Die nuutste oor Kings of Leon

Augustus 3, 2011 in Sonder kategorie

Kings of Leon gaan nie opbreek nie. So het Nathan Followill via twitter laat weet. Jared Followill het ook op twitter grappies gemaak daaroor en laat weet dat “inside sources” nie geglo moet word nie, omdat hulle (soos ons ook fokken goed weet) gewoonlik heeltemal verkeerd is.

Die broers ontken nie dat daar probleme is nie, maar dit lyk asof hulle dink hulle kan dit hanteer sonder dat die band tot niet gaan. Fans oor die wêreld heen hoop dat die Kings dinge kan regruk – veral Suid-Afrikaanse fans wat wag op ‘n komende Kings of Leon-optrede in SA.

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.