Die Kaapstad-stadion: net wins of aanwins?

Desember 10, 2009 in Sonder kategorie

En daar lê die ding … Dis nou die nuwe Kaapstad-stadion. En al die ander 2010-stadions. Ek het nog nie mooi gaan kyk nie (as Transvaler het ek vroeër jare altyd gespot oor die sogenaamde Druiwegordyn; deesdae word ek self kennelik daardeur ingeperk en ontdek ek dat dit nie net die suide van die noorde skei nie, maar ook die Bolandse binneland van die stad …), maar so ’n groot bouwerk het altyd ’n impak op die landskap, op die atmosfeer van ’n plek, op die lewenswyse, die kultuur, die ekonomie, noem maar op. In die jongste miniseminaar het LitNet drie mense met ’n aanvoeling vir argitektuur en estetika – Hannes Meiring, Melvyn Minnaar en Marilyn Martin – gevra wat hulle van die Kaapstad-stadion dink. Klik op hulle name en lees, en kom gesels dan hier saam verder – ook oor die ander nuwe stadions in die land.

* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

19 antwoorde op Die Kaapstad-stadion: net wins of aanwins?

  1. Die ergste van alles is dat ons, hoewel tereg gewalg deur die voer van mense aan diere in daardie tyd, vandag diep geimponeer is deur daardie bouwerke. Een van die mees onthoubare ervarings in my lewe is toe ek en my vrou in Trier, Duitsland, in so ‘n ou Romeinse stadion gestaan het – presies daar waar mense tot die dood moes veg en al sulke dinge. In Rome kon ons ook die Colosseum besoek, maar dan net vanuit die toeskouersposisie. Indrukwekkend! (Blykbaar het hulle soms die veld vol water gemaak en dan regte skeepsoorloe daar gehou, tot groot vermaak van die toeskouers.) (In een Asterix-boek loop Asterix en Obelix mos by so ‘n klassieke bouwerk in wording verby, en merk dan op hoe lelik dit is en hoedat al hierdie “moderne” bouwerke die landskap verlelik!) Dis die dubbelsinnigheid van die mens se nalatenskap: dit herinner aan homo sapiens se wreedheid en barbaarsheid, maar ook aan sy grootsheid.

  2. carinp het gesê op Desember 10, 2009

    Sadly dink ek eerder dis waar ons Bafana Bafana vir die leeus gaan voer!

  3. druiwegordyn, ja die genade vir en van ons wat daar ‘agter’ gebore was, en die geduld met die nuwe trekker burgers uit die noorde ….

  4. ‘n Gedig deur Madge du Preez…oor “Die Common tot by??”

    IT’S NOW OR NEVER

    It’s now or never
    die Common het gesterwe
    A retractable dome
    is nou ons nuwe home
    It’s now or never
    die common het gesterwe!

    The Common-age
    has a history page
    from military camp
    to a to a total revamp
    From de Waterplaats to Foreshore
    all in the hands of the city law.

    An interdict called ‘no coons’ land
    did not stop the ‘parada band’
    ‘Gimmie hope Johanna, hope, Johanna
    bring me back to the Green Point stand…

    The Urban park
    has made its mark
    hill, mountain & seashore
    is beauty at its core
    Green Common…Green Park
    majestic brightness in the dark

    It’s now or never
    die Common het gesterwe
    A retractable dome
    is nou ons nuwe home
    It’s now or never
    die Common het gesterwe!

    Green Park…green theme, green scene
    Welcomes each and every team
    to Cape Town : the city of worldly esteem!

    (Dalk moet dit by die opening gelees word!!)

  5. Ek het verskeie fotos geneem van die stadion, maar wat my bygeval het die eerste aand wat ek die stadion afgeneem het is dat dit die Kaap se horison lyn on heroeplik verander het en dat dit baie prominent uitstaan.

  6. benr het gesê op Desember 11, 2009

    Wel gesê Hannes, sien daarna uit. Melvyn, die ontwerp is ‘n fris bries en het reeds mijoene Rande se beeldbouwaarde nasionaal en internasionaal verdien. Marilyn, kapenaars is mos vindingryk en bepaln reeds talle bemarkingsmoontlikhede post 2010 – kom ons hou op kla en begin geniet.

    Ben Rootman

  7. Marilyn en Melvyn skryf darem ook mooi goed oor die stadion. Die kritiek wat hulle lewer, kanselleer dit nie, of hoe?

  8. Ten goede of ten kwade?

  9. Hou aan dig, Madge! Oor daai “green”. Ek hoor die stad wat die eregaste op ‘n groen tapyt ipv ‘n rooie verwelkom, om die groen waardes van die stad te weerspieel, maar toe weier Fifa en dring aan dit moet ‘n rooie wees. Fifa is nie ‘n vriend van oorspronklikheid nie, lyk dit my.

  10. Ek is juis een van daardie “nuwe trekkerburgers uit die noorde”. Jammer man!

  11. Ha! Ha!

  12. benr het gesê op Desember 11, 2009

    Natuurlik nie Gerrit – inteendeel! Ek wil net graag sien dat ons begin vreugde put uit 2010 – en die moontlikhede daarna. Kom ons hou op wroeg (dit doen ons mos goed!) en geniet die lewe hier aan die Suidpunt van Afrika – daar is vele om te geniet.

  13. Vele om te geniet is daar beslis. Teen vreugde kan ‘n mens nie weet nie!

  14. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    Wat van die blougordyn? Naby Loftus natuurlik. Ek wonner maar net hoe gaan die vervoer verloop. Gaan die stadions halfleeg wees teen die beplande afskoptyd?

  15. Net tyd sal ons dit leer.

  16. Ek is so ‘n kilometer of wat van die stadium met vakansie en persoonlik vir my, lyk die stadium beter op papier as in werklikheid. Dalk as die ligte aangeskakel word en die stadium lyk soos in kers in ‘n blaker verander ek my siening…ek dink egter gemeet aan die oordaat, dat die bestaande stadiums (rugby en sokker) ‘n face lift gegee moes word en een of twee stadiums maksimum gebou moes word…ons is ‘n ontwikkelde land en ek glo die miljarde rande wat gespaar kon gewees het beter aangewend kon word..bygese as die geld nie op nuwe BMW’s en huise in Clifton vir die comrades se private gebruik bestee sou word nie 😉

  17. Uiteindelik is dit seker waarop dit aankom, ja. Is dit moreel regverdigbaar om soveel geld aan nuwe stadions te bestee? Ek is geneig om te dink nee. Ek weet die geloof bestaan, in ons land en elders, dat sulke projekte, en die besteding daaraan deur die staat, die ekonomie stimuleer, werkgeleenthede skep ens., maar ek het my twyfels. Die klassieke geval is die wapentransaksie.

  18. Ek twyfel darem nie of hulle vol sal wees nie. Daar is genoeg sokkermalles wat om kaartjies meeding, en as mense graag genoeg betyds op ‘n plek wil wees, maak hulle ‘n plan om daar uit te kom. Dat daar vervoerchaos kan wees, is seker ‘n reele moontlikheid, maar ek sou ook nie se dis noodwendig nie.

  19. louisna het gesê op Desember 15, 2009

    My argument is hulle gaan nie teen afskoptyd vol wees nie, want die verkeer gaan plek plek gridlock vorm.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.