Brood en sirkusse – vir wie?
Desember 3, 2009 in Sonder kategorie
In my jongste Brandpunte-rubriek in die Nederlandse Maandblad Zuid-Afrika probeer ek antwoord op die vraag: “Het Suid-Afrikaners al ‘n toerismementaliteit ontwikkel?” Klik hier om dit te lees, en gesels hieronder saam.
* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.
Maghitta het gesê op Desember 4, 2009
dit is ‘n vraag op almal se lippe, tot hier in Namibia gons dit net oor 2010…. ons moet maar vertrou dat dit ‘n reuse sukses gaan wees.
gerritbrand het gesê op Desember 4, 2009
Netso. Dit bly my pla dat ons soveel op verskeie terreine kan vermag wanneer Fifa en die buitelandse toeriste dit vereis, maar nie omdat ons eie mense, die kiesers, dit nodig het nie.
gerritbrand het gesê op Desember 4, 2009
Ek is redelik seker dat sal, maar ek hoop dat iets van die momentum van die gebeure darem na die tyd steeds ten goede sal werk, en dat alles nie net daar stop en teruggaan na ‘business as usual’ nie.
gcv het gesê op Desember 4, 2009
Al wat ek weet, is dat wanneer al die padwerke voltooi is, my kwaliteit van lewe sal verbeter t.o.v. my daaglikse pendel werk toe. En as dit te danke is aan die wêreldbeker en om toeriste te akkommodeer/beïndruk, dan is dit goed!
Maar ek is net nie so seker watter bydrae al die biljoene rande se stadiums gaan maak tot die lewenskwaliteit van die gemiddelde Suid-Afrikaner nie….
gerritbrand het gesê op Desember 4, 2009
Eersdaags onplof daar ‘n miniseminaar hier op LitNet, juis oor een van daardie stadions. Hou hierdie ruimte dop …
gerritbrand het gesê op Desember 4, 2009
Interessant. Is dit nie ‘n geval dat baie mense op die laaste nippertjie akomodasie bespreek nie? Ek weet ek is skuldig daaraan wanneer ek ‘n reis beplan.