Jy blaai in die argief vir 2011 April.

AB de Villiers mik hoog met crossover

April 21, 2011 in Sonder kategorie

Ek het al van seriously weird crossovers gehoor. Met “crossover” verwys ek hier na wanneer ‘n bekende persoon ‘n dramatiese loopbaanskuif maak. Wel, dit is meer ‘n totale verandering as net ‘n skuif, om eerlik te wees.

Die bekendste crossovers behoort natuurlik aan die Noord-Amerikaners. Almal weet van bekende entertainment queens, soos Madonna, Jennifer Lopez, Cher, en Justin Timberlake, wat heen-en-weer spring tussen acting en sang (of soms ook modelwerk soos JT en Lopez). Dan is daar natuurlik ook die nie-Amerikaner-nie-maar-so-amper-fokken-daar Jackie Chan wat ook al gesing het. (Seriously. Kyk op YouTube as jy my nie fokken glo nie.) Hierdie crossover is egter nog nie juis outrageous nie. Dit is ten minste soortvan in dieselfde area (d.i. entertainment).

Dan het die VSA ook vir Ronald Reagan en Arnold Schwarzenegger. Reagan was eers ‘n filmster en het later president van die VSA geword, terwyl Arnold Schwarzenegger eers ‘n Austrian was (‘n Oostenryker), toe ‘n Amerikaner geword het, en toe van bodybuilder na akteur aanbeweeg het. Dit was egter nie genoeg crossovers vir Arnie nie, en hy het toe ook later die politiek betree en die goewerneur van Kalifornië geword. Hy is blykbaar steeds nie tevrede nie, maar aangesien die enigste crossover wat meer extreme sal wees, ‘n fokken sex change is, gaan Arnie blykbaar dalk maar eerder weer movies maak. Toe ek hierdie paragraaf begin het, wou ek sê dat Reagan en Arnie se crossovers huge was, maar toe onthou ek hulle is Amerikaners en dit is politiek, so dit is geensins meer weird as Timberlake wat vorder van Mickey Mouse Club na N’Sync na die Oscar-wennende The Social Network nie.

Anyway, mens sou seker kon sê Steve Hofmeyr doen maar dieselfde in Suid-Afrika. Hy is immers sanger, akteur, politieke aktivis en Twitter-diarree-lyer van formaat. Maar selfs Steve het nou sy Moses teegekom. En sy naam is nie Moses nie, dis AB. AB de Villiers (van Protea-krieket-faam).

Ek het gedink niks kan erger wees as Rebecca Black nie. (Wel, behalwe Skouspel dalk.) Maar AB laat dit alles soos goud lyk met hierdie pragtige duet saam met Ampie du Preez. Soos verwag kan word van meeste kak Afrikaanse popmusiek, maak die video staat op slow motion, crappy fade techniques, skerp beligting, en blinkers asof hulle die lotto gewen het. O ja, en dan die pragtige oppervlakkige boodskap wat baie vlak in die lirieke sit. Hier is ‘n voorsmakie:

…Om jou hand vas te hou
Waar jy gaan, bly opstaan
Daar’s ‘n vuur wat brand in my
Niks wil my onderkry…

Hier is die gevaaalik.com-probeerslag:

Die kat
Sit op die mat
Langs dit bad

(Fokkof, Sean Else! Hierdie briljante lirieke behoort aan gevaaalik.com.)

Anyway, vir die res van julle, die kakste video wat jy hierdie week sal sien kan hier gekyk word. Ons wys vir jou die kakste video van die week, sodat jy kan dankbaar wees, maak nie saak hoe fucked up jy dink jou lewe is nie.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Oor dit vandag soos Vrydag is

April 21, 2011 in Sonder kategorie

Wel die langnaweek begin vandag. Soos elke week kry julle ‘n bederfie op “Vrydag”. Dit was ‘n kort week, maar hy het sy fokken tyd gevat om verby te gaan. Kom ons recap eers die week wat verby is.

Groot nuus hierdie week: ‘n man is doodgeskiet omdat hy water wil hê, en Malema en Afriforum giggel vir mekaar in die hof. Verder het die ANC nie hulle verkiesingskandidate in Noord-Wes (Potch) geregistreer nie, en dit lyk my die DA gaan nou daardie area vat. Allerhande ander kak het gebeur in ons pragtige Suid-Afrika, en ander belangrike nuus is dat daar hierdie maand lekker baie vakansiedae is waartydens jy kan suip en jol en skommies maak of jou girl zaber. Die populariteit van gevaaalik.com groei ook daagliks en ons kry al hoe meer terugvoer van julle, ons lesers. Dankie daarvoor.

Vir die foto’s van hierdie week se bederf, klik op ons naam hieronder.

gevaaalik.com

Die gevaaalikste websaait op die interwebdansbaan.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Happy Easter

April 20, 2011 in Sonder kategorie

Oor Megan Fox

April 20, 2011 in Sonder kategorie

Sy is beslis op ons lysie hierdie jaar.

Nog foto’s op gevaaalik.com.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Posduif onderskep ‘n brief uit Brakpan

April 20, 2011 in Sonder kategorie

Beste Katools

Ek skryf die briefie maar stadig omdat ek weet jy kan nie vinnig lees nie.

Ons bly nie meer op dieselfde plek as toe jy weg is nie. Jou pa het in die koerant gelees dat die meeste ongelukke binne 20 kilometer van die huis af gebeur, toe besluit ons om te trek. Ek kan ongelukkig nie vir jou die adres gee nie want die vorige familie het die nommers saam gevat, seker sodat hulle nie hulle adres hoef te verander nie.

Hierdie plekkie is regtig oulik. Hier is selfs ‘n wasmasjien, ek is nog net nie heeltemal seker hoe hy werk nie. Laas week het ek ‘n bondel klere ingesit en die ketting getrek. Ons het nog nie weer die klere opgespoor nie. Die weer hierso is ook glad nie sleg nie. Dit het net twee keer gereën laas week; die eerste keer vir drie dae en die tweede keer vir vier dae.

Omtrent daai jas wat jy gevra het ons moet vir jou stuur; oom Frikkie het gese dit sal te swaar wees in die pos, toe sny ons maar die knope af hulle is in die linker boonste sak van die jas. Pietie het gister sy sleutels in sy kar toegesluit.. Ons het rerig bekommerd geraak want dit het hom twee ure gevat om my en jou pa uit te kry.

Jou suster het vanoggend ‘n baba gehad, maar ek het nog nie uitgevind wat dit is nie, so ek weet nie of jy ‘n oom of ‘n tannie is nie. Die baba lyk net soos jou boetie. Oom Wessels het laas week in ‘n vat brandewyn geval. ‘n Paar manne het hom probeer uithaal maar hy het hulle afbaklei en verdrink. Ons het hom laat veras. Hy het vir drie dae gebrand.

Drie van jou vriende het met ‘n bakkie van die brug afgery. Koos het bestuur, hy het sy venster afgedraai en na veiligheid geswem. Jou ander twee vriende het agterop gesit. Hulle het verdrink omdat hulle nie die bak se klap kon oopkry nie.

Daar is nie meer nuus nie. Niks anders as die normale het gebeur nie.

Liefdetjies,

Jou gunsteling tannie, Betsie (Brakpan).

Ns. Ek wou nog vir jou R25 insit maar ek het al klaar die koevert toegeplak.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Nog Pokémon

Quickly Children!

April 19, 2011 in Sonder kategorie

Posduif is kwaad vir “Liefling”

April 19, 2011 in Sonder kategorie

– deur Posduif

Ons almal weet dinge lyk hierdie jaar nie te goed vir die Bulls nie. Maar gaan dit regtig so kak dat hulle nie eers meer hul gunstelingspeler van alle tye kan bekostig nie? Op Beeld se webblad word berig dat hul “Liefling” sy voelers vir die Blou Bulle uitgesteek het. Hy dink hy staan ‘n kans om die wêreldbekerspan te haal, maar dat die bestuur hom nie wil aanstel nie. Die Blou Bul Maatskappy voer aan dat hy te duur is, maar ek vermoed anders.

Dis eintlik ‘n baie mooi manier om te se “Fokkof asseblief en los ons uit, ons stel geensins daarin belang om ‘n prima donna-verskoning van ‘n rugbyspeler aan te stel nie”.  Ek’s seker die helfte van Pretoria gaan erg geskok wees wanneer die nuus bekend word. Veral in die Noorde, aangesien hy daar as ‘n lewende godin beskou word. Wat het ou Derrick nou gedink gaan gebeur? Hy’t seker verwag hulle gaan hom met ope arms inwag nadat hy besluit het “Fok die Blou Bulle. (Hulle het wel my loopbaan vir my begin, maar ek gaan nou oorsee fokkof, meer geld maak en eendag wanneer dit weer tyd is vir die wêreldbeker gaan ek terugkeer.)”. Wel, toe nou nie, Liefling.

Doen ons almal ‘n guns en bly in Engeland. Jou rugbystyl pas baie beter daar tussen die pommies.

As jy my nie glo nie, liewe leser, gaan kyk gerus hier.

Ek dink eerder hulle moet hierdie span na die World Cup stuur: 1) John Smit/CJ van der Linde 2) Bismarck 3) Beast 4) Victor 5) Andries Bekker 6) Schalk Burger 7) Willem Alberts 8 ) Ryan Konkowski 9) Fourie du Preez/ Sarel Pretorius/Charl Mcloud10) Butch James 11) Ndlovu 12)Jean de Villiers 13) Jaques Fourie 14) JP Pietersen 15) Geo Aplon

Hou die knieë reguit!

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

Vra vir water en jy sal bloed ontvang

April 19, 2011 in Sonder kategorie

 – deur Posduif

Ek’s seker almal het al die video van Andries Tatane op die nuus gesien.

Volgens my was dit ‘n baie hartseer dag vir ons samelewing, ons demokrasie, en die mensdom. Om iemand teen point blank range te skiet, is fokken barbaars. Fine, ek verstaan hy het die polisie gedreig en nie na hul bevele geluister nie, maar daar is beter maniere om oproerige skares te beheer as om lewens te neem. Ek meen, dit is nie asof hy vir fokkol protesteer het nie. Hy het geldige punte gehad waaroor hy sy stem dik gemaak het. Ek verstaan ook dat daar beter kanale was om te volg, maar hierdie is extreme.

Die regering besef dat hulle besig is om te verloor en daarom die geweld. Sommige meen dit is wat mens verdien as jy jouself soos ‘n barbaar gedra, en ander is diep geskok daardeur. Wel, ek los jou om jou eie keuse te maak. Laat weet ons wat jy dink.

(Die video waarin Tatane aangeval word, kan gekyk word op gevaaalik.com. Omdat dit ontstellend kan wees vir sekere lesers/kykers, plaas ons dit nie hier nie.)

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

An Unfortunate Surname

April 19, 2011 in Sonder kategorie

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift.