HOND EN HAAS
Julie 7, 2014 in Uncategorized
‘n Hond hardloop vir sy ete; ‘n haas hardloop vir sy lewe. Die waarheid van hierde kwinkslag het ek en Tokkie gister in die Krugerwildtuin die eerste keer met ons eie oe gesien. Naby die Phabenihek het ‘n haas skielik uit die gras gevloog, ‘n draai op die teerpad
ie hasepad geskies. Op sy hakke was ‘n kwylende wildehond. Die afstand het bly rek …..
Op dieselfde uitstappie ‘n visarend gesien waarvan die jag geslaagder verloop het. Hy is hoog bokant die bome oor ons koppe langs die Sabierivier met ‘n stewige vis in die kloue. Twee witrenosters het op die Doispanepad bedagsaam uit die bos gestap. Ek meld die “wit” omdat twee swartrenosters die laaste ruk ‘n paar maal by die piekniekplek kom drink het. Ons het hulle nog nie gesien nie. Wel baie olifante gesien en gehoor.
By die huis was die nagapies van die eerste aand aktief. Sebras maal om die huis rond. Het ook al besoek van ‘n kameelperd, koedoes, hienas, rooibokkies en twee vlakvarke ontvang.
Sabiepark is ‘n nuwe klein kameelperdjie ryker. Het hom gister in Apiesdoring afgeneem. Lyk of die einde van ‘n era by die piekniekplek aanbreek. Sollie is erg siek. Hy is gister huis toe gestuur.
Israel het gesê op Julie 8, 2014
So jammer om van Sollie se siekte en vertrek te verneem. Kom hy nie weer terug nie? Was die piekniekplek nie sy trotse domein by uitnemendheid nie?
Uit Melkbos het gesê op Julie 9, 2014
@israel Twyfel of ons Sollie weer sien. Hy was Mnr. Piekniekplek.
perdebytjie het gesê op Julie 7, 2014
Ek sien daardie een olifant het ‘n halsband aan.Ek wonder altyd of dit nie irriterend is nie.Julle kuier darem lekker tussen die diere.My gunsteling plek!
Uit Melkbos het gesê op Julie 9, 2014
@perdebytjie Sanparke se manier om bewegings te monitor. Kom ons hoop maar die ongelukkige diere raak gewoond daaraan.
lora2me het gesê op Julie 7, 2014
Lekker gekyk en gelees!