Vra vir water en jy sal bloed ontvang

April 19, 2011 in Sonder kategorie

 – deur Posduif

Ek’s seker almal het al die video van Andries Tatane op die nuus gesien.

Volgens my was dit ‘n baie hartseer dag vir ons samelewing, ons demokrasie, en die mensdom. Om iemand teen point blank range te skiet, is fokken barbaars. Fine, ek verstaan hy het die polisie gedreig en nie na hul bevele geluister nie, maar daar is beter maniere om oproerige skares te beheer as om lewens te neem. Ek meen, dit is nie asof hy vir fokkol protesteer het nie. Hy het geldige punte gehad waaroor hy sy stem dik gemaak het. Ek verstaan ook dat daar beter kanale was om te volg, maar hierdie is extreme.

Die regering besef dat hulle besig is om te verloor en daarom die geweld. Sommige meen dit is wat mens verdien as jy jouself soos ‘n barbaar gedra, en ander is diep geskok daardeur. Wel, ek los jou om jou eie keuse te maak. Laat weet ons wat jy dink.

(Die video waarin Tatane aangeval word, kan gekyk word op gevaaalik.com. Omdat dit ontstellend kan wees vir sekere lesers/kykers, plaas ons dit nie hier nie.)

__________________

LET WEL: gevaaalik.com is nie bedoel vir kinders onder 18 jaar nie. As jy sensitief is, of net nie van ons website hou nie, moet dit asseblief nie besoek nie. Dit is ook nie vir kinders bo 18 jaar nie, if you catch the drift. As jy ook te dig is om iets wat ons skryf te verstaan, is dit nie ons probleem nie.

9 antwoorde op Vra vir water en jy sal bloed ontvang

  1. @Anha: Ek stem saam met jou. Dit is BAIE ontstellend.

  2. Stem 100% met jou…barbaars!

  3. StokkiesII het gesê op April 19, 2011

    Ja die is nie fokken cool nie. Ek dink ons moet ‘n “geraas” maak hieroor.

  4. StokkiesII het gesê op April 19, 2011

    Ja maar as 1 miljoen mense gelyk poep kan dit iets doen. Kyk na Egipte en wat hulle met Twitter gedoen het.

  5. amydem2 het gesê op April 19, 2011

    disgusting….

  6. thenack het gesê op April 19, 2011

    wat ‘n lafaard is zuma nie, nou ewe skielik is die polisie weer die vyand, more kruip hy weer daar gat. Jis hy is useless lafaard moroon

  7. @kammakazi: Gedane sake het geen keer nie, maar tog het ons die geleentheid om hieroor na te dink en te probeer voorkom dat so ‘n iets weer gebeur. As iets gebeur wat so hartseer is, is dit nie ‘n geval van vergeet en gaan aan nie.

    Jou kommentaar is nie genoeg om te bewys dat dinge soos “A Tune for Two” bydra tot die geweld in Suid-Afrika nie. Dit is bietjie ‘n leap. Daar is ‘n verskil tussen movies en die werklikheid, china. Net soos daar nie sonder twyfel “bewys” is dat die sing van “skiet die boer” bydra tot plaasmoorde nie. As ons sulke wild cards begin gooi, kan ons ook begin sê dat rugby en ‘n mediese drama soos “Grey’s Anatomy” bydra tot veg- en bloedlustigheid in Suid-Afrika.

    En “menslike onmenslikheid” – Is that an oxymoron?

  8. StokkiesII het gesê op April 19, 2011

    ( Kom ons klaar gou iets hier op. Flieks veroorsaak nie geweld nie. “Video Games” veroorsaak ook nie geweld nie. Net soos Brandewyn en coke nie veroorsaak dat jy jou vrou slaan nie. ‘n Siek kop veroorsaak die geweld. )

  9. @Skeletor: Ja.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.