by

Ken jou waarde

December 22, 2019 in Uncategorized

Lanklaas het ek woorde gevat en net weer bymekaar gesit. Intussen leef die kern van onsekerheid voor. Saans klim ek in die bed en wonder hoe kan ‘n mens so voel. Hoe voel as jy ander om jou iets sê maar jou glimlag bly op soos waterbestand lipstiffie. Erens was jy al in geselsskap en het minderwaardig gevoel. Die probleem is dan egter wat jy daarvan maak. Meeste van ons lag dit af want ons is so bang vir verwerping of om nog meer gespot te word.

Hoe ouer ek word hoe meer besef ek self hoeveel keer ek ander sleg laat voel het. Ek dink dis meer ‘n oorleweningsmeganisme. Kry die aandag op’ n ander en jou sosiale aanvaarding kry ‘n paar punte by. Egter besef niemand maar vanaand moet daai persoon in die bed gaan klim en dalk het jou woorde snaaks voorgekom vir daai oomblik. Maar dit sit vas.

Die interessante deel is egter dis niks meer as n ego nie. Ek besef sit nou meer as ooit. En van die wat dit lees ken my goed genoeg ek het ‘n groot ego gehad. Maar waar bring dit mens. Status, geld en materialistiese dinge beteken niks as jy slaap vanaand nie. Vriendskap, geloof en liefde is baie sterker as daai kar wat jy alleen in ry. Daai groot huis met min liefde.

Ek het my familie dopgehou die afgelope tyd. Ons is middelklas mense wat baie getoets word. Maar daar is meer liefde as enige iets by hulle. En ja ons baklei ook. Hel, soms lag ek my dood vir wat ons stry. Maar om n drukkie te kry en te hoor ons is lief vir jou. Dit moet enige iemand net genoeg gee om môre weer op te staan.

So my vraag is wat maak jou beter as ander? Wat laat jou dink jy kan lag vir daai meisie in die spar met weird plakkies en stukkende hempie. Ons oordeel so gou. Maar ons vergeet God oordeel ons nie.

Onlangs het ek een aand by n selgroep bespreking seker die beste vraag gekry. Hoe sien jy God, liewe Jesus en die heilige gees. Ek het lank gedink en toe eintlik ‘n doodeenvoudige antwoord. Jou bed. Dink daaraan? Jou bed is God. Duvet is die Heilige Gees en jou kussing is Jesus.

Maak nie saak hoeveel keer jy wegloop van jou bed af nie jou bed sal altyd daar staan en sal altyd weer daar wees wanneer jy terugkeer.

Jou ego is dis egter jou eie ondergaan en ek leer nou wel vir die eerste keer in my lewe dat die heilige gees eerder jou ego moet wees.

So vanaand as jy weer jou neus optrek vir iets en ander laat voel hulle is nie goed genoeg nie. Gaan dink aan al die kere wat ander jou so laat voel het. Gaan oorweeg of jy weer so sou wou voel asof jy nie goed genoeg is nie. Jy bepaal jou waarde met jou geloof. Nie jou bankrekening nie. Nie jou materialistiese besittings nie.

Ek het die afgelope tyd gehoor ek is n narsis. Dit het nogal diep getref en ek moes introspeksie doen. En eintlik besef dat daai woord opgebreek kan word. Met ondersoek het ek gevind dat ek nie so persoon kan wees nie want ek plaas altyd almal om eerste en sal eerder myself te nakom om iets vir iemand anders te doen.

So gaan dink oor wat mense jou beskryf as en waar dit jou los. Gaan maak jou nalatenskap. Gaan bou jouself en moet nooit dat iemand jou waarde steel nie. KEN JOU WAARDE.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *