by

Ope brief aan die samelewing

October 16, 2019 in Uncategorized

Hierdie blog is gerig aan almal in die samelewing

Die interessante deel van die brief oftewel “blog” is dat die my eerste keer is. Ek het herhaaldelik myself afgevra hoe gaan die die hele lewenshoofstuk verwerk. Ek het tot die slotsom gekom dat my manier gaan wees om te blog.

Eerstens, oordeel soveel soos jy as leser wil nou maar. Glo my, jou oordeel is die minste van wat ons voel. Die vreemdste ding is ons gee eintlik nie om oor oordeel nie. Die eintlike gevoel wat ons meer sit is die” ek het misluk”, “hoe is ek op die punt”. En die grootste seer is om aand na aand alleen te gaan slaap. Snaakse ding is mense sê altyd eks daar vir jou, maar vanaand as jy jou lig afsit en jou foon op laai op jou bedskassie neersit, lê ek alleen en huil. Kommer ek gaan ek finansieël okay wees hier uit ( enige werkende geskeide persoon- glad nie. nie naastenby nie). Die ander vreemde ding is hoe vinnige vriende verdwyn. Hulle is vinniger weg as die Dominee by jou troue. Die teleurstelling is egter op familie se gesigte.

Kort agtergrond: Ek en my eksvrou het n warrelwind romanse gehad. Vinnig verloof, ekt nog oorsee rugby gespeel, syt geswot op potch. Ons het ‘n langafstands verhouding gehad. Met my terugkeer het ek in die onderwys begin. Syt klaar geswot en werk gekry by ‘n top hoërskool. Kort daarna het ek by ‘n top laerskool aangesluit. Dis waar ek myself wou bewys.2 jaar later het ek uitgetrek en ons skei. 5 jaar se onvergeetlike tye verby.

So dan kom ek nou by die punt:

Ek was verkeerd. Ek het so baie foute gemaak. En asseblief moet my nie verkeerd verstaan nie my eksvrou is ongelooflik. Syt letterlik haar hele lewe om my, my drome en my passie gebou. Ek het alles vanselfsprekend aanvaar. en ek kon haar net nie meer aan my foute blootstel en sien hoe sy sukkel nie.  Aande alleen moet slaap want ek is op die soveelste toer of die funksie is te lekker so kom ek ry laaste.

Die ander ding is waardeur ek die afgelope tyd worstel is hoekom?

Antwoord is eenvoudig. EK was nie sterk genoeg om te verander nie. Dink mooi hieroor en weer asseblief met alle respek ek vat volle verantwoorlikheid. Die voorbeelde wat ons altwee gehad het was nie voldoende nie. Haar ouers beide reeds 2 keer geskei. My ma is weer getroud na my pa se dood. maar nooit het ons geleer van liefde nie. Kyk die huwelik kom nie met handleiding, hel niks in die lewe kom met riglyne nie. En boonop was my fondamente nie reg nie

Dan stap jy die agste periode in die klas in en ‘n leerder vra meneer hoekom skei meneer my ma sê… Op daai oomblik kan jy hoe sterk wees maar daai voel soos n mens wat iemand deur jou hart ruk. Ek kon dit darem afweer en net fokus op die akademie. Maar jy die samelewing, jy bespreek dit met ‘n kind. Jy vertel jou braai-stories en lag, maar maandag staan ek weer voor jou kind en gee my volle aandag en liefde want jyt alweer vergeet om sy/haar mooi toetspunte te teken. Jy die samelewing het haar doel gemis, sy “big hit” gemis en steeds ondersteun ek hom/haar, hulle is jonk en kort niks meer as liefde nie.

Ek onthou toe die bom bars en meer mense vind uit kom ek by ‘n rugby-oefening aan, voor my 15 seuns met oë vol teleurstelling want ek het hulle belowe dat ek hulle nooit sou “drop” nie. Tot vandag toe vergewe ek myself nie vir dit nie. Netsoveel passie jy vir jou werk het is my passie vir daai seuns en die ovaalbal. Iets wat ek wel geleer het en hulle ook die jaar is om verantwoordelikheid te neem.

So eintlik wil ek vanaand net Jammer sê. Jammer aan my eksvrou en my skoonfamilie want dis die mense wie ek verloor het. Jammer aan my eie familie want ek moes beter wees en dis my eie skuld. maar aan jou, die samelewing, wys ek ‘n lang middelvinger. Ek skuld jou niks, gaan sit jy maar in die kroeg en bespreek my, gaan braai en lag. Maar ek wens jou nie die seer van ‘n egskeiding toe nie.

Van vanaand af bepaal ek my eie toekoms. En bid ek vir almal wat deur die liefdesteleurstelling wroeg. En dan die verder het ek besluit dat hierdie gaan ek vat as n lewensles en om elke dag aan myself te gaan werk om beter te wees.

Ek steek my hand op en sê” ek is Gielie en ek het gegif, eks jammer vergewe my en gee my ‘n tweede kans. En weereens ek vra jou nie. Ek vra daai 15 manne en my familie.

Dankie Steve:

My lewe lê en wag
Net anderkant die wêreld wat ek ken
Daar lê my nuwe dag
Net een ding maak my vry
Ek luister na die sagte note diep
Na die stem hier binne my
Maar alles wat ek is moet ek behou,
Om waar to bly
Dis die lied van my hart
Dis die lied binne my
Ek sing al my drome en dan is ek vry
Laastens samelewing kan jy jou idee van normaal by jou gat opdruk.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *