Oor daardie naam…

April 27, 2011 in Sonder kategorie

Ons weet dat celebs lief is daarvoor om hulle lelike telge eksentrieke en eksotiese name te gee. Gwyneth Paltrow en Chris Martin van Coldplay het hulle dogtertjie “Apple” genoem. Dis weird, maar dis nog okay.

Dumbass couple Tom In-die-Kas Cruise en Katie Holmes was wel erger. “Suri” is hulle kind. Dit klink dalk (vir hulle) awesome in Amerikaans, maar ongelukkig beteken dit “het suur geword” in Frans en “perdemakriel” in Italiaans. Wayne Rooney, die Engelse sokkerspeler en fokken genie (wat sy vrou se diesel 4×4 met petrol gevul het) het sy kind “Kai” genoem. In Afrikaans is sy kind iets wat jy in ‘n hawe kry (as jy dit “Kaai” soos die rooinekke uitspreek), en “hou op” in Yoruba. Moet natuurlik nie vergeet van Gwen Stefani en Gavin Rossdale se seun Zuma nie. Dis Arabies vir “vrede”, maar vir Suid-Afrikaners beteken dit dalk ‘n hele klomp ander goed.

En die celebrities is nie al nie. As Fanny Piel maar net geweet het!

Nog ‘n paar sulkes op gevaaalik.com.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

10 antwoorde op Oor daardie naam…

  1. Oppas hoe jy die naam gevaarlik.com by fotos gebruik jy kan beskuldig word as synde die kopieregwet te oortree. Sien veral die vorige pos – daardie drie fotos was al verskeie male op blogs gepos en is deur iemand anders as gevaarlik.com geneem.

  2. @Newsferret: Dankie vir die waarskuwing, maar ek is seker die persoon wat die foto wat in die vorige post gesit is, gemaak het, gaan my nie juis dagvaar daaroor nie. As iemand sou dagvaar, sou dit seker die eienaars van die fliek Inception wees. Hulle is tog die enigstes met kopiereg daarop.

    As mens sulke dinge create (soos ons ook gereeld demotivational posters maak), worry mens gewoonlik nie dat iemand anders dit gaan gebruik en versprei nie, of hoe?

  3. Book_Ends het gesê op April 27, 2011

    Wie adverteer onwettige eboeke/

  4. @Newsferret: Ek sien jy sit kopiereg op al jou foto’s. ‘gevaaalik.com’ op die foto’s beteken nie kopiereg nie. Ons gebruik nie die copyright teken nie, en ‘gevaaalik.com’ op foto’s moet nie so gelees word nie.

  5. @To Read: Haha. Trick question?

  6. Book_Ends het gesê op April 27, 2011

    Niks onwettigs nie!

  7. @To Read: Dude, moenie worry nie, ek gaan nie die publishers of die polisie bel nie. Hahaha!

  8. louisna het gesê op April 27, 2011

    Ek het dekades gelede ‘n girl ontmoet wat daai van gedra het. Ware verhaal.

  9. Adage het gesê op April 27, 2011

    Fletch is ‘n dudess
    🙂

  10. gevaaalik.com het gesê op Mei 2, 2011

    @Wynvlieg: Jason Lee (van My Name is Earl) het sy laaitie “Pilot Inspektor” genoem. True story, al klink dit absurd.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.