Ek is nie in die moeilikheid nie

Oktober 31, 2012 in Uncategorized

Kan mens in die moelikheid kom vir iets wat jy NIE gedoen het NIE ?

Inderdaad, ja.

 

As mens ‘n matriekseun het, dan loop die spanning oor die eskamen bietjie hoog. Meer dalk vir die ma as vir die pa of die seun. Meeste seuns is mos nie eintlik gepla nie  en skraap net so op hulle gatvelle deur want daar is belangriker dinge  om te doen. Soos om te gaan gym, by die vry te kuier, of die matriekvakansie te beplan. En tussendeur moet hy ook sy pa se petrolkaart tot op die limiet beproef.

Maar hy sal nie in die moeilikheid kom nie want hy loer wel soms na die boeke.

Ek sal nie in die moeilikheid kom nie want ek betaal elke maand getrou die absurde bedrag skoolgeld (ek dink ek haat skool meer as die kinders)

Sy ma sal nie in die moelikheid kom nie want sy is met Liewe Jesus getroud.

So die enigste een wat regtig stress oor die eksamen is seker die minister van onderwys. Want sy het NIKS gedoen nie – en sy gaan al die moeilikheid kry.

 

(En ek is nogsteeds nie gepla nie)

 

 

Blog verandering

Oktober 17, 2012 in Sonder kategorie

Ek het lanklaas geblog.   Was seker seksueel uitgeput.   En noudat die blogs verander of gaan verander skrik ek bietjie wakker.  En lees all die ou blogs.    Interessant waardeer ek alles is.

So ek blogs gou hierdie sodat my blogs kan oorgedra word!  

Oor skool

Julie 28, 2010 in Sonder kategorie

Ek is vanaand teruggeruk tot in my grondwese. Totaal en al onverwags. Soos ‘n nat poep wat jou betrap terwyl jy met die MD gesels. Hard, terug aarde toe. Onnodig.

Maar dalk nodig.

Ek is by Sol se speelplek in Pilanesberg. Op konferensie saam met duisende ander wat ek in elk geval nie ken nie. En vanaand by die “gala dinner” toe gebeur dit.

Nee, dit het niks te doen met die feit dat die BEE en sy steek 90 minute laat opdaag en hulle kom neerplak aan ons tafel nie. (Sy was darem netjies getooi met ‘n muskietnet oor haar gesig, wat die al kouende chappie proses effe verbloem het.) Maar dit het niks daarmee te doen nie. Ek bly in Afrika en is dit al gewoond.

En dit het ook niks te doen met die karige stukkie voorgereg en hoofgereg wat bedien is nie – weliswaar netjies elegant getooi met ‘n pikante sousie. Maar dit was nie die issue dat mense afgerokkel word onder die voorwendsel van styl nie.

Wat my geruk het was die ou saam met my aan tafel. Sonder arms. Wel, hy het ‘n Captain Hook klou aan die een arm, maar die ander een is weg. Motorfiets ongeluk, 1981.

En hy was saam met my op skool.

Dieselfde matriekjaar as ek, teoreties, want hy het in standard 9 al stilweg verdwyn soos meeste ander seuns wat saam met op skool was. In my dae, en in my skool, was dit maar die norm – standard 8 was meer as genoeg, en dit net die rerige slimmes en diegene met ouers wat baie geld gehad het of wat baie orig was, wie se kinders matriek gemaak het. Ons matriekklas het gedwindle van baie, tot net ‘n paar seuns. En ek kan meeste se name nie eens onthou nie.

Ons was nie ‘n hegte klas nie. Na matriek uitmekaar gespat in verskillende rigting met min of geen kontak ooit daarna nie. Dit was maar die teken van ons tyd. Of dalk die teken van ons opvoeding. En dit is wat my vanaand geruk het. Ek kan min daarvan onthou. Ek het dit geblok. Ek wil nie daarvan meer weet nie.

Ek kan nie vir Derick onthou nie. Ek kan nie onthou dat hy saam met my op skool, in dieselfde standard, was nie. Ek kan nie onthou dat hy langs die pad net gestruikel het en vir die Spoorweë gaan werk het nie. Ek kan vaagweg onthou van die motorfiets ongeluk (waarin hy was net na hy uit die skool uit is maar ek kan nie onthou dit was hy nie). Ek het nie ‘n fok omgegee nie. Hel, ek kon nie eens sy naam onthou nie.

Want hy was ‘n roker. ‘n Klasbanker. Hy het die onnies teruggechat. Hy is meer gereeld gemoer as ons. Hy was ‘n outcast. Hy het gesteek (aardsonde, amper so erg soos selfbevlekking) en hy dit durf waag om skool te verlaat sonder om eers vir Piet Papiere daarvan te sê. En ons is geindoktrineer om dit te glo. Dit was ons verwysingsraamwerk.

En dit alles te danke aan fuckedup onderwysers en ouers en Die Kerk (fokit ek haat Die Kerk) wat ons geindoktrineer het om te glo dat niks beter punte tel as goeie skoolpunte nie. Wat alles in hulle vermoë gedoen het om ons te laat matrikuleer, gekonformeer aan dit waarin hulle alleen geglo het. Ons was dalk slim, maar eintlik foken onnosel. Ons het A’s gehad vir wiskunde en afrikaans en skeinat en aardrykskunde. Maar ons het die toets van die lewe gefaal. Want ons het blindelings geglo omdat ons nie van beter geweet het nie.

Miskien was dit anders in ander skole.

Maar ons het na skool uitmekaar gespat en nooit weer kontak gehad nie. Weggekom van dit wat was en iets gaan soek wat kon wees. Dit dalk gekry. En nooit weer regtig kontak gehad met mekaar nie. Net so langs die lyne gehoor van mekaar, die flou gereelde reunies nooit bygewoon nie. Ons is nie eens op facebook nie.

Dankie Piet Papiere (hoof, doos), en Arno met jou 7de dan karate, Ernie (mag jy in vrede rus), Nel (jou dogter steek lekker so terloops), Louw (weer eens is altyd 2 woorde, sal ons dit ooit vergeet), Hand (wat ons gemoer het met net ons rugbybroekie aan en daarna in die showers kom perv het en totties kom kyk en nooit in die kak gekom het daarvoor nie, poes), Bokbek, Miss.

Fok julle almal.

Johan, Johann, Johan, Henk, Kobus, Wouter (lang storie hier hoor ek), Rudolph, Kosie, Stanley, Gert, Derick. Wieookal nog.

Miskien kry ons kinders dit wat ons gesoek het.

?

Hitsige huisvrouens

Julie 7, 2010 in Sonder kategorie

Hitsige huivrouens vir plesier

Rooikop huisvrou vir jagnaweke en maserings

Warm gesprek met huisvrouens : SMS die woord LUS na xxx

Dit is nie ‘n funksie van my ooraktiewe seksbrein nie. Dit is die klein advertensies in die Volksblad koerant in Bloemfontein. Heel duidelik het Bloemfontein verveelde huisvrouens met kwispel kwassies.

Maar nou wonder ek net : My persepsie van ‘n huisvrou is iemand in ‘n ou sweetpak, met geen grimering en krullers in die hande, sigaret in die mond met “een oog op die tuinjong wat die agterplaas natspuit” (dankie Laurika vir die plagiaat vanuit vanuit jou song “Krisjan Swart”)

En ek is jammer, rooikop of de not, – ek vat g’n so mens op ‘n jagsenaweek êrens heen nie.

.

Hoe ek wil oud word

Junie 18, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil nie so oud word nie. Wel, relatief gesproke wil ek eintlik baie oud word, maar met voorbehoude. Maar ek wil nie SO oud word soos sommige ou mense nie

Ek wil nie oud word en my sin vir humor verloor nie.

Ek wil nie oud word en sinies die lewe elke dag invaar en almal om my gek maak en hulle spyt is ek nie nie maar die vorige aand finaal gegroet nie.

Ek wil nie so oud word dat ek aan inkontensie lei nie. Tensy ek Altzheimers het en in elk geval nie ‘n fok omgee nie.

Ek wil nie so oud word dat ek nie meer self my kar kan bestuur en vir taxi drywers toffies gooi nie. Of vir die onsinnige Sandton tannie in haar groot X6 kan skree om net van haar foken selfoon af te klim nie

Maar bowenal wil ek nie so oud word dat ek elke probleempie wat ervaar word kan koppel aan treurigheid en ‘n issue daarvan maak nie.

Soos die ou omie (wel, hy is nie so oud nie maar sy vrou is al oorlede en hy wens seker hy ook maar want die lewe is so swaar en hoekom moet hy alleen elke dag daardeur gaan) wat in my kompleks woon. Aangenaam opsigtelik, en vriendelik, behalwe as hy vir die kinders skree om nie so vinnig om die draaie met hulle trapscootertjies te ry nie want netnou ry hulle in sy muur vas.

Of wanneer hy kla dat die tuindienste sy bome nie kort genoeg snoei nie, of te kort snoei. Of die gras te lank sny, of dit te kort sny. Of die bossies nie uittrek nie, of die plante uittrek.

En wanneer hy amptelik beswaar aanteken dat hy sowaar 8 (ja, 8) vlieë in een week moes doodmaak in sy huis, en dit bloot omdat daar te veel honde  in die kompleks is en die eienaars nie die honde se bollies in die tuine optel nie, en dit lok vlieë. ‘n observasie wat hy seer sekerlik wetenskaplik nagevors het in sy daaglikse heeldag vrye tyd.

Ek wil nie SO oud word nie.

Ek wil wel op 90 aangekla word van verkragting. En skuldig bevind word. Dis hoe ek oud wil word.

Multitasking

Junie 3, 2010 in Sonder kategorie

Ek het verlede naweek oppad terug van die Paradise Rally vir die eerste keer werklik in reën gery met die fiets. Ek het al baie kere in die reën gry, maar dit was gewoonlik vir kort entjies en dan ook redelik naby die huis. Maar hierdie keer moes ons van Graskop af tot amper in Gautengeleng in reën en mis ry – soms lekekr harde reën ook. Ek het ook nie  ‘n reënpak saamgevat rally toe nie want, genade, dit is winter en dit reën nie in die winter nie.

Die ervaring was aanvanklik nie so lekker nie, maar toe ek eers behoorlik deurnat was en nie meer omgegee het nie, het ek elke slegte oomblik begin afspeel van dat dit eintlik slegter kon gewees het, en later het ek self die reën ryery geniet ! En toe ook besef dat dit nie regtig SO erg is soos wat ek gedink het dit sal wees nie.

Wat ek wel met die reënryery opgemerk het is dat mense meer bedagsaam is teenoor ander padgebruikers in die mis en reën. Wel, sommige mense in elk geval.

So rukkie gelede al het ek so half onbewustelik begin kyk wie is nou eintlik die ouens wat die meeste in die verkeer soos padvarke ry (en ek praat nie van taxibestuurders nie want hulle val by ddefault in hierdie kategorie), in die geel baan afskiet en voor indruk, op die selfoon praat sonder oorstukkies, oor die rooi ligte skiet, die padkruisings verper in spitsstyd – en my gevolgtrekking is dat dit deesdae meestal BEE mans en vrouens (beide kante van die kleurspektrum) is. Is ek verkeerd ? Ek dink nie so nie.

Miskien is ons wit mans nou al so voos gekneus deur BEE en so gewoond om onderaan die lys te wees dat ons intussen maar geleer het om eerder net te smile en die ander wang te draai. En dus volg ons maar die reëls en probeer om bedagsaam te wees. Ek het nou al selfs nuwe SA ‘n vlaggie op my kar gesit ! Ek sukkel egter nog met die Bafana een…

My nuutgevonde wetenskaplike gewaarwording oor onbedagsaamheid in die verkeer kom egter tot sy hoogtepunt gister toe ek met die sissybike by die garage stop om voggies in te tap. Reg voor die pomp staan ‘n Z3, geen pomppyp in die tenk nie, en geen bestuurder naby die kar nie. En al die ander pompe is vol, die karre staan tot drie diep en wag. En toe daag sy op. Rustig kom sy aangestap vanaf die winkel, al vretende aan haar sjokolade, selfoon teen die oor. Totaal en al onbewus van die feit dat daar 2 ander voertuie (ek inkluis) wat agter haar karretjie sit en wag vir  ‘n beurt om petrol in te gooi. Sy het klaar voggies getap, haar kar gesluit en toe eers die Sasol winkeltjie gaan betree.

Sy kon geensins verstaan dat ek haar aanspreek oor haar onbedagsaamheid nie.

Ek het net weer besef – dit is inderdaad so : Vrouens kan multitask ! In een kortstondige oomblik het sy dit reggekry om ‘n klomp ander mense gelyktydig die moer in te maak.

Orlando bulle

Mei 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek hoor  ’n storie dat die laaste keer toe daar so baie wittes met blou hemde in Soweto was, hulle met Caspers ingery het…

Ek was nog nooit binne-in Soweto nie. Het ook nog nooit ’n begeerte gehad om na ets daar te gaan soek nie, en nog minder om na ’n museum of ding te kyk nie. Ek het wel gehoor dat die kosplekke lekker kuierplekke is en weet van heelwat mense wat al daar gaan kuier het.

Tot Saterdag toe. Ek was ook een van die hordes wat opgetrek het Soweto toe. Teenaan die stroom Soweto’ers wat uitgestroom het Soccer City toe. Ek is weliswaar nie ’n Blou Bul nie, en sukkel gewoonlik om hulle arrogansie te waardeer. Ek het wel baie Blou Bul vriende en verstaan darem ook dat dit wat openlik wys ook maar net ’n front is, deel van ’n gemaklikheid om te behoort aan ’n groter drukgroep, waarin ’n warm gevoel van “I Belong” ervaar word. Vir Saterdag se opruk was ek dus ’n Oranje Bul. Net vir die dag.

Ek kan ongelukkig nie hierdie Saterdag weer gaan nie. Ek sou graag wou sodat ek nog so bietjie van die lekkerte van Orlando Stadium kon ervaar. Ek ry egter Paradise Rally toe (Graskop) en sal maar daar op ’n TV die skouspel sit en beloer.

Ek sal myself nou nie as ’n Soweto kenner klassifiseer na net 1 vinnig middag en aand ekskursie nie. Maar ek kan darem ook nou so bietjie saampraat oor die BRT wat eintlik baie modern en mooi vertoon. Hoog tyd dat so iets gedoen word, en dit moet net nog uitgebrei word na ander areas sodat die res van die gemiddeldes in die land ook bietjie publieke vervoer kan ervaar. Dit gee darem so Europese (eerste wêreld) kleur aan ons ou provinsietjie, en dit is hopelik die begin van ’n groot netwerk van publieke vervoer. Hopelik sonder die stakings wat dit gereeld lamlê. En ek kan so bietjie saampraat oor die Taverns en die lekker kos en kuiers (ek wonder of hulle dranklisensies het…)

Olando het gekook. Die bier was koud, die atmosfeer elektries, die partytjies great. Die Blou Bul ondersteuners ongeduldig soos altyd terwyl hulle moes bus soek oppad terug na Nasrec en Pretoria. Dit is seker maar ’n tipiese wit Afrikaner ding.

Tydens die opklim in nasrec was almal vrolik, bier in die hand, opwinding in die liggaamstaal. En ten spyte daarvan dat die armsalig Metro bus supervisor een vir een wou aftel wat in die bus klim terwyl daar 100 ander leë busse staan en wag, en 1000 bulondersteuners lang toue afkronkel in die pad af, het niemand regtig gekla nie.

Maar na die wedstryd, ten spyte daarvan dat die bulle gewen het, raak die klomp ongeduldig, haastig, en kan nie verstaan dat die busse nie net miraciously gereed staan  om 30 000 ondersteuners daar en dan terug te vat nie. As hulle net eers ‘n bier wou gaan drink, na die musiek luister, so bietjie wou kuier in plaas van om kilometers te loop en skel op soek na ‘n bus, sou die aand soveel beter wees vir hulle. Miskien het hulle vir  hierdie komende Saterdag ‘n les geleer ?

My beste ervaring die hele dag in Orlando was egter die snazzy swanky blou bul tannie en haar man wat by my wou verbydruk opsoek na hulle sitplekke. Ek vra ewe hulpvaardig vir die tannie, want ek WEET haar sitplek is nie waar sy wil indruk nie want ons het in ‘n groot groep gegaan en ‘n paar ouens het gaan bier soek en hulle sitplekke was tydelik leeg : “Kan ek gou julle kaartjie sien ?”   Waarop sy ewe vinnig antworod : “Ag fok jou man, ons weet waar ons sit”.

Okay tannie, ek los dit toe maar daar. En kry net lekker toe sy gaan sit op die ander ouens se sitplekke, en 5 minute later opgejaag word, terug by my verby, opsoek na hulle regte plekke. Ek dink nie sy is tiperend van ‘n Blou Bul ondersteuner nie. Maar dit het my laat dink aan die ou grappie :

‘n Klein Cheetah se ma is ‘n Cheetah.

‘n Klein Blou Bul se ma is ‘n Koei

Margate

Mei 17, 2010 in Sonder kategorie

Ek het einde April alleen afgeploeter Margate toe vir Africa Bike Week. Dit was oor die langnaweek vanaf 24 tot 27 April, juis sodat die Harley ouens genoeg tyd gehad het om daar te kom, en terug. Selfs as sleep mens ‘n Harley op ‘n trailer vat dit langer… 

Ek verstaan baiekeer ook nie hoe dinge werk nie – vir my is die groot deel van die pret juis die afry op jou fiets tot daar. Windgeruis, ipod, in die ore, die ooppad, die fiets onder jou, jou seer sitvlak. En selfs al ry jy alleen is jy nooit alleen nie. Daar is altyd iemand anders wat jy langs die pad skraap en saam-saam die bergpasse kan afry. Maar baie ander ouens sleep hulle fietse af, en ry dan net in die dorp so bietjie rond. Elke gaaitjie het sy maaitjie.

Vroeg die Saterdag toe ek wil ry, toe reën dit egter. Nou ek is altyd ‘n groot voorstander van dat mens nie net mag golf speel as die son skyn nie. Jy spyker nie net in jou slaapkamer nie. En dieselfde met die fiets – kom wind, son en reën, as jy moet ry moet jy ry. Maar toe doen ek ook maar die pissy ding en laai die fiets op die waentjie en sleep dit halfpad tot in Ladysmith, en los die Jeep en trailertjie daar en bike toe maar verder. Dit was toe eintlik ‘n baie goeie besluit want die Dinsdag met die terugkom net na Harrismith toe pis dit weer met reën vir groot dele van die pad.

Ek is nie ‘n Harley fan nie. Ek ry ook nie ‘n Harley nie alhoewel ek iets soortgelyks het (ek het nie genoeg geld vir ‘n Harley nie okay !). Die hele Harley kult ding staan my nie aan nie. Die fietse is mooi ja, en die klank nog beter. Die Harley ouens is eintlik great ouens, en hulle vrouens ook, alhoewel meeste van hulle al redelik gevorderd in jare is en nie meer so beeldskoon is soos Sneeuwitjie nie. En hulle weet hoe om partytjie te hou ! Margate se strate was afgeblok, en die hele deel onder by die Wimpy op die strandfront was net vir fietse en pote. ‘n Groot verhoog het deurgaans lekker musiek verskaf met lewende optredes deur onder andere Ghaapi (weet nie of dit noodwendig so great was nie) en jy kon oral ‘n bier koop en worsbroodjies en ander eetdinge. En die mooi fietse bekyk. Ek het nog nooit by enige saamtrek so baie mooi fietse bymekaar gesien nie.

Die partytjies was die beste. Tot laatnag gekuier met vreemde mense (die Harley ouens KUIER net en FUIF nie) en lekker gesels met vrolike mense (die Harley ouens is VROLIK en nie DRONK nie). Ek kon op ‘n stadium selfs my amateur ginekologie tegnieke beproef ! 2 Ouerige, maar aanvallige dames het digby my gestaan en redeneer oor watter tiete voel die beste  – die regtes of die silikoon tipes. Een van hulle het nog die genuine megafters gehad, en die ander een ‘n silikoon inplanting. En terstond omgedraai en my gevra om ‘n eerlike opinie uit te spreek. Ek het toe maar die geleentheid met beide hande aangegryp en daarwerklik ‘n paar drukkies aan elke tiet gegee. En tot die gevolgtrekking gekom dat die regte tiete die beste voel. Die silikoon tiete voel soos, wel, silikoon. Waarop die tannie met die regte tiete se man vir  my ‘n bier koop !

Ek gaan liewer niks skryf oor die drag show wat ek toevallig raakgedrink het nie, behalwe om te noem dat die drag koningin eintlik foken lelik was. Wat ‘n ervaring.

Hierdie was nou een saamtrek wat my weer sal sien. Margate bo !

Gatskuur

Mei 14, 2010 in Sonder kategorie

Ek het baie lanklaas geblog. Ek het hierdie lammigheid  in my gat en kom net nie by blog uit nie. Ek wens ek kon soms ook soos Ervaringe en Kerneelsie net gaan sit en sommer alles neerskryf van wat gebeur het. En dit boonp nog sinvol ook doen.

Deels van my probleem is seker ook dat die Telkom kabels gesteel was (aldus, Telkom se verskoning) en dat ons nie netwerk gehad het vir ‘n week nie. Ek was te lui om die 3g in te sit (verwys : lammigheid  in my gat).

En natuurlik was daar vakansie – April is erger as Desember. Dit is eerder die tyd wat Suid-Afrika tot stilstand kom.

Ek het dus bietjie gekerjakker. Onder andere het ek :

–  Buffalo Rally (Mosselbaai) toe gery, en terug, met die V-Strom. Sommer van die geleentheid gebruik om ook meubels met die Jeep en trailer saam af te sleep deur van bereidwillige bestuurders gebruik te maak. (Dankie Kerneelsie en Noorderlig en soms, met tye, Virago !). Die Buffalo was lekker, maar ek het nou ook genoeg gehad daarvan.

–  ‘n Week later weer Hartenbos toe en terug – diekeer met die swetterjoele en maaitjies en nog ‘n klomp pelle. So bietjie geKKNK ook, en was ook Hel toe en terug (nee, nie dieselfde hel wat die kinders mee gedreig word nie)

– ‘n Week later oor die naweek afgevlieg Kaap toe en met ‘n nuwe toevoeging tot die motorfietsvloot teruggekom – Honda Goldwing. ‘n Fiets in sy eie klas. Sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak en lekker gekuier by ou pelle.

– 2 Weke (met die langnaweek) later afgery (weer met die V-Strom, alhoewel die bedoeling was om dit met die cruisers te doen, maar dit is ‘n ander LANG storie) Margate toe na die Africa Bike Week. Hierdie was ‘n ongelooflike ervaring, en dit sal ek weer doen ! Alhoewel die hele Margate omtrent gesluit was vir voertuie, en daar meestal Harleys was, was dit nogsteeds BAIE lekker !  Die Africa Bike Week word juis oor ‘n langnaweek gehou sodat die ouens met Harleys genoeg tyd het om daar te kom, en terug…

– Verskeie braai’s (en ‘n sopaand nogals) ingewerk by goeie pelle, en pelle wat van ver af kom (Amerika)

AMID motorfiets skou bygewoon by Zwartkops (teleurstelling)

– En nou is die beplanning die Paradise Rally einde Mei.

In totaal het ek seker so 6400 km met die bikes gery in ‘n kwessie van ‘n maand of so. En my gat jeuk alweer….

Ek kom sopas terug van die lisensiekantore af – hoe ek of hulle dit regkry weet ek nie maar ek moes  hierdie maand alleen 4 lisensies hernu. En dan is daar nog so paar oppad in die volgende paar maande. Dit is die resultaat daarvan as  jou gat jeuk en jy nie betyds ‘n staalborsel kan kry nie.

Ter wille van my eie gesondheid gaan ek NIKS blog oor boetes nie. Daar lê blykbaar so paar verrassings vir my. Al wat ek weet is dat daar ook heelwat foto’s is wat nie by my of payfine gaan uitkom nie – dit is moeilik om die eienaar op ‘n bike van voor te eien as hy verbygejaag kom met ‘n middelvinger in die lug….

Waterpokkies

April 22, 2010 in Sonder kategorie

Noudat almal so siek is – as jy siek moet word, dan is Waterpokkies die beter siekte om te kry.

Ten minste kan jy die rofies eet.