Die anti-chris is Afrikaans

Julie 27, 2011 in Sonder kategorie

Nie net is die anti-chris Afrikaans nie, maar hy is bekend onder die Afrikanervolk en hy gaan die hele wêreld die afgrond in lei. Meestal is die anti-chris ‘n Afrikaner, want soos julle almal weet gee God net om oor die Afrikanervolk en die Satan moet dan ook fokus op die Afrikanervolk.

Enter Rian van Heerden. Rian het nie net nou die dag vir Bobbie van Jaarsveld saam met die Satan in ‘n strik laat trap nie, maar hy is blykbaar die anti-chris. Dit is nou volgens gospel sanger Phillip Kotze.

Rian het OFM blykbaar verlaat vir Jacaranda. Phillip doen een of ander gospelprogram Sondagaande op OFM. Nadat Rian die stasie verlaat het en nie meer daar was om ‘n gat in Phillip se gesig te kont nie, kon banggat Phillip die volgende op sy Facebook status plaas: “Noudat hy nie meer deel is van OFM nie, kan ek dit sê: Die keuse is eenvoudig – of jy delete Rian van Heerden van jou vriendskaplys, of jy delete Christen van jou profiel inligting. Jy kan nie albei behou nie. Die keuse is joune…”. Want indien julle nie geweet het nie, Jesus is “with the times” en check Facebook. As jy vriende is met Rian op Facebook is jy nie vriende met Jesus op Facebook nie.

Is dit net ek of probeer mense om die Afrikaners elke dag net meer belaglik te laat lyk? Het Beeld en Die Burger begin tik uitdeel saam met hulle daaglikse koerant?

_________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

5 antwoorde op Die anti-chris is Afrikaans

  1. Unicorn007 het gesê op Julie 27, 2011

    Rian is te boring om die anti-chris te wees.

  2. @Darwinia & @Skeletor: Hahahahaha!

  3. @Charlene: “Of dit of dat? Dan sê ek eerder fok-of!”

    Kan ons jou asseblief congratulate hiervoor? Fokken fantastiese quote vir die dag!

  4. HeavyHenry het gesê op Julie 27, 2011

    “… probeer mense om die Afrikaners elke dag net meer belaglik te laat lyk? “

    Lyk nie of hulle eers hoef te probeer nie.

  5. pasella het gesê op Julie 29, 2011

    Phillip Kotze is ‘n poephol par exellence.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.