Jy blaai in die argief vir jaar van koerant.

SKIPPIE OPPI WATER

Oktober 6, 2021 in Uncategorized

Wat is die betekenis van die skippie uit gevoude koerantpapier op die buiteblad van “Koerantkamerade”? Elkeen moet maar self besluit oor die simboliek.

Oor die herkoms die volgende: Die jaar 1978 was die Jaar van die Koerant: so uitgeroep deur die Nuusblad-Persunie (later herdoop tot Drukmedia-Assosiasie. Ter viering is ‘n bylae oor “Die Afrikaner en sy koerant” in die vier dagblaaIe van die Nasionale Pers, Beeld, Die Burger, Die Volksbad en Oosterlig, gepubliseer. Die voorblad van die bylae is deur Gail Irwin van Beeld ontwerp. Dit is Gail se koerantskippie, dobberend op die waters, wat die inspirasie vir “Koerantkamerade” se buiteblad verskaf het. Hierdie ontwerp is deur Karen Cronje.