Kurt Darren-fliek ongelukkig binnekort hier

April 22, 2011 in Sonder kategorie

Kurt Darren is seker een van die grootste name in kak Afrikaanse popmusiek. Hierdie bra laat selfs vir Bles Bridges cool lyk. Met treffers soos “Meisie Meisie” en “Kaptein span die seile” irriteer hy ons steeds grensloos. Verlede jaar het hy ook handjie bygesit om Liefling – die movie nog kakker te maak deur daarin te verskyn. Sy scene in dié movie was natuurlik ook die onsinnigste en lukraakste toevoeging tot ‘n fliek wat ons tot op daardie punt eers gedink het net nie meer fokken random en dof-stupid kon wees nie.

As verdere bewys dat Kurt homself heeltemal ingemessel het in die Afrikaanse media (dit sal nie verrassend wees om te hoor hy het ‘n contract for life met Huisgenoot nie), het hy ook op ‘n stadium ‘n “rubriek” vir Rapport geskryf. Sondag na Sondag is lesers blootgestel aan Kurt se diepste gedagtes, wat nooit regtig baie diep was nie. Dit het mens ook nogal laat wonder of Rapport regtig fokken geen ander mens kon bekostig om vir hulle ‘n ou rubriekie te skryf nie. Jissistog, Koos Kombuis kon dit selfs vir ‘n hele paar jaar regkry, hoewel hy ook natuurlik sy gat gesien het toe hy Die Antwoord aangeval het en dit heeltemal in sy gesig opgeblaas het.

Anyway, terug by Kurt. Ja, sy teenwoordigheid in Liefling en Rapport en al wat ‘n Media24-publikasie is, was heelaas net nie fokken genoeg nie. Om verder by te dra tot die heersende kultuur van selfverheerliking wat so effektief deur mense soos Bles en Steve en Jurie gevestig is, gaan Kurt nou ook in ‘n fliek van sy eie verskyn. Ag fok tog!

Dit gaan mense na tissues laat gryp soos laas toe Benji uitgekom het. Baie mense gaan huil omdat die fliek hulle werklik roer, terwyl ander, soos dié van ons hier by gevaaalik.com, gaan huil oor die feit dat mense soveel geld op sulke kak kan spandeer. Nou kyk, dis ‘n stretch om ‘n fliek met ‘n actual plot saam te slaan deur net ‘n klomp liedjies te gebruik. Gewoonlik is dit nie baie

suksesvol nie. Die enigste rede waarom dit met ABBA en Mamma Mia! gewerk het, is omdat amper elke mens op die aarde van ABBA hou. (Jirre, hierdie post begin my al hoe meer redes gee om selfmoord te pleeg.) Maar Kurt Darren liedjies? Seriously?

Sarie berig dat Andre Frauenstein (wat blykbaar ‘n akteur en regisseur is, wie hy ook al mag fokken wees) en Anton Ernst (nog ‘n naamlose persoon wat blykbaaar ‘n movie producer is) het die bright spark gehad om ‘n movie te maak “waarin Kurt se liedjies die storielyn vorm”. Wag, verskoon my, maar “waarin Kurt se liedjies die storielyn vorm”? Hoe die fok? Behalwe natuurlik as dit ‘n super kak movie met ‘n baie oppervlakkige plot gaan wees, of as dit ‘n super kak movie in die styl van Liefling gaan wees. Aha!

Nou ja, hierdie brokkie slegte nuus is op Sarie se websaait te lees, maar kom ons deel net gou hierdie pragtige paragraaf met julle:

“Hulle het met Kurt in hul agterkop met die idee begin speel om so ‘n fliek te maak en Anton het die hele storie neergepen.”

As jy dit oorweeg om sulke movies te maak, is dit seker nie verbasend dat jy “in jou agterkop” met Kurt speel nie. So ‘n spelery kan ook net ‘n tos movie tot gevolg hê. Verder gaan die hele movie blykbaar Kurt se regte lewe weerspieël (o fok, DIS nou vir jou ‘n original idea daardie), en so aantoon hoe hy sy vrou ontmoet het (die spanning is net te veel!). By the way het hy blykbaar sy regte vrou op die stel van die music video van “Meisie Meisie” ontmoet en sy het nie geweet wie hy is nie. Kan jy nou fokken meer? Iemand wat nie weet wie Kurt Darren is nie! Fok, is sy doofstom?

Ek is seker almal brand teen hierdie tyd om die plot summary te lees. Wel, die plot loop so: Dirk de Jong is ‘n sanger wat op soek is na die perfekte meisie om in een van sy music videos te verskyn. Hy vind haar en dit help hom om uit ‘n abusive verhouding te “ontsnap”. Nou hier is daar dalk ‘n geleentheid om die fliek interessant te maak. As Dirk se “abusive” partner hom regtig bliksem, mag die fliek dalk selfs entertaining wees. Maar ek twyfel.

Behalwe nou vir Kurt is ander “bekendes” wat in die stuk kak gaan speel die sanger Kevin Leo (wie de fok hy ook al is), Andre Frauenstein (sy van beteken “vrouklip” in Duits, maar ons weet steeds nie wie de fok die bra is nie), en natuurlik Christina Storm (wat gebruik word vir die kak pizzazz – dis nou die energie, styl en glamour van haar acting – wat sy so oordadig aan daardie ander kwaliteit SA movie, Eternity, gevoeg het).

“Dit was ‘n lekker uitdaging en ek sien baie uit na die eindresultaat – veral na die publiek se reaksie wanneer hulle ‘n totaal ander kant van my sien,” het Kurt aan Sarie vertel. Maar om eerlik te wees, is daar ‘n kant (cunt) van Kurt Darren wat ons nog nie gesien het nie? (Hy lyk vir my meer rond as “kantig”, maar dis dalk net ek.) En klink hierdie Dirk de Jong-karakter regtig na iets anders as Kurt wat net Dirk genoem word? Nee.

Dus, Kurt, jou massas Croc-draende, 40-jarige fêns (soos Koeks Verwoerd) gaan ekstaties wees om jou op die groot skerm te sien, maar die res van die publiek (oor wie se reaksie jy blykbaar baie omgee), gaan soos gewoonlik jou musiek (en fliek) met alle mag en mening probeer uitblok terwyl hulle wonder hoe die fok een mens sulke vlakke van selfgenoegsame selfbemarking kan bereik.

Die kak begin in teaters spat op 3 Junie 2011.

O, en by the way, hier is Kurt se nuutste album. Dis die drie-en-twintigste een hierdie jaar.

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

16 antwoorde op Kurt Darren-fliek ongelukkig binnekort hier

  1. Kurt se musiek is warm, melodieus en sprekend. Weet nie wat jou hang up is nie. Terloops wie de hel is Kurt Darren?!!!!

  2. loudavisi het gesê op April 22, 2011

    Kyk hier, ek gee nie om dat jy dit alles oor Kurtjie geskryf/gese het nie, MAAR
    MOES JY FOTO’S VAN HOM OPSIT?
    Ugh!!!

    ; )

  3. Angelor het gesê op April 22, 2011

    Kurt gaan in sy eie fliek verskyn?? Sa porn op sy beste!

  4. Neffertiti het gesê op April 22, 2011

    Die mark, bepaal enige kunstenaar se gewildheid.
    Dis alles vraag en aanbod, nie wat ek of jy dink nie.
    As hy of enige ander kunstenaar niks verkoop het nie, sou hy lankal van die toneel verdwyn het.

  5. Unicorn007 het gesê op April 22, 2011

    BWHAHAHAHAHAHA…beste resensie wat hierdie voornemende pot kak ooit sal kry. Kan Kurt nie soos Malema beskuldig word van haatspraak nie? Dhulula Ubhune is n beter song as enigiets wat Kurt al ooit gesing het.

  6. Geitjie1 het gesê op April 23, 2011

    Die meerderheid Afrikaanse mense het geen musieksmaak nie………….’n fliek? Spaar my dit, wie sal dit wil kyk?!!

  7. @Geitjie: Wel, hulle het musieksmaak, dit verskil net van myne en joune. En ek dink hulle s’n is kak. Hulle dink seker maar dieselfde van ons musieksmake!

  8. @Darwinia: Inderdaad! Ek luister eerder oor en oor na ‘n fokken koor mense wat kots as wat ek na Turd Darren se kak luister.

  9. @Lou: Hehehehe, dit was sommer net om die naarheid te verhoog!

  10. @Newsferret: Is ook mal ook Kurt C. Kurt D, aan die ander kant…

  11. @Angelor: Werklik om van te kots!

  12. @Nefertiti: Jy is natuurlik reg – dit gaan op die ou einde oor vraag en aanbod. Jy is wel verkeerd ook. Kurt Darren is beslis nie “kunstenaar” nie. Hy is ‘n “vermaaklikheidster”. Wat hy produseer is geen kuns nie!

    Ek weet dat sy kak so goed verkoop. Maar gelukkig is dit popkak, en sal dit gou vergeet word. Hoë verkope beteken ook nie dat daar enige kwaliteit in is nie, né.

    Ons voel by gevaaalik.com dit is ons plig om vir mense te lag wat wel sy musiek koop.

  13. pasella het gesê op April 23, 2011

    Sê nou rêrig die aarde vergaan op 21 Mei soos wat ‘n groep fanatiese eindvoorspellers vas glo, dan is ons darem daai kak van Kurt gespaar. Maar voor dit moet ons eers die royal huwelik trotseer. Fok.

  14. @lewies: Fokkit ja, ek weet nie wat is erger nie: kak met eeue se tradisie, of splinternuwe kak!

    As daar ooit ‘n rede was hoekom ons sou moes hoop die 21 Mei-idiots is reg, is dit sekerlik die verhaal van Dirk de Jong.

  15. StokkiesII het gesê op April 25, 2011

    Die wêreld sal werklik beter af wees sonder die drol wat Kurt Darren is.

  16. Hahaha! Like

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.