moet hy ook sy pa se petrolkaart tot op die limiet beproef.

Maar hy sal nie in die moeilikheid kom nie want hy loer wel soms na die boeke.

Ek sal nie in die moeilikheid kom nie want ek betaal elke maand getrou die absurde bedrag skoolgeld (ek dink ek haat skool meer as die kinders)

Sy ma sal nie in die moelikheid kom nie want sy is met Liewe Jesus getroud.

So die enigste een wat regtig stress oor die eksamen is seker die minister van onderwys. Want sy het NIKS gedoen nie – en sy gaan al die moeilikheid kry.

 

(En ek is nogsteeds nie gepla nie)

 

 

8 antwoorde op Ek is nie in die moeilikheid nie

  1. Waar word die matriekvakansie beplan…Margate?

  2. Mosselbaai. Pa se petrolkaart het mos nog geld op….

  3. @ignoramus Gelukkig gaan dit ook verby…! 🙂

  4. Daai betrokke minister worry niks, behalwe oor haar geldjies elke maand nie. Idioot kwadraat is wat in my gedagtes opkom as ek haar of Stomp lemmetjie met sy kak vel sien.

  5. ek moes 3 seuns deur matriek STRESS. die middelse het my die meeste laat stress.

  6. celia het gesê op Oktober 31, 2012

    Hahaha, ek is so bly dat ek nie die enigste een is nie. Matriek-Vac, petrolkaart, eksamen, alles klink SO bekend!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.