KO LAT ONS SING …

November 8, 2014 in Uncategorized

Die liedjies wt ons gesing het toe ons nog jonk was.  Van die heel bekendste is liedjies soos You are my sunshine, She’ll be coming round the mountain when se comes,  She stepped into the water and so got her ankles wet  en so aan. Meesal met vindingryk aangepaste woorde.

Herinneringe oor die sentimentele onderwerp is die afgelope paar dae op Facebook opgediep.  Steve Botha het die bal aan die rol gesit. Ek en andere het daar saamgesels.  Wil graag hier uitvoeriger doen. Ek het op FB geskryf:  Dink ek aan liedjies, dink ek dadelik aan my vriend Piet Henning van Louis Trichardt (voorheen Makhado) wat in 1958 met ‘n besonderse liedjieskat van St. John’s College in Johannesburg af in Kollegetehuis. Tuks, opgedaag het.  Ons was saam ienks of eerstejaars.

Liedjieboer Piet se “songs” was in die algemeen slimmer, ouliker, oorspronkliker, verfynder en … gewaagder … as Die maan skyn so helder op my p…. en so aan voort  wat ons Wes-Transvalers gesing het as ons van Potjiesdorp na plekke soos Klerksdorp, Lichtenburg en, ja, Ventersdorp reis om op die sportveld kragte te meet. (Ons het ook gesing Valencia, wie de hel het jou vertel die Jood se neus (sic) het nie ‘n vel… en Tekkies laat jou voete stink, Brasso laat jou stêre blink op die maat van Pale Toe – taamlik “voorstedelik en banaal”, in Paula se woorde. )

Daarteenoor het Piet se repertorium gesofistikeerde liedjies soos hierdie ene van St. John’s se buurskool, die meisiekool Rodean, ingesluit: “We are the girls from Rodeon High, we take pride in our virginity; we take precautions by having abortions, we are the girls from Rodean High.”  Van Piet se liedjies weerklink soms nog by Tarlehoet as ’n klompie Kollegemanne soos vanouds saamkuier. Net, nousedae gaan dit darem heelwat stigteliker! Omdat baie van die woorde in die vergetelheid geraak het, klink dit meermale soos ’n minder harmonieuse neuriekoor.

Een Piet-lied wat voorleef, The Ball at Kerriemuir, lui so: Four and twenty virgins came down from Inverness, and when the ball was over, there were four and twenty less. . . . Oor daardie deel struikel die “kampvuursangers” soms. My ervaring is dat hulle die akrobatiese doen en late van ene Mrs McGinty in dieselfde lied egter  uitstekend onthou: Mrs McGinty, she was there; she kept us all in fits, by jumping off the mantlepiece and bouncing off her t**s. Ons sing ook graag nog Way down in Arizona where the doggies shovel coal, a doggie shovels shovels up another doggie’s hole.

’n Tweede strofe kan selfs (baie) verlangs op ’n “bostema” aanspraak maak: Way down in Arizona where the birdies pick up grass, a birdie picks a feather from another birdie’s a**e.

Voëls maak ook hul buiging in die “koor” van die ietwat weemoedige Quarter Master Stores: My eyes are dim, I cannot see, I haven’t brought my specs with me . . . Later word uitgewei berei met watter moeite elke sort voël  haar eiers lê And now ladies and gentlemen, we come to the kee-kee bird . . . the ostrich . . . the ooh ah bird. . . . Laasgenoemde uiter na die verskriklike inspanning van die eierproduksie net ‘n verligte oe –aaa.

Gaudeamus igitur ….

2 antwoorde op KO LAT ONS SING …

  1. dan ken jy seker die ene :

    ” my ouma het ‘n motor bike
    en daarmee ry sy woes ,
    eendag glip die ketting los
    en slaan haar op haar …

    nee jong , jy’s verkeerd jong,
    jy weet tog wat ek meen :
    eendag glip die ketting los
    en slaat haar op haar been ”

    ook maar in onskuld tydens diensplig in die ou weermag die ene gehoor, wat ek ook maar nou hier oorvertel ( weet ook nie hoekom nie )

    interessant dat marseer – en drink ‘liedjies’ baie kere met mekaar sulke raakpunte het ?

    dan stap ons maar so van hierdie onderwerp af ? 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.