Jy blaai in die argief vir Gevaaalike Updates.

Dirk van der Westhuizen – Die nuutste drol in Afrikaanse pop

November 17, 2012 in Gevaaalike Updates

Hallo liewe LitNet-bloggers! Het julle ons gemis? Waarskynlik seker nie. Ons het gedog ons kom maak maar net gou ‘n draai vir in geval julle nog nie die horror van Dirk van der Westhuizen se liedjie “Supercool” beleef het nie. Na gevaaalik.com nou die dag Van der Westhuizen se walglike liedjie gefeature het, het dit heeltemal viral gegaan en die internet gons (grootliks negatief) oor dié bra.

Intussen het ook Rolling Stone en Beeld die storie gerun. Lekker kyk/gril/kots!

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Gnesa laat jou ore bloei

Oktober 24, 2012 in Gevaaalike Updates

Hier by gevaaalik.com skroom ons nie om vir jou van die walglikste musiek op die interwebs te bring nie. Nie omdat ons daarvan hou of experts daarin is nie, maar bloot omdat dit beide fokken snaaks en skokkend is.

Onthou julle nog vir Clarise, Suid-Afrika se eie Rebecca Black? Of miskien Jenna Rose, die popster in die skadu van Rebecca Black se kakheid? Rinus, sangkoning van Nederland? Wat van Karlien van Jaarsveld? Okay, om eerlik te wees, ons het nog nie veel geskryf oor die kak kwaliteit van Karlien se musiek nie, maar wees verseker, dit is kak.

En nou, liewe gevaaalik.com-lesers, bring ons vir jou (nie met trots nie, maar met ‘n ongemaklike gevoel van “Kan dit enigsins real wees?”) die asemrowende swak “Wilder”, ‘n single deur Gnesa. Ons kan net hoop dat sy by die volgende Afrikaans is Groot-konsert sal wees!

Stem ook in ons nuutste peiling! Besoek gevaaalik.com en stem regs bo aan die homepage.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Yes, yes, my laarnies

Oktober 22, 2012 in Gevaaalike Updates

Fok, kyk net hoe spiff lyk die LitNet Blogs nou, nè! Uiteindelik het Media24 agtergekom hoe kak hulle Letterdash platform was, en nou lyk dinge beter hier te danke aan WordPress.

Ons sien ‘n klomp van julle moun soos oumense met aambeie dat dit baie moeilik is, maar hoor ons lied, onse laarnies, WordPress is baie beter. For starters kan jy uiteindelik die kommentaar op jou blog beheer, van die oomblik wat die trolle jou begin aanval. Almal wat dus ‘n klomp kak wil skryf en hulle verbeel dat almal met hulle saamstem kan nou hulle tiete styf skryf.

Intussen gaan gevaaalik.com goed aan, thank you for asking. Check die onlangse gebeure:

Geniet die nuwe format!