Jy blaai in die argief vir 2012 April.

Samuel L. Jackson vs. Apple se Siri

April 19, 2012 in Sonder kategorie

Apple is baie trots op Siri, die nuutste gimmick wat nou al ‘n hele ruk saam met iPhones uitkom. Siri is basies ‘n slim rekenaartjie waarmee foongebruikers kan praat. Toe Apple aanvanklik vir Siri aan die wêreld bekend gestel het, het nerds regoor die wêreld in hulle broeke gecream – selfs meer as toe hulle die fliek Beowulf gaan kyk het en amper Angelina Jolie se kaal boobs kon sien.

Hoewel Siri nerds bevredig, is sy (in Amerika is Siri se stem vroulik) eintlik daar om gebruikers te help (op ander maniere as weirdo-draadtrekmateriaal). Jy kan byvoorbeeld vir Siri sê dat jy lus is vir McDonald’s, en sy sal dan vir jou die naaste een vind. Natuurlik het mense goed begin vra soos “What is the meaning of life?” en gou het hulle besef dat Siri fokken droog kan wees wanneer sy sulke vrae beantwoord. Ander gebruikers het ook gevind dat sy nie altyd so goed werk nie, en daarom is die internet vol hilarious voorbeelde van weird Siri-antwoorde, en ook so nou en dan ‘n parodie. Hier is Samuel L. Jackson in ‘n gesprek met Siri, die motherfucker van ‘n iPhone app.

Klik hier of op die foto hieronder om die video te kyk.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Kurt Cobain se onvoltooide soloalbum

April 17, 2012 in Sonder kategorie

Die Amerikaanse musikant en Nirvana frontman Kurt Cobain was net voor sy dood besig met ‘n soloalbum, volgens Eric Erlandson, voormalige guitarist van Hole.

In Letters to Kurt, Erlandson se nuwe boek, skryf hy dat Cobain met ‘n klomp verskillende mense saamgewerk het aan sy eie album.

Lees meer daaroor hier.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Wil jy kaartjies wen vir MK By die Dam?

April 16, 2012 in Sonder kategorie

Wil jy kaartjies wen vir MK By die Dam? Lees dan hier.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Nevermind die Gautrein, wat het geword van Metroblitz?

April 16, 2012 in Sonder kategorie

– deur MonkeyMarcel

Soos julle weet het ons land uiteindelik ‘n sneltrein gekry, die Gautrein. Uiteindelik kan almal nou trein ry, nie net mynwerkers nie. En die Gautrein is eintlik nogals bedoos ook, vat my woord en gaan ry hom as jy nog nie het nie.

Maar wat het geword van ons ou een, die Metroblitz wat op 16 Januarie 1984 sy cherrie gepop het?

Lees die berig in Die Vaderland oor die bekendstelling in 1984 hier op gevaaalik.com.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Taxi Violence – Unholy feat. Tanit Phoenix (NSFW)

April 14, 2012 in Sonder kategorie

Voordat jy die video kyk, onthou asseblief dat hierdie video nie veilig is vir by die werk nie.

Taxi Violence is ‘n relatief bekende Suid-Afrikaanse rockband. Hulle het onlangs die redelike risky musiekvideo van hulle single “Unholy” (vanaf hulle album Unplugged: Long Way from Home) bekendgestel. Dit feature die model Tanit Phoenix, haar kaal boobs en ook een van haar vriendinne. George van der Spuy, leadsinger van die band, het die volgende te sê gehad oor die video:

“The song is really just about people getting up to no good and doing things that are regarded as wicked or ‘naughty’ but instead of feeling guilty about it, they embrace it. Whilst shooting with director Jason Fialkov on a closed set (for obvious reasons) Tanit Phoenix embraces those elements and made sure to a turn up the heat when she suggested a ‘friend’ join her for a performance that was already quite risqué by nature. Her performance, our music and the director’s great understanding of the music, in our opinion, was captured perfectly in true rock ‘n roll bliss and embodies everything the song stands for and is about!”

So wat dink julle? Is dit regtig net oor “stoute” mense wat hulle “stoutigheid” embrace, of is dit eintlik net die band wat speel terwyl Tanit Phoenix (en haar vriendin) halfkaal in die skemer rondbeweeg met die doel om die notoriety van die video (en band) te verhoog? Begin bands al hoe meer risky video’s maak omdat dit pas by die content van hulle musiek, of doen  hulle dit net om aandag te trek?

Klik hier of op die foto hier onder om die video te kyk.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

TNT Belgium bring die drama

April 12, 2012 in Sonder kategorie

Op ‘n klein plein in België het die inwoners van die stad ‘n baie dramatiese dag ervaar – alles te danke aan hierdie super gevaaalike advertensie van TNT Belgium, ‘n TV-kanaal. Ons dink graag Suid-Afrikaanse ads is van die beste in die wêreld, maar met advertensies soos hierdie een gee Belgiese bemarkers die Suid-Afrikaners sterk kompetisie.

Klik op die foto om die video te kyk, of klik hier.

Hoe sou jy reageer as jy daar was?

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Screenshots en Marilyn Manson se nuwe album

April 12, 2012 in Sonder kategorie

Gryp julle kinders en maak toe julle bene, want daar word weer screenshots geneem hier op die LitNet-blogs. Teen hierdie tyd is ons almal mos al gewoond daaraan dat alles wat ons skryf geargiveer word op een of ander eensame blogger se PC. Net nie dit nie, my fok!

Maar alle dose eers op ‘n stokkie. By gevaaalik.com het ons goeie en belangriker nuus vir Marilyn Manson fans. (Vir anti-Mansons het ons dan ook slegte nuus.) Born Villain, Manson se nuwe album, word een van die dae bekendgestel. Lees meer daaroor hier.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Purple Panda laat die kinders vlug uit vrees

April 11, 2012 in Sonder kategorie

Ons almal weet van Barney, die groot pers dinosaurus wat dikwels gebruik word as pedofielvermomming. Baie van ons hier in Suid-Afrika het ook al soortgelyke mascots gesien wat klein kinders vermaak. Haas Das doen dit elke nou en dan in winkelsentrums.

In Amerika is daar ook nou die baie populêre duo Mr McFeely (slightly unfortunately named, as jy my vra) en Purple Panda. Op besoek aan ‘n kleuterskool het die kinders egter agtergekom dat Purple Panda baie cooler is wanneer hy in die TV is, en nie in dieselfde vertrek as hulle nie. Ek dink my eie reaksie sou dieselfde gewees het as ek daar was en daardie ou man in die pers suit die pers panda in die kamer ingelaat het. It’s a nightmare!

Klik op die prentjie om die video te kyk.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Pimp My Ride in Orania, Durex, en waar is Kammakazi?

April 11, 2012 in Sonder kategorie

Pimp My Ride het nou posgevat hier in Suid-Afrika. Eintlik het dit ‘n lang geskiedenis in Suid-Afrika, wat parallel loop met die zef-beweging. Hier is ‘n pragtige voorbeeld van Pimp My Ride Orania.

Almal weet van Durex. Dit is een van die wêreld se bekendste kondoomvervaardigers. Almal weet natuurlik ook dat Durex baie bekend is vir hulle skerp advertensies. Check dit.

En dan laastens: Wat die fok het van Kammakazi geword? Ons mis die intense haat wat hy altyd na ons uitgestraal het.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Hilarious parodie van Titanic

April 10, 2012 in Sonder kategorie

Hallo LitNet-bloggers. Long time no speak… Hierdie trailer-parodie van Titanic is egter net te snaaks om nie met julle te deel nie.

Irriteer James Cameron, Céline Dion, Leonardo DiCaprio, George Lucas en Michael Bay jou grensloos? Klik dan hier. As hulle jou nie irriteer nie, en jy hou dalk eintlik baie van Titanic, klik anyway hier.

Cheers!