Purple Panda laat die kinders vlug uit vrees

April 11, 2012 in Sonder kategorie

Ons almal weet van Barney, die groot pers dinosaurus wat dikwels gebruik word as pedofielvermomming. Baie van ons hier in Suid-Afrika het ook al soortgelyke mascots gesien wat klein kinders vermaak. Haas Das doen dit elke nou en dan in winkelsentrums.

In Amerika is daar ook nou die baie populêre duo Mr McFeely (slightly unfortunately named, as jy my vra) en Purple Panda. Op besoek aan ‘n kleuterskool het die kinders egter agtergekom dat Purple Panda baie cooler is wanneer hy in die TV is, en nie in dieselfde vertrek as hulle nie. Ek dink my eie reaksie sou dieselfde gewees het as ek daar was en daardie ou man in die pers suit die pers panda in die kamer ingelaat het. It’s a nightmare!

Klik op die prentjie om die video te kyk.


_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

5 antwoorde op Purple Panda laat die kinders vlug uit vrees

  1. Foeitog,die arme kinders.Dit wys net vir jou die werklikheid is erger as fiksie.

  2. lora2me het gesê op April 11, 2012

    Ek dink volwassenes behoort eerder nie in hierdie pakkies te klim nie. Dis vreesaanjaend. Kry kinders om met kinders te gesels.

  3. @Lora: Ek stem saam. Daar is iets baie freaky aan volwassenes in sulke pakke. Dieselfde geld vir clowns.

  4. @Perdebytjie: True that. Scariest thing I’ve seen in a long time.

  5. HeavyHenry het gesê op April 12, 2012

    Bwhaahahaha!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.