Jy blaai in die argief vir 2011 April.

Toyota se moer

April 18, 2011 in Sonder kategorie

Shot aan Rudi vir hierdie foto wat hy geneem het in Worcester.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift.

Gaan jy stem?

April 18, 2011 in Sonder kategorie

Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer elkeen van ons ons plig moet uitvoer en moet stem: FHM se “100 Sexiest Women in the World 2011″ is hier.

Die ouens hier by gevaaalik.com het al lankal gaan stem. In ons top 10 is ‘n paar dames, maar natuurlik is ons gunsteling een van ons Gevaaalike-Dames, Yolandi Malherbe (also known as Juicy Jemma). Vroeër hierdie jaar kon ons twee exclusive interviews met Yolandi voer (jy kan dit hier lees), en natuurlik kon ons toe ook foto’s post wat jy op daardie stadium nêrens anders as op gevaaalik.com sou kry nie.

Jy kan ook soveel keer stem as wat jy wil in die “100 Sexiest 2011”, so stem sommer nou op fhm.co.za of SMS “Sexy Yolandi Malherbe” aan 34973. (En natuurlik kan ons nie verantwoordelik gehou word vir die koste van die SMS nie. Yolandi sal wel baie dankbaar wees.)

Later vandag gaan Posduif ook vir ons sy nuutste insae oor Suid-Afrika se kak stand van rugby bring. Met die wêreldbeker om die draai het SA blykbaar elke bietjie hulp nodig. Dalk het Posduif ‘n plan.

Cheers vir eers.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift.

Van Coke drink bloed

April 17, 2011 in Sonder kategorie

Ons het almal geweet dat Eternity, Suid-Afrika se onlangse vampire movie, super baie gaan suig. Dit het super baie gesuig. Om die kakheid van Eternity binne konteks te plaas, kan mens amper sê dit was nog kakker as Twilight. En nou is daar blykbaar nog een oppad. Bloedsuiers – The Movie.

Dis nog bietjie vroeg om te opinionated te raak, maar hier is die trailers tot dusver. (Sorry ons kan nie die video’s hier ook post nie, maar hierdie blogplatform is bietjie primitief, en ons sukkel daarmee.)

Francois van Coke in Bloedsuiers - The Movie

Hulle het vir Van Coke, en dit is sekerlik ‘n verbetering op Eternity se Christina Storm. En met lines soos “Dink jy hy’s dead?” gevolg deur “Natuurlik is hy dood, bra, hy’s ‘n vampier”, is daar dalk hoop. Die producers volg ook ‘n weird werkwyse hiermee: hulle noem dit “gehoorbefondsing”. Besoek hulle website as jy meer wil weet.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift.

An unexpected turn

April 16, 2011 in Sonder kategorie

Niemand (behalwe mense wat dalk obsessief is oor musicals) dink ooit dat hulle s’n so sal wees nie. Ons sou vir jou die video hier geplaas het, maar die Letterdash-platform is vol kak.

Jy kan dit wel hier kyk.

Hoe sal jy andersins van sulke cool video’s uitvind as dit nie op gevaaalik.com is nie?

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift.

National Cleavage Day 2011 en 666 bladlese

April 15, 2011 in Sonder kategorie

Vandag is ‘n spesiale dag. Nie net is dit National Cleavage Day nie, maar gevaaalik.com se blog het ook vandag 666 bladlese bereik. Ons is nie juis bygelowig nie, maar dankie vir elkeen wat hiertoe bygedra het.

Om National Cleavage Day te vier (en sommer ook ons 666 bladlese), is daar ‘n gepaste nuwe post op gevaaalik.com.

Geniet dit!

PS: Lees ook LiquidIce se blog oor Cleavage Day.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie.

Webblad wys Robbie Klay ís toe leuenaar

April 15, 2011 in Sonder kategorie

Pretoria. Daar was chaos toe Mevrou Koeks Verwoerd gister histeries in die local Spar inhardloop. “Dit was werklik tragies om te aanskou,” het Sarel Berg aan ons korrespondent vertel.
Verwoerd was nog in haar pienk japon en pienk Crocs geklee toe sy die Spar binnegestorm het, en dadelik op die tydskrifrak neergesak het. Nadat sy verskeie uitgawes van Huisgenoot, Vrouekeur en New Age Gaming verskeur het, is sy deur drie sekuriteitswagte, die winkelbestuurder, sowel as vier lede van die publiek met geweld tot bedaar gebring.
‘n Winkelassistent het vir haar suikerwater met ‘n shot vodka gegee, en omstanders kon hoor wat tot haar histerie gelei het. Mevrou Verwoerd, van Annlin, Pretoria, het skokkende nuus oor Robbie Klay ontvang. Klay is alombekend vir sy onlangse molesteringsaak teen die voormalige sanger en creep Jurie Els. Klay sing blykbaar ook, maar hierdie gerugte kon nie teen druktyd bevestig word nie.
‘n Aansienlik kalmer Verwoerd het omstanders vertel hoe sy dadelik Klay se bewonderaarsblad op Facebook besoek het, maar geen amptelike nuus kon vind nie. Dit was toe dat sy Klay se webblad besoek het, en bloot ‘n kennisgewing gevind het wat gesê het dat die webblad van 1 Desember 2010 aktief sal wees. Uiteraard was dit nie.
Verwoerd het in die middel van haar volgende sin haar bewussyn skielik verloor, maar nadat iemand se foon gelui het en sodoende Steve Hofmeyr se “Pampoen” gespeel het, het sy haar bewussyn herwin.
“My hele jaar draai om Skouspel, en ek is nie rerig seker watse maand dit nou is nie, maar ek weet dit is nog amper vyf maande voor Skouspel 2011, en toe weet ek mos Robbietjie het gejok op sy saait,” het sy swaarmoedig gemompel.
“Ek hoop regtig hierdie fout word reggestel,” het ‘n aangedane Sonja Bruwer, bestuurder van die Spar, gesê. “Anders is geen supermark of kafee in hierdie land veilig nie. Veral nie hier in die noordelike suburbs van Pretoria nie. Ook waarskynlik nie aan die Oos- en Wes-Rand nie, nie in Centurion nie, en veral nie in Stellenbosch nie.”
Vanoggend het Klay se webblad (www.robbieklay.com) steeds dieselfde kennisgewing vertoon. Klay se woordvoerder was nie beskikbaar vir kommentaar nie, want hy het nie ‘n woordvoerder nie.



In ander nuus het Beeld ook berig dat Klay toe wél die vader is van die kind van ‘n 16-jarige skoolmeisie van Pretoria. Hoewel dié leerder slegs 15 was toe die kind verwek is, wat volgens Suid-Afrikaanse wetgewing onwettige omgang met ‘n minderjarige is, en net fokken creepy is, het die leerling se ouers die versekering gegee dat hulle nie regstappe teen Klay oorweeg nie, en dat hulle trots is op hulle dogter en Klay.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, moet asseblief nie die webblad besoek nie. Die inhoud van gevaaalik.com is dikwels satiries van aard, en moet nie anders geïnterpreteer word nie.

Vandag op gevaaalik.com

April 14, 2011 in Sonder kategorie

Vandag op gevaaalik.com is daar ‘n paar lekker interessanthede. In ons nuutste skrywe gee Stix ‘n paar lesers waarvoor hulle al die hele week vra: ‘n paar mooi dames. Gewoonlik gebeur dit net op ‘n Vrydag met die Vrydag-bederf, maar hierdie week maak ons ‘n uitsondering.

In ander nuus praat Stix ook oor ‘n musikale mash-up van Slipknot en Justin Bieber. Neem maar eers daardie oomblik om hierdie onwaarskynlikheid te oorweeg. Ja, inderdaad. Stix kom tot die slotsom dat dit “definitief nie so befok soos Slipknot op hul eie is nie, maar darem klink Bieber se kak song Baby baie beter in dié mix”. Die video is op gevaaalik.com. Besluit maar self.

Ns. As jy nog nie ons plan vir ‘n beter Skouspel 2011 gesien het nie, gaan lees dit nou, en laat ons weet wat jy dink deur te stem in die poll aan die regterkant van ons saait.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, moet asseblief nie die webblad besoek nie.

Om Skouspel te verbeter

April 12, 2011 in Sonder kategorie

Onlangs op gevaaalik.com het Stix geskryf oor hoe Singstar nou super kommin geword het met die toetrede van Afrikaanse vermaaklikheidsterre tot die Singstar-stal. Wel, hier by gevaaalik.com hou ons jou op die voorpunt van alle verwikkelinge in terme van kommin Afrikaanse musiek. Waarom? Want dit is lekker op vinger te wys en te lag.

Sommige van julle het seker al gehoor van Rebecca Black. Ja, daardie Rebecca Black. “Friday”, Black se eerste single, is deur Lyndsey Parker van Yahoo! Music beskryf as “the worst song ever”. Wat egter belangriker is as Parker (en ander musiekresensente) se kritiek, is die volgende: die video van “Friday” het die most disliked video op YouTube geword. (Tans 1,971,356 dislikes.) Dit het selfs Justin Bieber se ontsettende kak “Baby” verbygesteek. Daar is min dinge in hierdie wêreld kakker as Justin Bieber, hoewel daar is seker ‘n paar sulke goed… onder andere Rebecca Black se “Friday”. Nou wonder jy seker hoe dit eintlik relevant is tot Skouspel (behalwe nou vir die obvious kakheid van beide se musiek). Lees verder.

Skouspel, Huisgenoot se jaarlikse musiekspektakel, is alombekend as die jaarlikse hoogtepunt in kak Afrikaanse musiek. Jaar na jaar spring vermaaklikheidsterre soos Nadine, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jakkie Louw, Bobby van Jaarsveld en Bok van Blerk saam op ‘n verhoog iewers, en beweeg voor ‘n Croc-draende skare op die maat van hulle backtracks/kak backup bands. Hier by gevaaalik.com was ons ongelukkig genoeg om in ‘n tandartsspreekkamer opgeskeep te wees saam met twee tannies wat jaarliks Skouspel bywoon. Tannie Koeks Verwoerd, stylvol geklee in haar neongroen Crocs, pienk peddle pusher en Blou Bul-trui, het vir byna 45 minute vir ‘n ander vrou sit en vertel van haar teleurstelling in Skouspel 2010. Sy was veral vies omdat Steve Hofmeyr nie daar was nie. “Ag nee wat, dissie meer vir my nie. Daarie Bobby is nou wel seksie en als, en hy het daardie duiwelse Polisiekar as sataniste uitgewys lank terug, maar daar is darem niks soos Steve nie, veral nie as hy daardie manlike lyf so swing nie,” het sy gesê. Ja inderdaad, liewe gevaaalik.com-lesers, selfs binne die kakput wat ligte populêre Afrikaanse musiek is, is daar standaarde. Baie, baie, fokken baie lae standaarde, maar tog. En die tannies is gatvol.

 

Wel, gevaaalik.com het die perfekte kandidaat vir Skouspel 2011 gekry: Rebecca Black. Sy het alles wat ‘n Skouspel-ster nodig het: haar lirieke is kak en beteken niks meer as presies wat sy sê nie (in fact beteken dit waarskynlik nog minder); haar stem word so ge-autotune dat self Britney Spears talentvol begin klink; en haar musiekvideo is smaakloos, cheap en tacky. En dan is sy nog boonop ‘n groot fan van Justin Bieber, en in die wêreld van kak musiek maak so iets jou ‘n superstar. Chris Brown, Miley Cyrus en Simon Cowell, ook bekend vir die kak wat hulle in die wêreld losgelaat het, ondersteun Black ook. Sy het duidelik ‘n fokken kak musiek pedigree.

So hier by gevaaalik.com wil ons graag jou opinie hoor. Moet Huisgenoot vir Rebecca Black deel maak van die Skouspel 2011 line-up? Regs onderaan op gevaaalik.com is daar ‘n poll wat jy kan invul. By voorbaat dank.

Rebecca Black se kak video kan hier bekyk word.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, moet asseblief nie die webblad besoek nie.

Posduif psych jou op vir die Rugby World Cup 2011

April 12, 2011 in Sonder kategorie

Right. So die Krieketwêreldbeker is verby, ons almal is fokken erg teleurgesteld, en alles wat Greame Smuff doen is kak. Moenie vrees nie, die Rugbywêreldbeker is om die draai en ekt so idee ons gaan baie meer uit die 15 manne kry as wat ons ooit by die Chockers gekry het.

Voor ek aangaan met die post wil ek graag ‘n versoek aan een van ons mees gehate sportmanne ooit maak:

Greame Smuff, gooi jou kolf weg, gee jou pads weg en fokkof uit ons land uit asseblief. Ek skree liewers vir ‘n bedrieër soos Hansie Cronjé voor ek ooit weer een van jou games kyk.

Okay, dis uit die pad uit en ek voel beter. Kom ons fokus liewers op die positiewe. Die rugby is nog presies 149 dae en 23 uur weg. Om die fokken draai as jy my vra.  As jy die amptelike site vir die toernooi wil besoek, click gerus op hierdie link:

http://www.rugbyworldcup.com/destinationnewzealand/news/newsid=2036838.html

Ek was in die bevoorregte posisie om by die 2007 toernooi te wees in Frankryk, so ek sien dit as my plig om jou, jou hond, jou pelle en jou naai vir die maand op te psych vir 2011. Dit gaan fokken groot wees en hopelik kan die Groen en Goud ons weer verras en die eerste span in die geskiedenis wees wat die beker tweemal in ‘n ry kan wen.

Kyk die video’s op gevaaalik.com.


__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, moet asseblief nie die webblad besoek nie.

Kurt Darren se skuilprofiel word ontbloot

April 12, 2011 in Sonder kategorie

Môre, môre, môre

Meeste van julle mense ken seker reeds die bekende lamebook.com. Vir dié van julle wat nie weet nie, en om dit so plain as moontlik te beskryf, dit is ‘n lame Facebook. Ek hoop jy kop hom met die sinbeen.

Na enkele minute se redekabel het ons die ooreenstemming bereik dat hierdie wel Kurt Darren se fake profile op Facebook is. Nou vra jy hoekom? Wel, dis maklik, hy’s die grootste draadtrekker in die land en net sy eie hand sal bereid wees om enigsins intiem met hom te verkeer. Al die mense wat hom like, julle is net sulke groot draadrukkers!

Oor en uit, kaptein.

Nog goeies op gevaaalik.com.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, moet asseblief nie die webblad besoek nie.